Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 2/15 bl. 22
  • Bly gesond in die geloof!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly gesond in die geloof!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat word van opsieners verwag?
  • Pas die gesonde leer toe
  • Bybelboek nommer 56—Titus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Maak die gesonde leer jou lewenswyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Titus pak ’n moeilike taak aan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Titus—“’n Medewerker in julle belang”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 2/15 bl. 22

Bly gesond in die geloof!

Glanspunte uit Titus

DIE Christengemeentes op die eiland Kreta in die Middellandse See het geestelike hulp nodig gehad. Wie kon hulle help? Wel, die apostel Paulus se medewerker Titus kon! Hy was moedig, goed toegerus om te onderrig, ywerig vir goeie werke en gesond in die geloof.

Paulus het Kreta in die tydperk tussen sy eerste en tweede gevangenskap in Rome besoek. Hy het Titus op die eiland agtergelaat om sekere dinge reg te stel en om ouere manne in die gemeente aan te stel. Titus is ook aangesê om valse leraars te bestraf en om ’n goeie voorbeeld te stel. Dit kom alles uit in Paulus se brief aan Titus, wat hy tussen 61 en 64 G.J. uit Macedonië aan hom gestuur het. As hedendaagse opsieners en medegelowiges die apostel se raad toepas, kan dit hulle help om moedig, ywerig en geestelik gesond te bly.

Wat word van opsieners verwag?

Titus moes opsieners aanstel en sekere ernstige probleme ondersoek (1:1-16). Om as ’n opsiener aangestel te word, moet ’n man onberispelik wees, voorbeeldig in sy persoonlike lewe en in sy gesinslewe, gasvry en gebalanseerd wees en selfbeheersing aan die dag lê. Hy moet die waarheid leer en diegene wat teenstrydige sienswyses lug, vermaan en bestraf. Dit verg moed, want weerspanniges in die gemeentes moet die swye opgelê word. Veral in die geval van diegene wat nog die besnydenis aanhang, want hulle keer hele huise onderstebo. Skerp bestrawwing is nodig om die gemeentes geestelik gesond te hou. Christenopsieners moet vandag ook moed aan die dag lê om te bestraf en te vermaan sodat die gemeente opgebou kan word.

Pas die gesonde leer toe

Titus moet geestelik gesonde onderrig gee (2:1-15, vgl. NW). Bejaarde manne moet voorbeelde in matigheid, ernstigheid, gesondheid van verstand, geloof, liefde en volharding wees. Bejaarde vroue moet “eerbiedig in hulle gedrag wees”. As “leraresse van wat goed is”, kan hulle die jong vroue help om die regte beskouing te hê van hulle pligte as eggenotes en moeders. Jong manne moet gesond van verstand wees, en slawe moet op so ’n manier aan hulle eienaars onderdanig wees dat dit die leer van God sal versier. Alle Christene moet goddeloosheid afwys en met gesondheid van verstand te midde van hierdie stelsel van dinge lewe in afwagting van die glorieryke openbaarmaking van God en van Jesus Christus “wat Homself vir ons gegee het om ons van elke soort wetteloosheid te bevry en vir hom ’n volk te reinig wat uitsluitlik sy eiendom is, ywerig vir voortreflike werke”. Laat ons hierdie gesonde raad toepas en so ook ‘die leer van God versier’.

Die raad wat Paulus ten slotte gee, bevorder geestelike gesondheid (3:1-15). Dit is belangrik om behoorlike onderdanigheid aan heersers te betoon en te leer om redelikheid aan die dag te lê. Christene het die hoop op die ewige lewe, en Paulus se woorde moet sterk beklemtoon word sodat die gelowiges hulle gedagtes op die doen van goeie werke kan hou. Dwase twisvrae en stryery oor die Wet moet vermy word, en ’n mens wat ’n sekte bevorder, moet na twee ernstige vermanings verwerp word. As ouere manne vandag hierdie raad volg, sal hulle en hulle medegelowiges gesond in die geloof bly.

[Venster/Prent op bladsy 22]

Nie aan wyn verslaaf nie: Hoewel vroue nie mans in die gemeente kan onderrig nie, kan ouer susters jonger vroue privaat onderrig. Maar om dit op ’n doeltreffende wyse te doen, moet bejaarde vroue ag slaan op Paulus se woorde: “Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is” (Titus 2:1-5; 1 Timotheüs 2:11-14). Omdat hulle weet watter uitwerking drank het, moet opsieners, bedieningsknegte en bejaarde vroue matig in hulle gewoonte wees en hulle nie aan baie wyn oorgee nie (1 Timotheüs 3:2, 3, 8, 11). Alle Christene moet dronkenskap vermy en moet nie alkoholiese drank drink terwyl hulle deelneem aan “die heilige werk” om die goeie nuus te verkondig nie.—Romeine 15:16, NW; Spreuke 23:20, 21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel