Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Vrydag 16 Oktober

Maak seker dat jou hart jou nie in haar rigting lei nie. Bly weg van haar paaie. – Spr. 7:25.

Salomo se verslag wys wat met enige aanbidder van Jehovah kan gebeur. Hy sondig dalk ernstig en voel later dat alles skielik gebeur het. Of hy sê dalk: “Dit het net gebeur.” En tog, as hy nadink oor wat eintlik gebeur het, sal hy heel moontlik besef dat hy ’n paar onwyse besluite geneem het wat tot sy sonde gelei het. Dit het dalk slegte assosiasie ingesluit, sowel as skadelike vermaak, of hy het dalk plekke besoek wat nie goed is vir ’n Christen nie – of dit nou in persoon of aanlyn is. Dalk het hy ook opgehou om te bid, om die Bybel te lees, om vergaderinge by te woon of om aan die bediening deel te neem. Soos die jong man in Spreuke het hy dalk toe nie so skielik gesondig nie. Wat is die les vir ons? Ons moenie net die sonde vermy nie, maar ook die dinge wat tot sonde lei. Salomo maak daardie einste punt nadat hy vertel het wat gebeur het. – Matt. 5:​29, 30. w24.07 16 ¶10-11

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Saterdag 17 Oktober

Ons het hierdie skat in kleihouers. – 2 Kor. 4:7.

Wat is hierdie skat? Dit is die lewensreddende werk om die Koninkryksboodskap te verkondig (2 Kor. 4:1). Wat is die kleihouers? Dit stel God se knegte voor, wat die goeie nuus aan ander verkondig. In Paulus se dag het handelaars kleihouers gebruik om waardevolle goedere, soos kos, wyn en geld, te vervoer. Net so vertrou Jehovah ons met die waardevolle boodskap van die goeie nuus. Met Jehovah se hulp kan ons die nodige krag hê om ons boodskap getrou te verkondig. Partykeer ondervind ons dalk mensevrees. Hoe kan ons daardie uitdaging oorkom? Dink aan die gebed van die apostels toe hulle beveel is om nie te preek nie. Eerder as om bang te word en op te hou preek, het hulle Jehovah gevra om hulle te help om sy woord moedig te verkondig. Jehovah het hulle gebed onmiddellik beantwoord (Hand. 4:​18, 29, 31). As jy soms mensevrees ondervind, vra Jehovah om jou te help om jou mensevrees met jou liefde vir mense te oorkom. w24.04 16 ¶8-9

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Sondag 18 Oktober

Ons Vader in die hemel, laat u naam geheilig word. – Matt. 6:9.

Ons liefde vir Jehovah motiveer ons om sy naam te heilig. Ons wil help om sy naam te reinig van die oneer wat Satan daarop gebring het deur middel van sy bose leuens (Gen. 3:​1-5; Job 2:4; Joh. 8:44). In ons bediening is ons gretig om op te staan vir ons God en die waarheid oor hom te vertel vir almal wat sal luister. Ons wil hê dat almal moet weet dat liefde sy hoofeienskap is, dat sy manier van regeer regverdig en reg is en dat sy Koninkryk binnekort ’n einde sal maak aan alle lyding en vrede en geluk sal bring vir alle mense op die aarde (Ps. 37:​10, 11, 29; 1 Joh. 4:8). Wanneer ons Jehovah se reputasie in ons bediening verdedig, heilig ons sy naam. Ons is ook gelukkig omdat ons weet dat ons doen wat ons as Jehovah se Getuies behoort te doen. w24.05 18 ¶12

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel