Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 9/1 bl. 30
  • Die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkomste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkomste
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se gesin geniet kosbare eenheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Handhaaf eenheid in hierdie laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Christelike eenheid verheerlik God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Eenheid is ’n kenmerk van ware aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 9/1 bl. 30

Die “Koninkrykseenheid”-Streekbyeenkomste

“KONINKRYKSEENHEID.” Watter mooi en gepaste tema vir 1983 se streekbyeenkomste tog! Die wêreld was nog nooit tevore so verdeeld nie. Godsdiensorganisasies, hetsy Katoliek of Protestant, is vol wrywing en tweedrag. Politieke partye het mekaar aan die keel beet. Daar was nog nooit tevore soveel verwarring in die sakewêreld of kommersiële gemeenskap as nou nie. Die gesin was nog nooit so vol tweedrag soos vandag, met egpare wat met mekaar baklei, uitmekaar gaan en van mekaar skei nie. En wanneer was daar al ooit so ’n generasiegaping soos vandag, wanneer ouers en kinders al hoe meer van mekaar vervreem raak?

Jehovah se sigbare organisasie, die liggaam Christengetuies van Jehovah, vorm ’n skerp teenstelling hiermee. Al 2 400 000 van hulle is verenig, hoewel hulle oor sowat 205 lande en eilande versprei is. Hulle eenheid kom nasionale, skeidsmure, taalskeidsmure en rassevooroordeel, kulturele en ekonomiese skeidsmure te bowe. Wat het hulle verenig? Die reine aanbidding van Jehovah God.—Sefanja 3:9.

Dit is hoe dit onder Christus se ware volgelinge moet wees, want wat het die apostel Paulus in 1 Korinthiërs 1:10 aan die Korinthiërs geskryf? Dat ‘almal eenstemmig moet wees en dat daar geen skeuringe onder hulle moes wees nie, maar dat hulle verenig moes wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening’. In Filippense 3:15, 16 sê hy eweneens dat volwasse persone eensgesind moet wees. En met die oog op Christus se verklaring dat alle ware Christene gekenmerk sou word deur hulle liefde vir mekaar, moet sy ware volgelinge eenheid geniet, nie waar nie? Ja waarlik, liefde werk eenheid in die hand.—Johannes 13:34, 35.

Hierdie eenheid is in werklikheid in Jesaja 52:8 voorspel met die woorde: “Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die HERE terugkeer na Sion.” Die feite toon dat daar in 1919 begin is om mense na Sion terug te bring.

Dit is glad nie maklik om hierdie eenheid te bewaar nie. Dit is weens die Duiwel se groot woede omdat hy weet dat hy min tyd het en ook weens die agteruitgang van alle godsdienstige en menslike waardes in ons dag (Openbaring 12:9, 12). Die geestelike voedsel wat by vanjaar se byeenkomste voorgesit gaan word, sal beslis al Jehovah se knegte versterk in hulle voorneme om menslike swakhede, tekortkominge en onvolmaakthede ter wille van Jehovah God se naam en werk oor te sien. Hierdie puik byeenkomsprogram sal Donderdagmiddag begin en tot Sondagmiddag duur. Dit sal baie tydig en opbouend wees, en almal sal ongetwyfeld ná hierdie byeenkoms beter toegerus wees om Jehovah God eendragtig saam met hulle broers te dien en ’n sterk begeerte he om juis dit te doen.

Byeenkomsstede

22-25 Desember:

DURBAN (Engels)

JOHANNESBURG (Afrikaans, Engels, Grieks, Portugees)

KAAPSTAD (Afrikaans, Engels)

PORT ELIZABETH (Afrikaans, Engels).

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel