Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/15 bl. 9
  • Hy het ‘swaar pakke’ lig gemaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het ‘swaar pakke’ lig gemaak
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Matteus 11:28-30 – “Kom na My toe, . . . en Ek sal julle rus gee”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • “My juk is sag en my vrag is lig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • ‘Vind verkwikking vir julle siel’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • “Kom na my toe, . . . en ek sal julle verkwik”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/15 bl. 9

Hy het ‘swaar pakke’ lig gemaak

JESUS het van die skrifgeleerdes en Fariseërs gesê: “Hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie” (Mattheüs 23:4). As bewys hiervan lees ons die volgende in A Dictionary of the Bible, geredigeer deur James Hastings:

“Die skrifgeleerdes was nie filosowe nie; hulle was verklaarders van die heilige Wet. . . . Elke aspek van die lewe is daardeur beheer. . . . Elke Bybelse gebod was omring deur ’n netwerk beuselagtige regulasies. Daar was geen vergunning vir veranderende omstandighede nie; volkome gehoorsaamheid aan die wet tot in die kleinste besonderhede is meedoënloos van elke Jood verwag. Die voorskrifte van die ‘Halaka’ of Tradisionele Wet is by dié van die Skriftelike Wet gevoeg, en dit is as ’n heilige pand van geslag tot geslag oorgedra, en eindelik in die Talmoed omvat. . . . So is daar ’n poging aangewend om elke denkbare geval binne die raamwerk van die Wet te plaas, en elke aspek van menslike gedrag met meedoënlose logika deur middel van streng, praktiese reëls te beheer. Wetlike besonderhede is vermenigvuldig totdat godsdiens ’n ambag geword het, en die lewe ’n ondraaglike las. Mense is verlaag tot morele robotte. Die stem van die gewete is onderdruk; die lewende krag van die Goddelike woord is geneutraliseer en gesmoor onder ’n magdom ewigdurende reëls. Vandaar die Here se beskuldiging teen die Fariseërs, dat hulle oorlewering die Wet kragteloos gemaak het.”

Hoe bemoedigend moes dit tog vir nederige, opregte mense gewees het om uit te vind dat die Seun van God aanbidding nie so beskou het nie! Hoe bly moes sy volgende woorde hulle tog gemaak het: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig”!—Mattheüs 11:28-30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel