“Voedsel op die regte tyd”
1. Hoe het hierdie jaar se spesiale byeenkomsdag jou en ander gehelp?
1 Nadat ons ons spesiale byeenkomsdag bygewoon het, sê ons dikwels: “Dit was net wat ons nodig gehad het!” ’n Kringopsiener het berig dat party in sy kring, nadat hulle na die huidige program geluister het, die begeerte uitgespreek het om meer in die bediening te doen. Een reisende opsiener het gesê: “Dit het ons gehelp om goed in gedagte te hou waar ons in die tydstroom is terwyl ons ons keuses in die lewe heroorweeg.” ’n Ander het gesê: “’n Aantal verkondigers het gemeld dat dit vir hulle ’n duidelike herinnering was dat hulle moet konsentreer op wat die belangrikste is, die bediening.” Hoe het die spesiale byeenkomsdag jou gehelp?
2. Wat sal in die program vir die volgende diensjaar bespreek word?
2 Die program vir die komende diensjaar sal ook net wees wat ons nodig het. Die tema is: ‘Neem jou toevlug tot Jehovah’, wat geneem is uit Psalm 118:8, 9. Hier is ’n paar van die onderwerpe wat bespreek gaan word: “Hoe Jehovah ’n vesting in tye van benoudheid is”, “Help ander om toevlug onder Jehovah se vleuels te vind”, “Volg Jehovah na deur ’n toevlug te voorsien”, “Jongmense, stel julle vertroue in Jehovah!” en “Ons geestelike paradys—’n Toevlug deur Jehovah voorsien”.
3. Hoe kan ons ten volle daarby baat vind om die byeenkoms by te woon?
3 Hoe om baat te vind: Sodra die datum aangekondig word, moet jy definitiewe reëlings tref om dit by te woon en jou Bybelstudente ook nooi. As ons “met volharding vrug [wil] dra”, moet ons onthou wat ons hoor (Luk. 8:15). Luister dus aandagtig na die program en maak kort aantekeninge van die hoofgedagtes sowel as die punte wat jy in jou lewe en bediening wil toepas. Neem tyd ná die byeenkoms om die program as ’n gesin te bespreek, en kyk na spesifieke maniere waarop jy en jou gesin die inligting kan toepas.
4. Waarom moet ons uitsien na ons komende spesiale byeenkomsdag?
4 Soos ’n smaaklike en voedsame maaltyd, is hierdie jaar se spesiale byeenkomsdag met groot liefde en sorg voorberei. Mag Jehovah jou pogings seën om dit by te woon en om baat te vind by hierdie “voedsel op die regte tyd” om Christenbedienaars geestelik te voed.—Matt. 24:45.