Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 9/15 bl. 2-7
  • Skep God behae in alle godsdienste?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Skep God behae in alle godsdienste?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Herken aan hulle vrugte
  • Wees versigtig
  • Kyk na die vrugte
  • ’n Tyd om daadwerklik op te tree
  • Is jou godsdiens werklik vir God welgevallig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die einde van valse godsdiens is op hande!
    Die einde van valse godsdiens is op hande!
  • Het jy die regte godsdiens gevind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 9/15 bl. 2-7

Skep God behae in alle godsdienste?

Dink jy dat alle godsdienste God behaag? Waarskynlik spoor elke godsdiensvorm waarmee jy bekend is mense, ten minste in sekere mate, tot goeie gedrag aan. Maar is dít genoeg om God te behaag?

PARTY sê: ‘Wees net opreg wat jou aanbidding betref, en jy sal God behaag. Daar is iets goeds in alle godsdienste.’ Die Bahaïs-godsdiens het byvoorbeeld hierdie beskouing in so mate aangeneem dat dit die nege vernaamste godsdienste van die wêreld in sy opvattings opgeneem het. Hierdie godsdiensgroep meen dat al hierdie godsdienste van Goddelike oorsprong en fasette van een waarheid is. Hoe kan dit die geval wees?

Daarbenewens het jy rede om te wonder hoe ’n godsdiens God kan behaag wanneer hy sy lidmate beveel om senuweegas op openbare plekke vry te stel, met die moontlikheid dat baie mense gedood sal word. Dit is die aanklag wat teen een godsdiensgroep in Japan ingebring is. Of skep God behae in ’n godsdiens wat sy lidmate aanmoedig om selfmoord te pleeg? ’n Paar jaar gelede het dit met die volgelinge van die godsdiensleier Jim Jones gebeur.

As ons op vroeëre tye terugkyk, kan ons ons tereg afvra: Kan godsdienste God behaag wanneer hulle oorlogvoering aanstook, soos in die geval van die Dertigjarige Oorlog, wat van 1618 tot 1648 gevoer is? Volgens The Universal History of the World was daardie godsdiensstryd tussen Katolieke en Protestante “een van die verskriklikste oorloë in die geskiedenis van Europa”.

Die godsdienskruistogte van die 11de tot die 13de eeu het ook tot verskriklike bloedvergieting gelei. In die eerste Kruistog het die sogenaamd Christelike kruisvaarders byvoorbeeld die Moslem- en Joodse inwoners van Jerusalem wreed vermoor.

Dink ook aan wat gedurende die Inkwisisie gebeur het, wat in die 13de eeu begin en ongeveer 600 jaar geduur het. Duisende is op bevel van godsdiensleiers gemartel en lewend verbrand. In sy boek Vicars of Christ—The Dark Side of the Papacy sê Peter De Rosa: “In die naam van die pous was [die inkwisiteurs] verantwoordelik vir die barbaarsste en mees volgehoue aanslag op menswaardigheid in die geskiedenis van die [mense]ras.” Aangaande die Dominikaanse inkwisiteur Torquemada van Spanje sê De Rosa: “Hy is in 1483 aangestel en het vyftien jaar lank soos ’n tiran geheers. Meer as 114 000 mense, waarvan 10 220 verbrand is, het sy slagoffers geword.”

Die godsdienste van die Christendom is natuurlik nie die enigstes wat bloedskuldig is nie. In sy werk Pensées het die Franse filosoof Blaise Pascal gesê: “Nooit doen mense bose dinge met soveel oorgawe en so gewillig as wanneer hulle dit uit ’n godsdiensoortuiging doen nie.”

Herken aan hulle vrugte

Uit God se oogpunt berus ’n godsdiens se aanneemlikheid nie net op een faktor nie. Die leringe en bedrywighede van ’n godsdiens wat vir hom aanneemlik is, moet ooreenstem met sy geskrewe Woord van waarheid, die Bybel (Psalm 119:160; Johannes 17:17). Die vrugte van aanbidding wat deur God goedgekeur word, moet aan Jehovah God se standaarde voldoen.

In sy Bergpredikasie het Jesus Christus aangedui dat daar profete sou wees wat valslik beweer dat hulle God verteenwoordig. Jesus het gesê: “Pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle toe kom, maar van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle herken. Mense pluk nooit druiwe van dorings of vye van dissels nie, of hoe? Net so bring elke goeie boom goeie vrugte voort, maar elke slegte boom bring waardelose vrugte voort; ’n goeie boom kan nie waardelose vrugte dra nie, en ’n slegte boom kan ook nie goeie vrugte voortbring nie. Elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle daardie mense dan aan hulle vrugte herken” (Matteus 7:15-20). Hierdie woorde toon dat ons geestelik op ons hoede moet wees. Ons dink dalk dat ’n godsdiensleier of -groep vir God en Christus aanneemlik is, maar ons kan verkeerd wees.

Wees versigtig

Al beweer ’n godsdiens dat dit God se goedkeuring wegdra en al lees sy predikante dele uit die Bybel, beteken dit nie dat dit ’n vorm van aanbidding is wat God behaag nie. Sy leiers doen dalk selfs indrukwekkende dinge wat dit laat lyk asof God deur hulle werk. Maar die godsdiens kan steeds vals wees omdat dit nie die vrugte voortbring wat vir God aanneemlik is nie. Die Egiptiese towerpriesters van Moses se dag kon indrukwekkende dinge doen, maar hulle het beslis nie God se goedkeuring gehad nie.—Exodus 7:8-22.

Net soos in die verlede bevorder baie godsdienste vandag die idees en filosofieë van mense in plaas van te bly by wat God sê die waarheid is. Die Bybel se waarskuwing is gevolglik besonder gepas: “Pas op: miskien is daar iemand wat julle as sy prooi sal wegvoer deur die filosofie en leë bedrog volgens die oorlewering van mense, volgens die elementêre dinge van die wêreld en nie volgens Christus nie.”—Kolossense 2:8.

Nadat Jesus oor goeie en slegte vrugte gepraat het, het hy gesê: “Nie elkeen wat vir my sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir my sê: ‘Here, Here, het ons nie in u naam geprofeteer en in u naam demone uitgedryf en in u naam talle kragtige werke verrig nie?’ En tog sal ek dan openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie! Gaan weg van my, julle werkers van wetteloosheid.”—Matteus 7:21-23.

Kyk na die vrugte

Dit is derhalwe duidelik dat dit noodsaaklik is om na die vrugte van ’n godsdiens te kyk voordat ’n mens tot die gevolgtrekking kom dat dit vir God aanneemlik is. Is die godsdiens byvoorbeeld by die politiek betrokke? Let dan op hierdie woorde, wat in Jakobus 4:4 opgeteken is: “Elkeen . . . wat ’n vriend van die wêreld wil wees, maak homself ’n vyand van God.” Jesus het bowendien van sy ware volgelinge gesê: “Hulle is geen deel van die wêreld nie, net soos ek geen deel van die wêreld is nie” (Johannes 17:16). Die godsdiens wat in God se oë goed is, is nie betrokke by die politiek van hierdie wêreld nie, wat ‘in die mag lê van die bose’, die onsigbare geesskepsel Satan die Duiwel (1 Johannes 5:19). Die godsdiens wat deur God goedgekeur word, verkondig eerder lojaal sy Koninkryk in die hande van Jesus Christus, en dit maak die goeie nuus omtrent daardie hemelse regering bekend.—Markus 13:10.

Is ’n godsdiens vir God aanneemlik as dit burgerlike ongehoorsaamheid voorstaan? Die antwoord is voor die hand liggend as ons ag slaan op die apostel Paulus se raad: “Hou aan om hulle daaraan te herinner om onderdanig en gehoorsaam te wees aan regerings en owerhede as heersers, om gereed te wees vir elke goeie werk” (Titus 3:1). Jesus het natuurlik getoon dat sy volgelinge ‘aan Caesar moet terugbetaal wat aan Caesar behoort, maar aan God wat aan God behoort’.—Markus 12:17.

Gestel ’n godsdiens moedig deelname aan die oorloë van die nasies aan. Eerste Petrus 3:11 spoor ons aan om te “doen wat goed is” en om ‘vrede te soek en dit na te streef’. Hoe kan ’n godsdiens God behaag as sy lidmate bereid is om hulle medeaanbidders van ’n ander land in oorlog dood te maak? Lede van die godsdiens wat God se goedkeuring het, weerspieël sy vernaamste eienskap—liefde. En Jesus het gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35). Daardie liefde het niks te doen met die gewelddadige haat wat in die oorloë van die nasies aangewakker word nie.

Die ware godsdiens verander oorlogsugtige mense in liefhebbers van vrede. Dit is voorspel in hierdie woorde: “Hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jesaja 2:4). Diegene wat ware aanbidding beoefen, spoeg nie woorde van haat uit nie, maar gee eerder gehoor aan die gebod: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”—Matteus 22:39.

Diegene wat ware aanbidding beoefen, streef daarna om in ooreenstemming met Jehovah God se hoë standaarde te lewe en weier om ’n onsedelike lewenswyse aan te neem. God se Woord sê: “Wat! Weet julle nie dat onregverdiges God se koninkryk nie sal beërf nie? Moenie mislei word nie. Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of mans wat vir onnatuurlike doeleindes aangehou word of mans wat by mans lê of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of afpersers sal God se koninkryk beërf nie. En tog is dit wat party van julle was. Maar julle is skoon gewas, maar julle is geheilig, maar julle is regverdig verklaar in die naam van ons Here Jesus Christus en met die gees van ons God.”—1 Korintiërs 6:9-11.

’n Tyd om daadwerklik op te tree

Dit is noodsaaklik om die verskil tussen valse en ware aanbidding te onderskei. In die Bybelboek Openbaring word die wêreldryk van valse godsdiens geïdentifiseer as “Babilon die Grote”, ’n simboliese hoer “met wie die konings van die aarde hoerery gepleeg het”. Sy is bloedskuldig en hou ’n goue beker “vol walglike dinge en die onreine dinge van haar hoerery” vas (Openbaring 17:1-6). Niks omtrent haar is vir God aanneemlik nie.

Dit is nóú die tyd om daadwerklik op te tree. Ons liefdevolle Skepper rig hierdie oproep tot opregte mense wat nog in Babilon die Grote is: “Gaan uit haar uit, my volk, as julle nie met haar in haar sondes wil deel nie, en as julle nie ’n deel van haar plae wil ontvang nie.”—Openbaring 18:4.

Maak gerus nader kennis met Jehovah se Getuies as jy aanbidding wil beoefen wat God behaag. Die bygaande tabel noem party van hulle opvattings sowel as die skriftuurlike redes daarvoor. Gaan jou Bybel na om te sien of die opvattings van die Getuies met God se Woord strook. Kyk of hulle godsdiens die soort vrugte voortbring wat jy van ware aanbidding sou verwag. As jy bevind dat dit die geval is, het jy die godsdiens gevind waarin God behae skep.

[Venster op bladsy 5]

WAT JEHOVAH SE GETUIES GLO

OPVATTING BYBELSE GRONDSLAG

God se naam is Jehovah Exodus 6:3, King James Version;

Psalm 83:18, KJ

Die Bybel is God se Woord Johannes 17:17; 2 Timoteus 3:16, 17

Jesus Christus is God se Seun Matteus 3:16, 17; Johannes 14:28

Die mens het nie geëvolueer Genesis 1:27; 2:7

nie, maar is geskep

Die mens sterf weens die Romeine 5:12

eerste mens se sonde

Die siel hou op bestaan by Prediker 9:5, 10; Esegiël 18:4

die dood

Die hel is die mensdom se Job 14:13;

gemeenskaplike graf Openbaring 20:13, vgl. KJ

Die opstanding is die hoop Johannes 5:28, 29; 11:25;

van die dooies Handelinge 24:15

Christus het sy aardse lewe Matteus 20:28; 1 Petrus 2:24;

as die losprys vir 1 Johannes 2:1, 2

gehoorsame mense gegee

Gebede moet slegs tot Matteus 6:9;

Jehovah gerig word deur

Christus Johannes 14:6, 13, 14

Die Bybel se sedewette moet 1 Korintiërs 6:9, 10

gehoorsaam word

Beelde moet nie in Exodus 20:4-6; 1 Korintiërs 10:14

aanbidding gebruik word nie

Spiritisme moet vermy word Deuteronomium 18:10-12;

Galasiërs 5:19-21

Bloed mag nie in ’n mens Genesis 9:3, 4;

se liggaam ingeneem word

nie Handelinge 15:28, 29

Jesus se ware volgelinge Johannes 15:19; 17:16;

bly afgeskeie van die Jakobus 1:27; 4:4

wêreld

Christene getuig en Jesaja 43:10-12;

verkondig die goeie nuus Matteus 24:14; 28:19, 20

Doop deur algehele Markus 1:9, 10; Johannes 3:22;

onderdompeling in water Handelinge 19:4, 5

simboliseer toewyding

aan God

Godsdienstitels is Job 32:21, 22, NW;

onskriftuurlik Matteus 23:8-12

Ons lewe in “die tyd van Daniël 12:4; Matteus 24:3-14;

die einde” 2 Timoteus 3:1-5

Christus se teenwoordigheid Matteus 24:3; Johannes 14:19;

is onsigbaar 1 Petrus 3:18

Satan is hierdie wêreld se Johannes 12:31; 1 Johannes 5:19

onsigbare heerser

God gaan die huidige Daniël 2:44;

goddelose stelsel van Openbaring 16:14, 16; 18:1-8

dinge vernietig

God se Koninkryk in die Jesaja 9:5, 6; Daniël 7:13, 14;

hande van Christus sal Matteus 6:10

in regverdigheid oor die

aarde heers

’n “Klein kuddetjie” gaan Lukas 12:32;

saam met Christus in die Openbaring 14:1-4; 20:4

hemel regeer

Ander wat deur God Lukas 23:43; Johannes 3:16;

goedgekeur word, sal die Openbaring 21:1-4

ewige lewe op ’n

paradysaarde ontvang

[Prent op bladsy 4]

Duisende is gedurende die Inkwisisie vermoor

[Prent op bladsy 6]

Die Kruistogte het tot verskriklike bloedvergieting gelei

[Prent op bladsy 7]

Die ware godsdiens word aan sy goeie vrugte herken

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Voorblad: Garo Nalbandian

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel