Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 11/15 bl. 32
  • Eenheid in ’n verdeelde wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eenheid in ’n verdeelde wêreld
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet dit nie misloop nie!
  • Wees al vier dae daar
  • Hulle wou dit nie misloop nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Waarom jy die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkoms moet bywoon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 11/15 bl. 32

Eenheid in ’n verdeelde wêreld

Dit is ’n feit

Kom kyk self . . .

Woon die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkoms by

Verdeeldheid dryf die wêreld tot op die randjie van selfuitwissing, maar jy kan vanjaar iets verbasends aanskou.

Tienduisende mense van verskillende nasionaliteite, stamme, en talle en rasse sal op verskillende plekke in Suid-Afrika byeenkom. En hulle sal VERENIG wees. Die verenigde Christengemeenskap wat gedurende die vier dae van die byeenkoms sal bestaan, sal ’n weerspieëling wees van die eenheid wat wêreldwyd onder ware Christene heers.

Moet dit nie misloop nie!

Op party plekke sal sendelinge hulle ondervindinge vertel en aldus verdere bewys, lewer van die wêreldwye eenheid onder Christene. Jy sal ook die twee roerende, Bybeldramas kan geniet waarin gesinseenheid en God ondersteuning van ons Christelike werk beklemtoon word.

Die byeenkomsprogram begin op Donderdag op 1:20 nm. Jy sal iets ontvang wat jy nog daardie selfde aand met ander in die gemeenskap sal wil deel.

Op Vrydag sal gesinne met kinders baat vind by ’n spesiale bespreking van situasies wat by die skool kan ontstaan. Op Vrydag- en Saterdagmiddag sal daar ook iets spesiaals wees wat byeenkoms gangers nie sal wil misloop nie. En Sondag sal jy die openbare toespraak, “Wie is verenig in hierdie wêreld vol tweedrag?” geniet.

Wees al vier dae daar

Aangesien daar tien byeenkomste reg oor Suid-Afrika gehou sal word, sal daar een nie te ver van jou huis af wees nie. Vind by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit wanneer en waar die naaste byeenkoms gehou gaan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel