Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 2/15 bl. 21
  • ’n Ingewikkelde toegang tot God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Ingewikkelde toegang tot God
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Is Maria die moeder van God?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • “Kyk! Jehovah se slavin!”
    Volg hulle geloof na
  • Maria (Jesus se moeder)
    Redenering uit die Skrif
  • Die maagd Maria – Wat sê die Bybel oor haar?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 2/15 bl. 21

’n Ingewikkelde toegang tot God

“EK IS die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”, het Jesus Christus gesê. Hy het bygevoeg: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.”—Johannes 14:6; 16:23.

Maar die godsdienste van die Christendom, en veral die Rooms-Katolieke Kerk met sy leerstellings oor die helse vuur, vaevuur en die Drie-eenheid, saai al eeue lank verwarring oor “die weg”. Jesus is uitgebeeld, nie as die gewillige voorspraak vir die sondige mens nie, maar as ’n suigling op die skoot of as ’n vreesinboesemende regter, wat eerder sondaars veroordeel en straf as om hulle te red. Hoe kan ’n sondaar God dan nader?

Die boek The Glories of Mary (1750) verduidelik. Die 13de-eeuse pous Innocentius III het Jesus met die verskroeiende son van geregtigheid vergelyk en gesê: “Wie ook al in die nag van sonde verkeer, hy moet sy oë na die maan ophef, hy moet sy smeekgebede tot Maria rig.” In die vorm van Maria, die moeder van Jesus, is ’n ander bemiddelaar versin. Deur haar gewaande moederlike invloed kan daar genade van Jesus en van God verkry word. In die woorde van Laurence Justinianus, ’n 15de-eeuse geestelike, het Maria dus “die leer na die paradys, die hemelpoort, die waaragtige middelares tussen God en die mens” geword.

As gevolg van al die verering wat aan haar gegee is, is sy mettertyd nie meer net as die “Maagd Maria” beskou nie, maar het sy die “Heilige Koningin, Moeder van Genade” geword en is sy as so rein en verhewe voorgehou dat sy ook té heilig geword het om regstreeks genader te word. Kon daar nog ’n voorspraak gevind word? Wat van haar moeder?

Aangesien die Bybel niks oor hierdie onderwerp sê nie, het hulle elders na ’n antwoord gesoek. Die apokriewe boek Protevangelium Jakobus vertel die verhaal van Anna, die vrou van Joagim, wat na baie huweliksjare nog kinderloos was. Eindelik het ’n engel aan haar verskyn en gesê dat sy ’n kind sou baar. Mettertyd het sy na bewering die moeder van die “Maagd Maria” geword.

So het daar ’n “Sint” Anna-kultus ontstaan. Pelgrimsoorde en kerke is ter ere van haar gebou. Die verering van “Sint” Anna het in die 14de eeu iets algemeens in Europa geword.

“Hoe ingewikkeld het godsdiens tog nie geword nie!” sê die boek The Story of the Reformation. “Mense het tot Anna gebid wat voorspraak gedoen het by Maria wat voorspraak gedoen het by haar Seun wat voorspraak gedoen het by God vir sondige mense. Dit is vergesog, maar dít is die soort bygeloof waarmee die mense se siele gevoed is.” Hier is dus nog ’n geval waar Jesus se woorde tereg geld: “So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorleweringe.”—Markus 7:13.

[Foto-erkenning op bladsy 21]

The Metropolitan Museum of Art, Bequest of Benjamin Altman, 1913. (14.40.633)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel