Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 3/1 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Waaruit bestaan God se organisasie dan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Die Slang se kop word verbrysel
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • ’n Eertydse profesie wat jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 3/1 bl. 30-31

VRAE van LESERS

• Wanneer word die kop van die “slang” deur die “saad” van God se vrou vermorsel ter vervulling van die eerste profesie in Genesis 3:15?

Genesis 3:15 lui: “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” Rotherham se The Emphasized Bible lui: “Hy sal jou kop vermorsel, maar jy sal sy hakskeen vermorsel.” Die vermorseling van die hakskeen van die “saad” van God se vrou het die dood van die Here Jesus Christus meegebring. Uit weerwraak sal die verheerlikte Jesus Christus die simboliese slang, Satan die Duiwel, vermorsel.

Openbaring hoofstuk 12 deel ons mee dat Migael en sy engele na die ‘geboorte’ van God se koninkryk aan die einde van die Tye van die Nasies in 1914 oorlog gevoer het teen die simboliese draak en sy demonengele en hulle uit die hemel verban het. Dan voeg dit by: “Die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.”—Openb. 12:5, 7-9.

Net na die beskrywing in Openbaring 19:11-21 van die oorlog te Armageddon, waarin Jesus die hemelse leërmagte tot ’n oorwinning oor alle aardse teenstanders aanvoer, het Johannes ’n gesig gehad van hoe Satan in die afgrond opgesluit word: “Ek het ’n engel [ongetwyfeld die aartsengel Migael] uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ’n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp—die ou slang wat die duiwel en die Satan is—en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.”—Openb. 20:1-3.

As die “saad” van God se vrou, kan Jesus Christus beslis “die ou slang” dan volkome vermorsel en hom heeltemal uitwis eerder as om hom net in die afgrond op te sluit. Maar in sy wysheid het Jehovah besluit dat die volmaakte mensdom na die duisendjarige bewind van Christus deur dieselfde uitdager van sy universele soewereiniteit versoek moet word. Dit sal enige moontlike twyfel oor die onkreukbaarheid van diegene wat weier om deur die Duiwel mislei te word uit die weg ruim.

Daar is ’n laaste poging deur die aardse teenstanders, onder leiding van Satan, om die aarde oor te neem. Johannes beskryf die uitslag asof dit reeds plaasgevind het, en sê: “Vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.” En oor die vermorseling van die kop van “die ou slang” sê die verslag: “En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp” (Openb. 20:9, 10). Dit beteken sy volkome vernietiging. Die vermorseling van die kop van God se aartsteenstander bring dus nie alleen mee dat alle teenstanders uit die heelal uitgewis word nie, maar ook die volkome heiliging van Sy allerheiligste naam. Dit vervul volkome die volgende belofte in Romeine 16:20 aan Christus se mede-erfgename: “Die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.”—Hebr. 2:14, 15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel