Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 6/15 bl. 13-18
  • Wandel soos Jehovah ons geleer het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wandel soos Jehovah ons geleer het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Word geleer oor bloed
  • Help ander om geleer te word
  • Ouers—Leer julle kinders goed
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die Bloed wat werklik lewens red
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Heg die regte waarde aan jou gawe van lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Bloed—Noodsaaklik vir lewe
    Hoe kan bloed jou lewe red?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 6/15 bl. 13-18

Wandel soos Jehovah ons geleer het

“Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.”—PSALM 86:11.

1, 2. Wat beweeg Jehovah se Getuies om bloedoortappings te weier?

“MISKIEN het Jehovah se Getuies reg wanneer hulle weier om bloedprodukte te gebruik, want ’n betekenisvolle aantal patogene stowwe kan wel deur oortappingsbloed oorgedra word.”—Die Franse mediese dagblad Le Quotidien du Médecin, 15 Desember 1987.

2 Party wat daardie kommentaar lees, meen dalk dat dit ’n blote gelukskoot is dat Jehovah se Getuies bloedoortappings weier al lank voordat dit algemeen bekend geword het hoe gevaarlik, selfs dodelik, bloedoortappings kan wees. Maar die standpunt wat Jehovah se Getuies oor bloed inneem, is nie toevallig nie; nog minder is dit ’n reël wat deur die een of ander vreemde sekte uitgedink is, ’n standpunt wat voortspruit uit vrees dat bloed nie veilig is nie. Inteendeel, die Getuies weier bloed omdat hulle vasbeslote is om gehoorsaam voor hulle Groot Onderrigter—God—te wandel.

3. (a) Hoe het Dawid gevoel oor afhanklikheid van Jehovah? (b) Na wat het Dawid uitgesien omdat hy op God vertrou het?

3 Koning Dawid, wat besef het dat hy van God afhanklik is, was vasbeslote om deur hom geleer te word en ‘in sy waarheid te wandel’ (Psalm 86:11). Daar is eenkeer aan Dawid gesê dat as hy dit vermy om in God se oë bloedskuldig te word, sy ‘siel toegedraai kan wees in die sak van die lewe by Jehovah’ (1 Samuel 25:21, 22, 25, 29, vgl. NW). Soos mense kosbaarhede toegedraai het om hulle te beskerm en te bewaar, so kon God Dawid se lewe beskerm en bewaar het. Dawid het hierdie wyse raad aanvaar en homself nie probeer red deur sy eie pogings nie, maar het op die Een vertrou aan wie hy sy lewe verskuldig was: “U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.”—Psalm 16:11.

4. Waarom wou Dawid deur Jehovah geleer word?

4 Met daardie gesindheid het Dawid nie gevoel dat hy persoonlik kon kies watter goddelike wette geldig was of gehoorsaam moes word nie. Sy gesindheid was: “HERE, leer my u weg en lei my op ’n gelyk pad.” “Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam. Here, my God, ek wil U loof met my hele hart” (Psalm 27:11; 86:11, 12). Soms lyk dit ongerieflik of beteken dit groot opoffering om in waarheid te wandel, maar Dawid wou in die regte weg geleer word en wou daarop wandel.

Word geleer oor bloed

5. Wat sou Dawid geweet het oor God se standpunt oor bloed?

5 Ons kan gerus kennis neem van die feit dat Dawid van kleins af God se beskouing van bloed geleer is, wat nie ’n godsdiensraaisel was nie. Toe die Wet vir die volk gelees is, sou Dawid dié woorde gehoor het: “Die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.”—Levitikus 17:11, 12; Deuteronomium 4:10; 31:11.

6. Waarom was dit nog altyd nodig dat God se knegte oor bloed ingelig word?

6 So lank as wat God die Israeliete as sy volk gebruik het, moes diegene wat hom wou behaag oor bloed geleer word. Geslag na geslag van Israelitiese seuns en meisies is so geleer. Maar sou sulke onderrigting voortgesit word nadat God die gemeente van Christene aangeneem het en hulle “die Israel van God” genoem het? (Galasiërs 6:16). Ja, beslis. God se beskouing van bloed het nie verander nie (Maleagi 3:6). Sy uitdruklike standpunt oor die misbruik van bloed het bestaan vóór die Wetsverbond van krag geword het, en dit was steeds geldig nadat daar met die Wet weggedoen is.—Genesis 9:3, 4; Handelinge 15:28, 29.

