Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/15 bl. 7-8
  • Kan ons die regte een vind?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan ons die regte een vind?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Lyn ware aanbidders
  • Die Christelike godsdiens
  • Hoe om die ware geloof te vind
  • Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Het jy die regte godsdiens gevind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Is enige godsdiens goed genoeg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Skep God behae in alle godsdienste?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/15 bl. 7-8

Kan ons die regte een vind?

AS ONS weet waar al hierdie godsdiensverskeidenheid sy ontstaan gehad het, word dit makliker om die vraag te beantwoord: Watter is die regte geloof? Die ware geloof moet klaarblyklik die een wees wat nie teruggespoor kan word na daardie antieke opstand teen die ware Bron van lewe nie.

Die Encyclopedia of World Religions lewer ’n interessante kommentaar wat ons hier kan help. Dit sê: “Die gelowe van die wêreld kan min of meer in twee groepe verdeel word—die profetiese en die mistiese. . . . die profetiese [kom oorspronklik] van die Jode.”

Volgens die Bybelse verslag het die voorouers van die Jode nie deelgeneem aan die opstand by Babel teen die ware Bron van die lewe nie. Hulle voorouers sluit manne soos Sem, Abraham, Isak en Jakob in, wat bekend was daarvoor dat hulle by die suiwer aanbidding van God gebly het. Trouens, Abraham word “Jehovah se vriend” genoem. “Jehovah” is die naam van die ware God (Exodus 6:3, NW; Psalm 83:18, NW; Jakobus 2:23, NW). Aanbid enigiemand Jehovah vandag op die manier wat Abraham hom aanbid het?

’n Lyn ware aanbidders

As gevolg van Abraham se getrouheid het Jehovah God beloof dat sy nageslag mettertyd ’n spesiale nasie in Sy oë sou word. Hierdie belofte is deur die eertydse Israeliete vervul. Hulle het God hoor sê: “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.”—Exodus 19:5.

Die aanbidding van Jehovah is baie jare lank op aarde lewend gehou deur middel van die Jode, alhoewel hulle dikwels in sonde en afvalligheid verval het. Jehovah het nietemin herhaaldelik vir hulle gesê dat hy ’n spesiale boodskapper sou stuur wat redding vir die mensdom sou bewerk. Na 1 500 jaar het hy verskyn. Dit was Jesus Christus.

Maar ongelukkig het die Jode ver van Jehovah afgedwaal teen die tyd dat Jesus gekom het. Hulle het steeds bely dat hulle hom aanbid, maar Jesus het vir party van hulle godsdiensleiers gesê: “So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering” (Mattheüs 15:1, 6). Omdat die Jode Jesus teëgestaan het, is hulle deur God verwerp. Jesus het hulle gewaarsku: “Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.”—Mattheüs 21:43.

Die Christelike godsdiens

Daardie “volk” was toe die Christengemeente. Dit was die persone wat Jesus Christus aanvaar het toe die Jode oor die algemeen hom verwerp het, en God het die lojale persone as gevolg van hulle geloof geseën. Kort na Jesus se dood het God Jesus se ware volgelinge in staat gestel om in vreemde tale te spreek—nie in sinlose brabbeltaal nie, maar in werklike tale wat ander kon verstaan. Genesingswerke, opstandings en ander wonderwerke het gewig verleen aan die feit dat hulle inderdaad die “volk” was wat God gebruik het.—Hebreërs 2:4; vergelyk Handelinge 2:1-4; 3:1-10; 9:32-41; 20:7-12.

Jy sê dalk: ‘Maar die Christelike gelowe is vandag tog net so verward soos die res van die wêreld se gelowe. Honderde groepe noem hulself Christene, en tog verskil hulle van mekaar en weerspreek hulle mekaar. Hoe het dit ontstaan?’

Die geskiedenis toon dat baie Christene presies gedoen het wat die Jode gedoen het. Hulle het afvallig geword. Hulle het Jesus se boodskap met leerstellings van ander gelowe vermeng. Hulle het gevolglik begin om leerstellings te verkondig soos die een dat daar drie persone in een god is (die Drie-eenheid), wat ’n nie-Christelike en nie-Joodse oorsprong het.

Waar kom daardie leerstelling in werklikheid vandaan? Omtrent die Drie-eenheid het een geleerde geskryf: “Die woord ‘Drie-eenheid’ verskyn nêrens in die Nuwe Testament nie. Die gedagte is eers driehonderd jaar na die dood van onse Here deur die Kerk aanvaar; en die oorsprong van die begrip is geheel en al heidens” (The Paganism in Our Christianity, deur Arthur Weigall). Dieselfde kan gesê word van die leerstelling oor die onsterflike siel, die algemene gebruik van beelde, die gewildheid van sterrewiggelary en die talle ander bekende leerstellings en gebruike van die Christendom. Hulle kan nie teruggespoor word na die oorspronklike aanbidding van die ware Bron van die lewe nie, maar na daardie antieke godsdiensopstand in Mesopotamië.

Maar nie alle Christene is verdorwe nie. Jesus self het teen hierdie afval gewaarsku, maar beloof dat die ware geloof reg tot die einde toe sou voortbestaan (Mattheüs 13:18-30). Hoe kan ons dit dan vandag vind?

Hoe om die ware geloof te vind

Jesus het ’n reël gegee om die ware geloof uit te ken. Hy het gesê: “So dra elke goeie boom goeie vrugte.” Slegte vrugte sou die valse geloof identifiseer, en goeie vrugte die ware.—Mattheüs 7:15-20.

Wat is die vrugte wat die ware geloof sou voortbring? Die bygaande lys bevat ’n paar van daardie vrugte wat in die Bybel gemeld word. As jy hierdie lys vergelyk met al die gelowe waarvan jy weet, is ons seker dat jy gou sal sien wie die waarheid het en wie nie.

Maar jy sal die lys noukeurig moet bestudeer. Jy sal byvoorbeeld opmerk dat een kenmerk van die ware geloof ‘ware liefde’ is. Die meeste gelowe sê dat hulle sulke liefde het. Maar het hulle mekaar werklik lief as kullery in saketransaksies, onsedelikheid of selfsug algemeen onder die lidmate van ’n geloof voorkom? En hoe eg is hulle liefde as hulle bereid is om mekaar in revolusies of oorloë dood te maak? Nog ’n kenmerk is dat ‘al hulle opvattings op die Bybel gebaseer moet wees’. Die lidmate van die meeste kerke in die Christendom dink natuurlik dat dit met hulle geloof die geval is. Maar weet jy van ’n geloof waar al die lidmate die moeite gedoen het om hulle Bybels oop te slaan om te sien of dit van hulle opvattings waar is?

As jy enige probleme in jou soektog ondervind, sal Jehovah se Getuies jou met graagte help.

Dit is voorwaar die moeite werd om na die ware geloof te soek. Die mens is instinktief bewus van die behoefte aan ’n beter lewe as die een wat hy nou lei. Die ware geloof kan ons na daardie lewe lei. Dit is natuurlik om vrae te stel soos: “Waarom is ons hier?” “Wat is die doel van die lewe?” Die ware geloof kan ons in aanraking bring met die Bron van alle lewe, Jehovah God, wat daardie vrae vir ons sal beantwoord. Daarbenewens het ons almal soms voorligting dringend nodig om die probleme op te los waarmee ons van dag tot dag te kampe het. Die ware geloof kan ons daardie voorligting gee.

Ja, daar is ’n ware geloof, en ons kan dit vind. As ons dit doen, sal dit ewige voordele meebring, want die Bybel belowe: “Die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.”—Psalm 34:11.

[Venster op bladsy 8]

KENMERKE VAN DIE WARE GELOOF

◻ Die ware aanbidders het ware liefde onder mekaar.—Johannes 13:35.

◻ Al hulle opvattings is op die Bybel gebaseer.—Johannes 17:17; 2 Timotheüs 3:16, 17.

◻ Hulle bid dat God sy naam moet heilig.—Mattheüs 6:9; Psalm 83:18, NW.

◻ Hulle verkondig God se koninkryk in die hele wêreld.—Mattheüs 24:14.

◻ Hulle raak nie betrokke by die wêreld se aangeleenthede nie.—Jakobus 1:27; Johannes 17:14.

◻ God se koninkryk en geregtigheid kry voorkeur in hulle lewe.—Mattheüs 6:33.

◻ Hulle kweek die vrug van God se gees aan.—Galasiërs 5:22.

◻ Hulle gehoorsaam alle mensewette wat nie met God se wet bots nie.—Romeine 13:1-7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel