Die bedrywighede van Jehovah se Getuies in hedendaagse tye
Samoa
Hierdie verslag van Jehovah se Getuies in die “Wieg van Polinesië” is een van godvrugtige toegewydheid en moedige lojaliteit. Vind uit hoe dit is om te getuig vir gemeenskappe in tropiese gebiede wat die Bybel goed ken en so godsdienstig is dat hulle ’n unieke woordeskat het wanneer hulle met of van God praat. Jy sal Getuies ontmoet wat ondanks skynbaar onoorkomelike gesondheidsprobleme voortgaan om Jehovah te dien. Lees van ’n gesin wat 22 kilometer ver oor ’n berg geloop het om vergaderinge by te woon, en vind uit waarom party kinders in die dorpies uitgeroep het: “Hier kom Armageddon!”
Lande van die voormalige Joego-Slawië
Uit ’n gebied waar etniese en godsdiensverskille bloedvergieting en haat tot gevolg gehad het, kom ’n merkwaardige verhaal van geloof en moed. ’n Broer beskryf ’n groep Getuies wat vasgekeer was in ’n stad wat een van die langste beleërings in die hedendaagse geskiedenis ondervind het en sê: “Al was ons van Kroatiese, Serwiese en Bosniese afkoms—dieselfde drie groepe wat mekaar buite doodgemaak het—was ons verenig in rein aanbidding.” Wanneer jy hierdie verslag lees, sal dit jou geloof versterk om te sien hoe die broers in tye van vrede en van oorlog onkreukbaarheid gehandhaaf het.