God se Woord oefen krag uit
1. Wat is die tema van die spesiale byeenkomsdag vir die 2014-diensjaar?
1 Anders as enigiets wat sy oorsprong het by onvolmaakte mense, het die Bybel die krag om ons te verander en ons denke en weë in ooreenstemming met Jehovah se wil te bring. Hoe kragtig is die Woord van God werklik? Hoe kan ons ten volle baat vind by die krag wat dit uitoefen? Hoe kan ons dit op doeltreffender wyse gebruik om ander te help? Ons is seker dat almal geestelik opgebou sal word deur hierdie punte wat bespreek sal word tydens die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 2014-diensjaar. Die tema is “God se Woord oefen krag uit”, gebaseer op Hebreërs 4:12.
2. Op watter vrae moet ons die antwoorde probeer vind?
2 Vind die antwoorde op die volgende vrae: Terwyl jy na die program luister, let op die antwoorde op die vrae hieronder:
• Waarom moet ons in Jehovah se Woord vertroue hê? (Ps. 29:4).
• Hoe kan ons die krag van God se Woord in ons lewe ervaar? (Ps. 34:8).
• Hoe kan jy die krag van God se Woord ten volle in jou bediening benut? (2 Tim. 3:16, 17).
• Hoe kan ons verseker dat ons nie slagoffers word van die bedrieglike krag van Satan se wêreld nie? (1 Joh. 5:19).
• Hoe kan jy as ’n jongmens geestelike sukses behaal? (Jer. 17:7).
• Hoe kan ons sterk word, selfs wanneer ons swak is? (2 Kor. 12:10).
• Wat is nodig sodat ons voortdurend verander kan word, selfs wat diepgewortelde gewoontes en gesindhede betref? (Ef. 4:23).
3. Hoe kan ons, buiten deur na die program te luister, by die spesiale byeenkomsdag baat vind?
3 Hoe sal ons tog by hierdie belangrike inligting baat vind! Daarbenewens sal die spesiale byeenkomsdag, net soos die kringbyeenkoms en die streekbyeenkoms, ons geleenthede bied om verruim te word en om die assosiasie van broers en susters van ander gemeentes te geniet (Ps. 133:1-3; 2 Kor. 6:11-13). Benut dus die tyd om met ou vriende te assosieer en om nuwes te maak. As ’n besoekende spreker, soos ’n streekopsiener of ’n broer van Bethel, na julle spesiale byeenkomsdag toegewys is, kan jy hom en sy vrou gerus verwelkom. Ja, ons het talle redes om na die komende spesiale byeenkomsdag uit te sien!