7. Waarom is dit vir ons belangrik om deur God geleer te word oor bloed?

7 Respek vir bloed is die kern van die Christelike godsdiens. ‘Is dit nie oordrywing nie?’ vra party dalk. Maar wat is die kern van die Christelike godsdiens as dit nie Jesus se offerande is nie? En die apostel Paulus het geskryf: “Deur die bloed van sy Seun [Jesus] is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God” (Efesiërs 1:7, NAV). The Inspired Letters, vertaal deur Frank C. Laubach, gee die vers so weer: “Die bloed van Christus het vir ons betaal en nou behoort ons aan Hom.”

8. Hoe hang die “groot menigte” se lewe van bloed af?

8 Almal wat die naderende “groot verdrukking” wil oorleef en God se seëninge op ’n paradysaarde wil geniet, maak staat op Jesus se vergote bloed. Openbaring 7:9-14 beskryf hulle en sê retrospektief: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.” Let op die taal hier. Dit sê nie diegene wat deur die groot verdrukking gered word, het ‘Jesus aangeneem’ of ‘geloof in hom gestel’ nie, maar dit is beslis noodsaaklike aspekte. Dit voer dit ’n stap verder en sê dat hulle “hul klere gewas en hul klere wit gemaak [het] in [Jesus se] bloed”. Die rede daarvoor is dat sy bloed versoeningswaarde het.

9. Waarom is gehoorsaamheid aan Jehovah in verband met bloed so belangrik?

9 Waardering vir hierdie waarde help Jehovah se Getuies om vasbeslote te wees om bloed nie te misbruik nie, selfs as ’n geneesheer opreg beweer dat ’n oortapping noodsaaklik is. Hy meen dalk dat die potensiële voordele van ’n oortapping swaarder weeg as die gesondheidsgevare wat die bloed self inhou. Maar die Christen kan nie ’n selfs groter gevaar ignoreer nie, die gevaar om God se guns te verloor deur in te stem om bloed te misbruik. Paulus het eenkeer gepraat van diegene wat ‘opsetlik sondig, nadat hulle die kennis van die waarheid ontvang het’. Waarom was enige sonde van daardie aard so ernstig? Omdat so iemand “die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein [“as van gewone waarde”, NW] geag” het.—Hebreërs 9:16-24; 10:26-29.

Help ander om geleer te word

10. Wat is die rede vir ons vasbeslotenheid om ons van bloed te onthou?

10 Ons wat Jesus se losprysoffer waardeer, is versigtig dat ons nie sonde beoefen en die lewensreddende waarde van sy bloed verwerp nie. Nadat ons die saak deurdink het, besef ons dat pure dankbaarheid teenoor God vir die lewe ons behoort te beweeg om geen kompromis aan te gaan ten opsigte van sy regverdige wette nie, wat in ons beste belang gegee is—ons beste belang op die lange duur (Deuteronomium 6:24; Spreuke 14:27; Prediker 8:12). Maar wat van ons kinders?

11-13. Watter verkeerde beskouing het sommige Christenouers van hulle kinders en bloed, en waarom?

11 Terwyl ons kinders babas is of te jonk is om te verstaan, kan Jehovah God hulle as rein en welgevallig beskou op grond van ons toegewydheid (1 Korinthiërs 7:14). Dit is dus waar dat kinders in ’n Christelike huis dalk nog nie God se wet op bloed verstaan nie en nog nie ’n keuse gemaak het oor gehoorsaamheid hieraan nie. Doen ons egter ons bes om hulle oor hierdie noodsaaklike saak te leer? Christenouers moet ernstig daaraan dink, want sommige ouers het blykbaar ’n verkeerde gesindheid oor hulle kinders en bloed. Dit lyk of party meen dat hulle nie werklik veel beheer het oor die toediening van ’n oortapping aan hulle minderjarige kinders nie. Waarom hierdie verkeerde beskouing?

12 Talle lande het wette of staatsinstansies om verwaarloosde of mishandelde kinders te beskerm. Die kinders van Jehovah se Getuies word nie verwaarloos of mishandel wanneer ouers besluit dat hulle geliefde seun of dogter nie bloed mag kry nie en hulle terselfdertyd vra dat alternatiewe terapieë gebruik word wat die hedendaagse geneeskunde kan voorsien. Selfs uit ’n mediese oogpunt is dit nie verwaarlosing of mishandeling nie, nie as ’n mens die erkende gevare van oortappingsterapie in ag neem nie. Dit is ’n beoefening van die reg om die betrokke gevare te oorweeg en dan die behandeling te kies.a Nogtans het party mediese personeellede deur middel van regsbepalinge magtiging probeer verkry om ’n ongewenste oortapping af te dwing.

13 Sommige ouers, wat daarvan bewus is dat mediese personeellede maklik ’n hofbevel kan kry vir ’n oortapping op ’n minderjarige, kan meen dat die saak uit hulle hande geneem is, dat daar niks is wat ouers kan doen of hoef te doen nie. Hoe verkeerd is daardie beskouing tog!—Spreuke 22:3.

14. Hoe is Dawid en Timotheüs van kleins af geleer?

14 Ons het gesien dat Dawid van jongs af in die weg van God geleer is. Dit het hom toegerus om lewe as ’n gawe van God te beskou en om te weet dat bloed lewe verteenwoordig. (Vergelyk 2 Samuel 23:14-17.) Timotheüs is “van kleins af” in God se denke onderrig (2 Timotheüs 3:14, 15). Stem jy nie saam dat Dawid en Timotheüs, selfs toe hulle nog onder die ouderdom was wat vandag ’n wetlike ouderdom vir meerderjarigheid is, hulle goed sou kon uitgespreek het oor geskille rakende God se wil nie? Jong Christene moet vandag eweneens in God se weë geleer word lank voordat hulle mondig word.

15, 16. (a) Watter beskouing het in party plekke ontstaan oor die regte van minderjariges? (b) Wat het daartoe gelei dat een minderjarige bloed gekry het?

15 In sommige plekke word daar aan sogenaamd volwasse minderjariges regte toegestaan wat soortgelyk is aan dié vir meerderjariges. Op grond van sy ouderdom of volwasse denke, of albei, kan ’n jongmens as volwasse genoeg beskou word om sy eie besluite oor mediese behandeling te neem. Selfs waar dit nie die wet is nie, kan regters of amptenare baie gewig heg aan die wense van ’n jongmens wat homself duidelik kan uitdruk oor sy vaste besluit aangaande bloed. Wanneer ’n jeugdige sy opvattings nie duidelik en volwasse kan verduidelik nie, kan die hof aan die ander kant meen dat hy moet besluit wat die beste is, soos hy vir ’n baba sal besluit.

16 Een jong man het jare lank die Bybel van tyd tot tyd bestudeer, maar hy was nie gedoop nie. Ondanks die feit dat hy net sewe weke onder die ouderdom was wanneer hy die “reg [sou kry] om self mediese behandeling te weier”, het ’n hospitaal wat hom vir kanker behandel het ’n hofbevel gevra om hom ’n oortapping teen sy wense en dié van sy ouers te gee. Die konsensieuse regter het hom uitgevra oor sy opvattings aangaande bloed en het basiese vrae gevra, soos die name van die eerste vyf boeke van die Bybel. Die jong man kon hulle nie opnoem nie en ook nie oortuigende getuienis lewer dat hy verstaan het waarom hy bloed geweier het nie. Dit is jammer dat die regter oortappings gemagtig het en gesê het: “(S)y weiering om tot bloedoortappings in te stem, is nie op ’n volwasse begrip van sy eie godsdiensoortuigings gebaseer nie.”

17. Watter standpunt het ’n 14-jarige meisie ingeneem oor ’n bloedoortapping, en wat was die resultate?

17 Sake kan anders verloop vir ’n minderjarige wat goed onderleg is in God se weë en wat aktief in Sy waarheid wandel. ’n Jonger Christin het dieselfde seldsame soort kanker gehad. Die meisie en haar ouers het verstaan wat gewysigde chemoterapie deur ’n spesialis by ’n bekende hospitaal behels en dit aanvaar. Nogtans is die saak by die hof aanhangig gemaak. Die regter het geskryf: “D.P. het getuig dat sy ’n bloedoortapping op alle moontlike maniere sal teëstaan. Sy het ’n oortapping as ’n skending van haar liggaam beskou en dit met verkragting vergelyk. Sy het die Hof gevra om haar besluit te respekteer en haar toe te laat om steeds behandeling te ontvang by [die hospitaal] sonder bloedoortappings wat deur ’n hofbevel aan haar opgedwing word.” Die Christelike onderrigting wat sy ontvang het, het haar tydens hierdie moeilike tyd gehelp.—Sien venster.

18. (a) Watter ferm standpunt het ’n siek meisie oor bloedoortappings ingeneem? (b) Wat was die regter se beslissing aangaande haar behandeling?

18 ’n Twaalfjarige meisie is vir leukemie behandel. ’n Kindersorginstansie het die saak hof toe geneem sodat bloed aan haar opgedwing kon word. Die regter se beslissing was: “L. het die hof duidelik en saaklik meegedeel dat, indien ’n poging aangewend sou word om haar ’n bloedoortapping te gee, sy al haar kragte sal inspan om daardie oortapping te beveg. Sy het gesê, en ek glo haar, dat sy sal skreeu en worstel en dat sy die inspuittoestel uit haar arm sal ruk en sal probeer om die bloed in die sak oor haar bed te laat uitloop. Ek weier om enige bevel uit te reik wat hierdie kind daardie beproewing sal laat deurmaak . . . Wat hierdie pasiënt betref, neem die voorgestelde behandeling deur die hospitaal net die siekte in fisieke sin in aanmerking. Dit versuim om haar emosionele behoeftes en haar godsdiensopvattings in aanmerking te neem.”

Ouers—Leer julle kinders goed

19. Watter spesiale verpligting moet ouers teenoor hulle kinders nakom?

19 Sulke ondervindinge bevat ’n kragtige boodskap vir ouers wat graag wil hê dat almal in hulle gesin ooreenkomstig God se wet op bloed moet lewe. Een rede waarom Abraham God se vriend was, was omdat God geweet het dat die patriarg “aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid . . . te doen” (Genesis 18:19). Moet dit nie vandag ook waar wees van Christenouers nie? As jy ’n ouer is, leer jy jou dierbare kinders om in Jehovah se weg te wandel sodat hulle altyd ‘gereed sal wees om hulle te verdedig voor iedereen wat van hulle ’n rede verlang vir die hoop wat in hulle is, terwyl hulle dit met sagaardigheid en diepe agting doen’?—1 Petrus 3:15, NW.

20. Wat moet ons kinders hoofsaaklik aangaande bloed weet en glo? (Daniël 1:3-14).

20 Hoewel dit goed sal wees as ons kinders ingelig is oor die gevaar van siektes en ander gevare verbonde aan bloedoortappings, beteken dit nie allereers dat ons vrees vir bloed by ons kinders inskerp wanneer ons hulle leer van God se volmaakte wet op bloed nie. Sê byvoorbeeld ’n regter vra ’n meisie waarom sy nie bloed wil hê nie en haar antwoord is in hoofsaak omdat sy dink dat bloed gevaarlik is of dat sy bang is daarvoor. Wat kan die resultate wees? Die regter kan die gevolgtrekking maak dat sy bloot onvolwasse en beangs is, net soos sy dalk só bang sal wees vir ’n appendiks-uitsnyding dat sy sal huil en hierdie operasie, wat selfs volgens haar ouers die beste vir haar is, sal teëstaan. Daarbenewens het ons vroeër gemeld dat Christene oortappings weier, nie omdat die bloed besoedel is nie, maar hoofsaaklik omdat dit kosbaar is vir ons God en Lewegewer. Ons kinders moet hiervan bewus wees, asook van die feit dat die moontlike mediese gevare van bloed meer gewig verleen aan ons godsdiensstandpunt.

21. (a) Wat moet ouers uitvind aangaande hulle kinders en die Bybel se beskouing van bloed? (b) Hoe kan ouers hulle kinders help in verband met bloed?

21 Is jy seker, as jy kinders het, dat hulle saamstem met die Bybelse standpunt oor oortappings en dat hulle dit kan verduidelik? Glo hulle werklik dat hierdie standpunt God se wil is? Is hulle oortuig daarvan dat die skending van God se wet so ernstig is dat dit ’n Christen se vooruitsig op die ewige lewe in gevaar kan stel? Verstandige ouers sal hierdie dinge met hulle kinders bespreek, hetsy hulle baie jonk of feitlik volwassenes is. Ouers kan oefensessies hou waarin elke jongmens vrae moet beantwoord wat miskien deur ’n regter of ’n hospitaalamptenaar gevra kan word. Die doel hiervan is nie om ’n jongmens gekose feite en antwoorde soos ’n papegaai te laat herhaal nie. Dit is belangriker dat hulle weet wat hulle glo en waarom hulle dit glo. Tydens ’n hofsaak kan ouers of ander natuurlik inligting verskaf omtrent die gevare van bloed en die beskikbaarheid van alternatiewe terapieë. Maar wanneer ’n regter of ’n amptenaar met ons kinders praat, sal hy waarskynlik wil uitvind of hulle ’n volwasse begrip van hulle situasie en keuses het en ook of hulle hulle eie waardes en vaste oortuigings het.—Vergelyk 2 Konings 5:1-4.

22. Wat kan die permanente resultaat wees as ons deur God geleer word oor bloed?

22 Ons almal moet God se beskouing van bloed waardeer en dit vasbeslote handhaaf. Openbaring 1:5 beskryf Christus as die een wat “ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed”. Slegs deur die waarde van Jesus se bloed te aanvaar, kan ons volkome en blywende vergifnis van ons sondes verkry. Romeine 5:9 sê duidelik: “Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.” Hoe verstandig is dit dan as ons en ons kinders deur Jehovah geleer word oor hierdie saak en vasbeslote is om vir ewig in sy weg te wandel!

[Voetnoot]

a Sien Hoe kan bloed jou lewe red?, wat uitgegee word deur die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania, bladsye 21-2, 28-31.

Sleutelgedagtes wat ons geleer het

◻ Hoe moet ons dit beskou om deur Jehovah geleer te word?

◻ Waarom is gehoorsaamheid aan God se wet op bloed so belangrik?

◻ Waarom is dit noodsaaklik dat jongmense hulle oortuigings oor bloed duidelik en ferm moet kan verduidelik?

◻ Hoe kan Christenouers hulle kinders help om goed onderleg te wees in Jehovah se wet op bloed?

[Venster op bladsy 17]

DIE HOF WAS BEÏNDRUK

Wat het die hofbeslissing oor D.P., wat in paragraaf 17 gemeld word, gesê?

“Die hof is uiters beïndruk deur die intelligensie, selfbeheersing, waardigheid en oortuiging van hierdie 14-1/2-jarige jong meisie. Sy was moontlik wel oorweldig deur die ontdekking dat sy ’n dodelike soort kanker het . . . Nogtans was dit ’n volwasse jongmens wat na die hof gekom het om te getuig. Sy het blykbaar ’n duidelike begrip gehad van die moeilike taak wat op haar gewag het. Sy het al die raadgewingsessies bygewoon, tot ’n terapieplan ingestem, ’n duidelike filosofie ontwikkel oor hoe sy as mens hierdie mediese uitdaging die hoof sal bied, en sy het hof toe gekom met die roerende versoek: respekteer my besluit . . .

“Benewens die feit dat D.P. so volwasse is, het sy genoeg redes gemeld vir haar besluit sodat die hof dit moet respekteer. Geestelik, sielkundig, moreel en emosioneel sal sy benadeel word deur ’n behandeling wat bloedoortappings insluit. Die hof sal haar keuse van behandeling respekteer.”

[Prent op bladsy 16]

’n Regter of ’n hospitaaladministrateur sal dalk wil weet wat ’n Christenjongmens werklik glo, en waarom hy dit glo

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel