Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/15 bl. 29
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal jy baat vind by God se verbonde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Verbonde waarby God se ewige voorneme betrokke is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Julle sal “’n koninkryk van priesters” word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Groter seëninge deur middel van die nuwe verbond
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/15 bl. 29

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring van praktiese waarde gevind? Toets dan gerus jou geheue met die volgende:

▫ Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat niemand sy dissipel kan word tensy hy ‘sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe, haat nie’? (Lukas 14:26).

Jesus het nie bedoel dat een van sy volgelinge sy familie of sy eie lewe letterlik moet haat nie. Hy het eerder bedoel dat ’n dissipel ander of sy eie lewe minder moet liefhê as wat hy Jesus liefhet.—1/1, bladsy 8.

▫ Wat is drie basiese faktore wat die vroeë sowel as die hedendaagse Getuiesendingwerk doeltreffend gemaak het?

Een faktor is persoonlike kontak met die mense by hulle huise. ’n Ander is die reguit en eenvoudige, Bybelse Koninkryksboodskap. ’n Derde faktor is die Christelike liefde wat sendelinge in hulle omgang met mense aan die dag lê.—1/1, bladsy 14.

▫ Waarom het God die Wetsverbond tydelik by die Abrahamitiese verbond bygevoeg?

Die Wetsverbond het bewys dat die Israeliete sondaars was wat ’n permanente priester en ’n volmaakte offerande nodig gehad het. Dit het die geslag van die Saad beskerm en gehelp om die Saad te identifiseer. Dit het ook getoon dat God eendag ’n nasie van koning-priesters sou hê.—2/1, bladsy 16.

▫ Wat is sewe progressiewe goddelike verbonde wat ewige seëninge vir ons almal tot gevolg het?

Die verbond in Eden, die Abrahamitiese verbond, die Wetsverbond, die verbond om ’n priester soos Melgisedek te wees, die Dawidiese Koninkryksverbond, die nuwe verbond en die Koninkryksverbond.—2/1, bladsy 19.

▫ Word die aanspraak dat die Bybel die Woord van God is deur die duisende variasies in Bybelmanuskripte verswak?

Nee. Bybelkenners deel ons mee dat feitlik al hierdie afwykings van min belang vir die teks is. Hulle versterk bloot die bewys van die egtheid van die Skrif (Psalm 119:105; 1 Petrus 1:25).—2/1, bladsye 29, 30.

▫ Waaraan is die woord “agnosties” ontleen, en hoe word dit in die Bybel gebruik?

“Agnosties” is ontleen aan die Griekse woord aʹgno·stos, wat “onbekend” beteken. Paulus het ’n vorm daarvan in sy toespraak aan die Atheners gebruik toe hy gepraat het van ’n heidense altaar wat toegewy is “Aan ’n onbekende God” (Handelinge 17:23).—2/15, bladsy 5.

▫ Hoe moet ons optree wanneer sommige skriftuurlike riglyne skynbaar op verskillende maniere vertolk kan word?

Ons moet dieselfde nederige ontvanklikheid as die vroeë Christene openbaar en besluite en riglyne van God se gemeente aanvaar (Handelinge 15:6-29).—2/15, bladsy 20.

▫ Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het: “Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle julle in die ewige tente kan ontvang”? (Lukas 16:9).

Ons moet enige rykdom wat ons het vlytig gebruik om Koninkryksbelange te steun en sodoende vriendskap met Jehovah en sy Seun aan te kweek. Hulle is die enigstes wat vir ons ’n plek in die hemel of op ’n paradysaarde kan voorsien wanneer materiële rykdom faal of vergaan.—3/1, bladsy 9.

▫ Watter drie dinge word van ons vereis as ons by die insig wil baat vind wat Jehovah beskikbaar maak?

Ons moet Jehovah se organisasie waardeer; ons moet God se Woord gereeld bestudeer, asook die hulpe wat voorsien word om ons te help om dit te verstaan; en ons moet peins oor wat ons geleer het en hoe ons dit in ons daaglikse lewe gaan toepas.—3/15, bladsy 14.

▫ Waarom het die nasie van eertydse Israel met ernstige gebrek aan insig opgetree?

Hulle het nie met waardering gepeins oor al die dinge wat Jehovah vir hulle gedoen het nie (Psalm 106:7, 13, NW).—3/15, bladsy 17.

▫ Wat stel “die leërs van perderuiters” in Openbaring 9:16 voor?

Hierdie simboliese perde stel nie net die slinkende getal gesalfde oorblyfsel voor nie, maar ook die toenemende en magtige “groot menigte” “ander skape” (Openbaring 7:9; Johannes 10:16).—4/1, bladsy 19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel