Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/15 bl. 10
  • Sonderlinge maniere om die geldkiste te vul

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sonderlinge maniere om die geldkiste te vul
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan jy godsdiens vertrou wanneer dit kom by geld?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/15 bl. 10

Sonderlinge maniere om die geldkiste te vul

PREKE van die kansel af waarin daar om geld gevra word, is niks nuuts nie. Maar inflasie en suinigheid tref die kerke klaarblyklik so hard dat geestelikes oral kliphard soek na maniere om hulle geldkiste te vul. Hier is ’n paar van die sonderlinger maniere.

As gevolg van die arbeid en onkoste om elke week 1 600 kollektebriewe uit te stuur, het ’n Katolieke kerk in Dubuque, Iowa, nou ’n reëling waarvolgens gemeentelede hulle bank kan vra om gereeld geld uit hulle tjekrekening te haal en aan die kerk te stuur. Vir diegene wat ongemaklik voel omdat hulle niks tydens dienste in die kollekteborde gooi nie, het die kerk plastiekkaarte wat sê dat hulle aftrekorders het. Hulle kan dan die plastiekkaarte in die kollekteborde sit.

’n Predikant in Phoenix, Arizona, het hierdie interessante brief aan elkeen op sy poslys gestuur: “Val die duiwel jou of een van jou dierbares lastig? God het vir my getoon hoe om te keer dat die duiwel jou lastig val. Ek het ’n Moenie-steur-nie-teken met die 91ste Psalm daarop voorberei wat jy kan gebruik om te verhinder dat die duiwel jou kwel. Beproef God NOU met ’n offer van ten minste $20.” Om sake te vergemaklik, sê die instruksies: “Vul die ingeslote gebedevel met die Moenie-steur-nie-teken daarop in en stuur dit vandag aan my terug. . . . Ek sal jou Moenie-steur-nie-teken sewe dae en sewe nagte lank op die deur van my Wondergebedetuin hang. Dan sal ek dit aan jou terugstuur as ’n herinnering dat die duiwel verslaan is en jou nie kan lastig val nie. Moenie langer wag . . . om jou offer van $20 in te stuur nie.”

’n Invloedryke Baptistekerk in Dallas, Texas, stuur op ernstige finansiële krisisse af. Dit skuld R10,3-miljoen op vier geboue in die middestad. Om “die kerk te bevry van die moordende $1,4-miljoen wat ons jaarliks aan rente moet betaal” het die predikant die lidmate aangespoor om te help om ’n parkeergebou van R7,5-miljoen met plek vir 1 100 motors af te betaal. “Daar is ’n toenemende behoefte aan parkeerplek” het die predikant in ’n emosionele “bevrydingsversoek” gesê. “Hierdie gebou is ’n seën van God. . . . Koop ’n parkeerplek vir $7 000 en betaal daarvoor. Party sal verskeie koop, ander net ’n deel. Gee enigiets net sodat dit ’n offerande kan wees.”

In Nairobi, Kenia, was lidmate van ’n Anglikaanse kerk geskok toe hulle predikant vir hulle gesê het dat bydraes in die vorm van kopermuntstukke nie langer aanvaarbaar is nie. Hy het op silwer aangedring. In sy preek het die predikant vir die gemeente gesê dat daar besluit is dat geen ware Christen kopermuntstukke aan God moet gee nie.—Vergelyk Lukas 21:1-4.

Hoe verskil al hierdie planne om geld te maak tog van wat die apostel Paulus vir die eerste-eeuse Christengemeente in Korinthe, Griekeland, gesê het. “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie,” het hy gesê, “want God het ’n blymoedige gewer lief.”—2 Korinthiërs 9:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel