Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/1 bl. 3
  • Die behoefte aan geregtigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die behoefte aan geregtigheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah—die bron van ware geregtigheid en regverdigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • “Al sy weë is geregtigheid”
    Kom nader aan Jehovah
  • Jesus ‘vestig geregtigheid op die aarde’
    Kom nader aan Jehovah
  • Volg Jehovah na—Beoefen geregtigheid en regverdigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/1 bl. 3

Die behoefte aan geregtigheid

DUISENDE jare lank al sukkel die mens om wet en orde te handhaaf. ’n Mag der menigte regulasies is geformuleer om die persoon en eiendom van individue te beskerm. Wetstoepassende liggame en regterlike stelsels is geskep om wetsoortreders te straf. Ondanks die mens se welmenende pogings kon geen reëling nog ooit volkome geregtigheid vir almal verseker nie.

Hoewel talle beginselvaste mense hul bes gedoen het om menseregte te verdedig, het ander wins gemaak deur onreg te beoefen. ’n Paar jaar gelede is een Noord-Amerikaanse regter byvoorbeeld skuldig bevind op die aanklag dat hy meer as R500 000 vir regterlike gunste ontvang het. Deur skuiwergate in die wet het misdadigers straf vrygespring. Sekere strafregkenners het ryk geword deur valse alibi’s vir hulle skuldige kliënte te skep en deur gewetenlose metodes te gebruik om ernstige twyfel te wek oor die getuienis van eerlike getuies.

Korrupsie is nie die enigste ding wat die handhawing van geregtigheid bemoeilik nie. Soms is die probleem volslae onbevoegdheid. Sake is al aangehoor deur regters wat gedurende die verhoor besope, te verveeld om te luister of te moeg was om wakker te bly of so onkundig oor die wet was dat hulle sekretarisse die beslissings uitgeskryf het.

Ontelbare mense het gely weens korrupsie en onbevoegdheid onder hooggeplaastes. Hulle is ten onregte na gestigte en tronke toe gestuur of is selfs ter dood veroordeel. Vrouens is hulle mans se finansiële ondersteuning ontneem. Kinders is van hulle ouers af weggeneem. Regmatige erfgename het al hele boedels verloor.

Dit gebeur dikwels dat wettelose mense nooit onder verhoor kom nie. In die teenswoordige stelsel is daar eenvoudig geen manier waarop al die skade weens skinderpraatjies, laster, bedrog, knoeiery, halwe waarhede, oordrywing en ander etiese onregte ongedaan gemaak kan word nie.

Daar bestaan inderdaad ’n behoefte aan regverdige oordeel. ’n Vername regsgeleerde van die 20ste eeu het gesinspeel op die manier waarop dit gedoen kon word. Toe hy die “gees van ware vryheid” bespreek het, het hy gesê dat hierdie gees “nog nooit heeltemal vergeet het dat daar ’n koninkryk kan wees waar die kleinste sy aan sy saam met die grootste verhoor en geoordeel sal word nie”. Maar sal daar werklik so ’n oordeel wees? Watter rede het ons om te glo dat dit sal plaasvind? Hoe moet dit nou reeds ons lewens raak?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel