Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/15 bl. 26-27
  • ’n Katolieke dilemma

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Katolieke dilemma
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Staan Satan teë, en hy sal vlug!
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Die Duiwel—Nie net bygelowigheid nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • “Staan die Duiwel teë”, soos Jesus gedoen het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/15 bl. 26-27

’n Katolieke dilemma

DIE Katolieke Kerk staan tans voor twee probleme in verband met die Duiwel. Aan die een kant moet dit stry teen ’n neiging onder hedendaagse Katolieke om aan die Duiwel se bestaan te twyfel. Aan die ander kant moet dit aandag gee aan ’n vloedgolf nie-amptelike beswerings of duiweluitdrywings.

Pous Johannes Paulus II het Katolieke jeugdiges daaraan herinner dat hulle die Duiwel ernstig moet neem. Hy het in ’n brief geskryf: “Julle moenie bang wees om die eerste werker van verdorwenheid by sy naam te noem nie: die Bose. Hy het nog altyd die taktiek gebruik om homself nie te openbaar nie, en hy gebruik dit steeds.”

Kardinaal Joseph Ratzinger, prefek van die Heilige Gemeente vir die Leer van die Geloof, in Rome, het eweneens verklaar: “Wat die minder oordeelkundige teoloë ook al mag sê, die duiwel is, wat die Christelike opvatting betref, ’n raaiselagtige maar werklike, persoonlike teenwoordigheid en nie bloot ’n simboliese nie. Hy is ’n magtige werklikheid.”

Kardinaal Ratzinger het ook groot besorgdheid uitgespreek oor die ongemagtigde Satan-verwante vergaderinge wat in baie lande deur Katolieke gehou word. In ’n brief gedateer 29 September 1985, gerig aan alle Katolieke biskoppe wêreldwyd, het hy geskryf: “In sekere kerklike kringe word daar al etlike jare lank al hoe meer bidure gehou met die doel om mense van demoninvloed te verlos.” Hy het die biskoppe daaraan herinner dat, volgens die kerkreg, geen vergadering gehou kan word sonder die uitdruklike toestemming van die plaaslike biskop nie en dat sulke toestemming slegs aan priesters verleen mag word. Geen leek het die reg om “die besweringsformule teen Satan en sy gevalle engele” uit te spreek nie.

Die Franse dagblad Le Figaro het berig: “Die ‘oplewing’ in duiweluitdrywing en anti-sataniese aktiwiteite het gedurende die afgelope paar maande in Italië sterk na vore gekom, veral in Turyn, waar kardinaal Anastasio Ballestrero pas ses nuwe duiweluitdrywers aangestel het.” Die Paryse dagblad International Herald Tribune het die saak wêreldwye omvang gegee en geskryf: “Die belangstelling in Satan se moontlike teenwoordigheid in Turyn maak slegs deel uit van ’n meer uitgebreide bespreking binne die Rooms-Katolieke Kerk oor die verpersoonliking van kwaad, waarvan in die Bybel en kerkleringe gepraat word as ‘die vors van hierdie wêreld’, ‘die mag van die duisternis’, ‘die ou slang’, die ‘lasteraar’.”

’n Lid van die Franse Akademie, Jean Dutourd, het ’n paar interessante opmerkings gemaak oor hedendaagse bedenkinge, selfs onder Katolieke biskoppe, omtrent Satan se bestaan. Hy het in die Franse dagblad L’Est-Républicain geskryf: “Geloof in God word deesdae taamlik sterk afgekeur, maar dit word min of meer verdra. Geloof in die Duiwel word egter as geheel en al belaglik beskou. Die blote melding van die naam Satan . . . is hoogs amuserend vir intellektuele, die bourgeoisie, politici en, sonder twyfel, ook vir ’n aansienlike aantal biskoppe. Hul gelag verbaas my te meer omdat dit wil voorkom of die Duiwel sedert 1914 buitengewone aandag aan ons skenk.”

Waarom is dit nodig dat Katolieke, selfs sekere geestelikes, deur die pous en ander daaraan herinner moet word dat Satan werklik bestaan? Is dit nie omdat die kerk eeue lank meer klem gelê het op tradisie, filosofie en onbewese wetenskaplike teorieë as op die Bybel nie?

Die vermelding hierbo van 1914 is inderdaad gepas. Daardie jaar word deur Bybelprofesie aangedui as die begin van “die laaste dae” wanneer die Duiwel, as “die owerste van die wêreld”, sy laaste groot poging gaan aanwend om die ganse mensdom te verderf (2 Timotheüs 3:1; Johannes 14:30). Soos ’n Katolieke Bybelvertaling dit stel: “Rampspoed kom—want die duiwel het na julle neergedaal in woede, wetende dat hy min tyd oor het.” Opregte Katolieke sal goed vaar indien hulle die Bybel se getuienis aanvaar. Waarom? Omdat wêreldtoestande vandag bewys dat “die koninkryk van God naby is”.—Openbaring 12:7-12; Lukas 21:25-31, The New Jerusalem Bible.

Aangesien daardie Koninkryk belowe om ’n einde aan alle ongeregtigheid en die gevolge daarvan te maak, is die verwydering van die Duiwel en sy ondersteuners ophande. Maar net mense wat erken dat die Duiwel bestaan, kan sy heerskappy weerstaan en op oorlewing hoop. Hoe? Nie deur duiweluitdrywing nie maar eerder, soos die apostel Paulus geskryf het, deur “die volle wapenrusting van God” aan te trek. Ja, God se Woord sê duidelik: “Weerstaan die Duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”—Efesiërs 6:11-18; Jakobus 4:7.

[Prent op bladsy 26]

Die duiwel en sy demone is neergewerp na die omgewing van die aarde.—Openbaring 12:9, 12

[Foto-erkenning op bladsy 26]

Picture Book of Devils, Demons and Witchcraft/Ernst en Johanna Lehner/Dover

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel