Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/15 bl. 28
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die bekamping van misdadigheid
  • Wie is verantwoordelik?
  • ’n Ware doder
  • Wat sê die Bybel oor woede?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hoe om woede—joune en ander s’n—die hoof te bied
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Woede—Wat is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Beheers jou gees!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/15 bl. 28

Insig in die nuus

Die bekamping van misdadigheid

Ondanks politici se kampanjebeloftes van beter wetgewing oor misdadigheid in die Verenigde State het die ABA (Amerikaanse Balievereniging) onlangs erken dat misdadigheid buite beheer is en dat die strafregstelsel dit eenvoudig nie kan stuit nie. Die ABA het geskat dat 34 miljoen misdade in 1986 gepleeg is, maar federale studies toon dat “slegs ’n paar honderdduisend tot straftyd gelei het”, berig The New York Times. Daarbenewens beweer die ABA dat die meeste misdade nie by die polisie aangemeld word nie. Ten spyte hiervan is die tronke tot oorlopens toe vol, en die howe word toegegooi met strafsake. Die studie het erken dat “daar geen realistiese hoop is dat misdadigheid ooit deur meer vervolging en opsluiting gestuit kan word nie”, sê die Times.

Hoewel ’n gefrustreerde publiek hierdie erkenning dalk skokkend vind, is dit nie die geval met ingeligte Bybelstudente nie. Eeue gelede het die apostel Paulus voorspel dat “goddelose mense . . . sal voortgaan van kwaad tot erger” in “die laaste dae” van hierdie huidige stelsel (2 Timotheüs 3:1, 13). Maar God kan doen wat die mens nie kan doen nie. Hy belowe dat die goddeloses ‘uit die land uitgeroei sal word’.—Spreuke 2:22.

Wie is verantwoordelik?

Toe vlug 103 van Pan American World Airways verlede Desember in die lug bokant Lockerbie, Skotland, ontplof het, is al 258 passasiers dood. Elf inwoners van Lockerbie het ook gesterf toe wrakstukke op ’n paar wonings neergestort het. Familie sowel as vriende het getreur oor dierbares wat in die skokkende lugramp dood is. Is God verantwoordelik vir hierdie tragedie?

Een Katolieke biskop in Skotland dink blykbaar so. Volgens The New York Times het hy in sy preek by die Katolieke Kerk van die Heilige Drie-eenheid gesê: “Vader, as U die God van liefde is, waarom het U dit laat gebeur? Waarom het U toegelaat dat honderde onskuldige lewens uitgewis word? . . . En waarom laat U toe dat soveel mense gebuk gaan onder die wrede, tragiese las om dierbares aan die dood af te staan?”

Moet God werklik vir sulke lyding geblameer word? Volgens die ondersoekspan is bewyse in die wrak gevind wat op sabotasie deur ’n terroristebom gedui het. Moet God verantwoordelik gehou word vir die leed wat ander aangedoen word wanneer mense teen mekaar veg om hulle eie selfsugtige belange te bevorder? Nee! Dit is te verwagte dat mense nie immuun is teen die gevolge van hulle dade nie. Die apostel Paulus het geskryf: “Net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Galasiërs 6:7). En wat die onskuldige slagoffers van die wrede en onverantwoordelike dade van ander betref, sê Prediker 9:11 dat ‘tyd en lotgeval hulle almal tref’. ’n Mens word derhalwe dalk beseer of verloor dalk selfs sy lewe, nie omdat God wil hê dat die mens moet ly nie, maar omdat hy toevallig op die kritieke tyd op die verkeerde plek is.

’n Ware doder

Deskundiges het jare lank geglo dat mense wat aggressief is en altyd haastig is die belangrikste kandidate vir hartaanvalle is. Maar nuwe bewyse gee nou te kenne dat woede, nie ongeduld nie, die ware doder kan wees. Dr. Redford Williams jr., aan die Duke-Universiteit se Mediese Sentrum, het verduidelik dat dit “nie noodwendig sleg vir jou hart” is as jy haastig of ’n werkslaaf is nie, berig die New York Post. Williams het daarop gewys dat “dit sleg is as jy hoë vlakke van vyandigheid en woede het en nie die moeite doen om dit weg te steek wanneer jy met ander mense te doen kry nie”. Diegene wat “gou kwaad word” en ander se motiewe in twyfel trek, loop glo ’n hoë risiko om ’n hartaanval te kry. “Hulle word dikwels kwaad en toon hulle misnoeë openlik, pleks van dit in toom te hou”, sê die Post.

Bybelstudente is lank reeds bekend met die slegte gevolge van woede. Wyse koning Salomo het eeue gelede geskryf: “Wie kort van draad is, begaan dwaashede” en “’n humeurige mens soek skoor”. Maar “’n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld” (Spreuke 14:17, NAV; 15:18, NAV). Diegene wat verstandig is en Bybelse raad volg, kan die risiko van hartkwaal verminder. God se Woord is waar: “’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet ’n mens op.”—Spreuke 14:30, NAV.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel