Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 1/1 bl. 4
  • Die mens se stryd teen siekte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mens se stryd teen siekte
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Die stryd teen siekte en die dood—Is ons besig om dit te wen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Peste in die 20ste eeu
    Ontwaak!—1997
  • Siekte—Sal daar ooit ’n einde kom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Die wêreldwye gesondheidsituasie—’n groeiende gaping
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 1/1 bl. 4

Die mens se stryd teen siekte

JA, SIEKTE is ’n vyand, en die mens voer al eeue lank onverpoosd ’n stryd daarteen. Gedurende die afgelope 150 jaar het dokters ’n paar merkwaardige oorwinnings behaal. Beter sanitasie, asook nuwe entstowwe en geneesmiddels het gehelp om eertydse plae soos builepes in party lande net ’n vae herinnering te maak.

Maar die stryd is nog lank nie gewonne nie. Probleme duur voort ondanks die vooruitgang van die mediese wetenskap, soos die venster hieronder toon. En al sou die wetenskap rate vir alle hedendaagse siektes vind, sou die allergrootste plaag—die dood—steeds voortduur. Sal ons ooit uit hierdie situasie verlos word?

[Venster op bladsy 4]

BAIE WORD ONNODIG SIEK, WANT—

* ’n Groot deel van die mensdom ly aan ondervoeding. Dit het gelei tot talle gevalle van ragitis, skeurbuik, blindheid, skildkliergeswel en dies meer. ’n Persoon wat ondervoed is, is daarbenewens vatbaar vir ander siektes, soos tering en longontsteking. Hierdie kwale kan grootliks verminder word bloot deur arm mense beter te voed.

* Wanvoeding hou selfs in gevorderde lande ’n bedreiging in. Waarom? “Daar was veranderinge in die dieet van Amerikaners wat ’n vlaag wanvoeding (as gevolg van oorvoeding sowel as ondervoeding) kan veroorsaak wat net so skadelik vir die gesondheid in die Verenigde State kan wees as die algemene, aansteeklike siektes van die vroeë deel van die eeu. Te veel vet, suiker, sout en alkohol in die dieet speel ’n rol by 6 van die 10 vernaamste doodsoorsake . . . hartkwaal, beroerte, kanker, suikersiekte, slagaarverharding en lewerskrompeling.”—“Health”, 1979.

* Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam dat 80 persent van alle kwale in die wêreld veroorsaak word deur ontoereikende water of sanitasie. Tussen 10 miljoen en 25 miljoen mense sterf elke jaar aan kwale as gevolg van besoedelde of te min water. Omtrent net soveel kinders sterf elke jaar aan een van hierdie kwale—diarree —as die aantal slagoffers wat elke jaar deur die eerste wêreldoorlog gedood is.

* Die lug wat ons inasem, word vergiftig deur fabrieke en motors se uitlaatgasse. Die volgende opskrifte vertel die verhaal: “Lugbesoedeling-slagoffers in Tokio neem toe”; “Rookwolk word digter oor verstikkende Grieke”; “Giftige rook laat die stad Mexiko verstik”; “Asemhaling binnenshuis kan gevaarlik wees”; “Amerikaanse studie waarsku teen groot probleme as gevolg van koolstofdioksiedbesoedeling”. Intussen word die skepping se groot lugreinigers, die bome, afgekap teen ’n tempo van tussen 10 miljoen en 20 miljoen hektaar per jaar. ’n Krisis met ongekende afmetings lê voor.

* Onsedelikheid het tot ’n epidemie veneriese siekte aanleiding gegee. Die rookgewoonte het ’n epidemie longkanker, emfiseem, brongitis en koronêre hartkwaal veroorsaak. Onlangse studies toon dat nie alleen rokers nie, maar ook hulle huweliksmaats en kinders daaronder ly.

* Dit is maar net ’n paar van die gebruike en maatskaplike probleme wat verhoed dat selfs bestaande mediese kennis met welslae aangewend kan word om die mensdom se kwale te verlig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel