Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 3/1 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar verrig die “groot menigte” heilige diens?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Die teregstelling van die “Groot hoer” kom nader
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • ’n Talryke groot menigte
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • ’n Groot menigte wat heilige diens verrig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 3/1 bl. 30

ONTHOU JY?

Het jy noukeurig aandag geskenk aan die gedagtes wat in onlangse nommers van “Die Wagtoring” bespreek is? Dan sal jy ongetwyfeld die volgende onthou:

• Waarom beteken die feit dat die “groot menigte” God in die “na·osʹ” of “tempel” dien nie dat hulle ’n hemelse bestemming het nie?

Die Griekse woord “na·osʹ” verwys nie alleen na die binneste “heiligdom” van die tempel nie, maar ook in ’n breër sin na die hele tempelgebied of -reëling (Jes. 66:6, Griekse “Septuaginta”: Matt. 27:5, 39, 40; Mark. 15:29, 30; Joh. 2:19-21). Dit is hier in die aardse voorhof van God se geestelike tempel dat die ongetelde “groot menigte” hulle “heilige diens” verrig. Die “groot menigte” oorlewe die “groot verdrukking” as ’n groep, en die volgende belofte word selfs nou vir hulle vervul ten opsigte van hulle geestelike verhouding met Jehovah: “God sal alle trane van hulle oë afvee”—Openb. 7:9-17.-1/11/80, ble. 14-20.

• Sluit “heilige diens” alledaagse lewensbedrywighede in, soos die versorging van ons gesinne, die nalewing van goeie sedes en dies meer?

Nee. “Heilige diens” verwys na dinge wat regstreeks verband hou met ons aanbidding van God. Dit sluit formele en informele getuieniswerk in, deelname aan aanbidding by Koninkryksale, die versorging van ons vergaderplekke, alle bedrywigheid wat in verband staan met die voorsiening van Bybels en Bybellektuur, asook offers wat ons bring om ons broers geestelik en materieel te bemoedig en te help om aktief in Jehovah se werk te bly.—1/11/80, ble. 30, 31.

• Waarom is ware Christene verstandig as hulle alle vorms van dobbelary vermy?

Dobbelary vir materiële gewin, selfs vir klein bedrae, kan lei tot geldgierigheid, hebsug en ander onwenslike, vleeslike eienskappe. Dit bevorder luiheid en ander slegte vrugte, wat kan verhoed dat ’n mens Koninkrykseëninge verkry (1 Kor. 6:9, 10; Gal. 5:19-23). Christene moet hulleself deur harde werk onderhou, en hulle materiële besittings beskou as iets wat aan God toegewy is, nie as iets wat voor “die geluksgod” deurgebring moet word nie (Jes. 65:11, 12).—15/11/80, ble. 29, 30.

• Hoe kan enkelouers probleme in vandag se wêreld die hoof bied?

Hulle kan dit doen deur op God en sy beloftes te vertrou, deur ’n intieme verhouding met Jehovah te behou en deur besig te bly met nuttige werk. Ander lede van die Christengemeente kan hulle harte verbly deur liefdevolle en praktiese hulp te verleen.—1/12/80, ble. 19-26.

• Watter duidelike bewyse het ons dat ons sedert 1914 in die “laaste dae” lewe?

Jesus se “teken” wat in Mattheüs 24 en 25 gegee is, is oortuigend vervul. Die globale predikingswerk van Jehovah se Getuies het God se voorneme volbring deur die nasies te waarsku en ’n “groot menigte” te vergader vir oorlewing tot in God se nuwe orde. Jesus het gesê dat wanneer hierdie georganiseerde verkondiging van die Koninkryk sy hoogtepunt bereik, “dan sal die einde kom”.—15/12/80, bl. 28.

• Watter profetiese betekenis het die daling van die Eufraatrivier se water net voor Babilon se omverwerping?

“Babilon die Grote”, die wêreldryk van valse godsdiens, “sit” vandag “op die baie waters”, naamlik op “volke” wat haar ondersteun. Maar in hedendaagse tye het baie, nie alleen lede van die kudde nie, maar ook geestelikes en godsdiens werkers, veral dié van die valse Christendom, haar verlaat. Hierdie slinkende steun vir “Babilon die Grote” toon dat Jehovah binnekort die Grotere Kores, Christus Jesus, gaan stuur om oordeel aan die “groot hoer” te voltrek (Openb. 17:1, 4, 15-17).—1/1/81, ble. 17-23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel