Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/1 bl. 4-6
  • ’n Dag van afrekening is verseker

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Dag van afrekening is verseker
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’N REGTER WAT OMGEE
  • ’N VERHEWE REGTER
  • DIE GEWISSE VOLTREKKING VAN GODDELIKE OORDEEL
  • Geregtigheid vir almal deur God se aangestelde regter
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Wanneer die dooies weer sal lewe!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Lewe in ooreenstemming met God se waarborg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Die opstanding van Jesus—Wat dit vir ons beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/1 bl. 4-6

’n Dag van afrekening is verseker

MEER as 1 900 jaar gelede het ’n man wat opleiding ontvang het in die wette van sy nasie sy geloof in ’n toekomstige dag van afrekening uitgespreek. Hy het dit gedoen op vreemde bodem voor die Areopagus-hof in antieke Athene. Die man was ’n gekerstende Jood, die apostel Paulus.

Sy gehoor het ’n ruk lank geluister na wat hy oor God gesê het. Met verwysing na die Skepper het Paulus toe hierdie verbasende verklaring gedoen: “Omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.”—Hand. 17:31.

Die apostel kon nie verder praat nie, want spotters het hulle stemme verhef. Maar die waarhede wat hy gemeld het, was die middel wat die almagtige God gebruik het om die harte van party wat Paulus se verweer gehoor het, te open. Toe die apostel weggegaan het, het hierdie persone “by hom aangesluit en gelowig geword”.—Hand. 17:32-34.

Ons kan vra: Wie is die man deur wie God die wêreld gaan oordeel? Waarom kan ons daarvan seker wees dat reg sal geskied? Hoe seker is die waarborg van ’n dag van afrekening?

Die man wat deur God gekies is, is die Seun wat homself van sy hemelse heerlikheid ontledig het en deur goddelike mag as ’n volmaakte baba in die baarmoeder van ’n Joodse maagd genaamd Maria begin ontwikkel het (Luk. 1:30-35; Filip. 2:7) Hierdie Seun het later bekend gestaan as Jesus Christus.

Aangaande sy regterlike gesag het Jesus gesê: “Die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee” (Joh. 5:22). “Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.”—Joh. 5:30.

’N REGTER WAT OMGEE

Aangaande die soort regter wat Jesus sou wees, is daar profeties gesê: “Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel” (Jes. 11:3, 4). Jesus Christus sal nie beïndruk word deur ’n imponerende persoonlikheid of deur uiterlike aansienlikheid of aantreklikheid nie. Hy kan dieper as die uiterlike sien en onderskei wat die ware beweegredes in ’n individu se hart is (Openb. 2:23). Slim woorde en argumente sal nie verhoed dat hy by die feite van die saak uitkom en ’n onpartydige oordeel vel nie. Dit maak nie saak hoe nederig persone is nie, Jesus Christus sal hulle regverdig behandel. “Hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.”—Ps. 72:14.

Ons het alle rede om seker te wees van die volkome onpartydigheid van Jesus se oordeel. Hy het sy besorgdheid oor die mensdom getoon deur die grootste blyk van selfopofferende liefde—hy het sy lewe gegee. Toe hy sy dissipels se aandag gevestig het op wat hy in hierdie verband sou doen, het hy vir hulle gesê: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”—Joh. 15:13.

’N VERHEWE REGTER

’n Dooie persoon kon natuurlik nie as regter optree nie, en die apostel Paulus het duidelik getoon dat God se aangestelde Regter uit die dode opgewek is. Hierdie opstanding is ’n onveranderlike waarborg van die toekomstige dag van afrekening. Dit is geen gewone waarborg nie. Meer as 500 getuies het die verrese Seun van God gesien. Sodat daar geen twyfel sou bestaan oor die wesenlikheid van die opstanding nie, het Jesus Christus met sy dissipels gepraat, hulle genooi om aan hom te voel en in hulle teenwoordigheid geëet (Luk. 24:36-43). Die Bybel berig ook dat hy “ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het” (Hand. 1:3). Omdat die bewyse onomstootlik was, het die dissipels moedig oor die opstanding van Jesus Christus getuig ondanks fisiese mishandeling, skimptaal en dreigemente met die dood.

Die dissipels van Jesus Christus was nie alleen getuies van sy opstanding nie, maar hulle was ook getuies van sy hemelvaart. Tien dae na sy hemelvaart het nagenoeg 120 dissipels die getuienis ontvang dat die Seun na die regterhand van sy Vader verhoog is. Watter bewys het hulle ontvang? Voor sy hemelvaart het Jesus Christus sy dissipels beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word” (Hand. 1:4, 5, NTP). Toe nagenoeg 120 dissipels dus op Pinksterdag in 33 G.J. die beloofde heilige gees ontvang het en daardeur in staat gestel is om in vreemde tale te spreek met Jode en proseliete wat van afgeleë plekke na Jerusalem gekom het om die Pinksterfees by te woon, het daardie dissipels geweet dat die Seun by die Vader was.

Dit is waarom die apostel Petrus op daardie dag vir duisende kon sê: “Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit uitgestort, wat julle nou sien en hoor.”—Hand. 2:32, 33.

DIE GEWISSE VOLTREKKING VAN GODDELIKE OORDEEL

Die deeglik gestaafde gebeure wat in die eerste eeu in verband met Jesus Christus plaasgevind het, is ’n onveranderlike waarborg dat ’n dag van afrekening vir alle nasies moet kom. Dit was na hierdie dag vir die voltrekking van goddelike oordeel dat getroue dissipels van Jesus Christus met groot afwagting uitgesien het. Die Christenapostel Paulus het hierna verwys in een van sy briewe aan die Thessalonicense, waarin hy geskryf het:

“Aangesien dit reg is by God om aan die wat julle [gelowiges] verdruk, verdrukking te vergelde, en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo.”—2 Thess. 1:6-10.

Die koms van Jesus Christus as voltrekker van goddelike oordeel sal ’n tyd inlui wanneer alle onreg reggestel sal word. Deur Christus sal God selfs “die verborge dinge van die mense” oordeel (Rom. 2:16). Hoewel ons nie die dag en die uur weet wanneer daardie langverwagte dag sal aanbreek nie, het ons God se waarborg dat dit gaan kom en dat dit immer naderkom. Dit moet die begeerte by ons wek om in ooreenstemming met sy waarborg te lewe. Maar wat verg dit van ons?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel