Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 4/22 bl. 31
  • Bifokale—Wie het hulle eerste gehad?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bifokale—Wie het hulle eerste gehad?
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Kykie na brille
    Ontwaak!—1993
  • Die watersalamander se selfvernuwende lens
    Ontwaak!—2012
  • Waterkultuur—Vis as “vee”
    Ontwaak!—1995
  • Sien die onsigbare—die wetenskap van die optika
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 4/22 bl. 31

Bifokale—Wie het hulle eerste gehad?

Twee eeue gelede het Benjamin Franklin twee brille, een vir versiendheid en een vir bysiendheid, geneem en die twee horisontaal in die helfte deurgesny. Daarna het hy die boonste helfte van die lense vir versiendheid bo-op die onderste helfte van die lense vir bysiendheid in dieselfde raam gesit, en siedaar, die eerste bifokale bril!

Vandag het gevorderde tegnologie dit moontlik gemaak om bifokale uit net een stuk glas te maak, met kurwes van verskillende sterkte in die boonste en onderste dele. En daar is selfs bifokale kontaklense. Maar het jy geweet dat ’n onbekende varswatervis ‘die jongste’ op die gebied van eenlensbifokale gedra het nog lank voordat die optiese wetenskap bifokale ontwikkel het?

Jy sal hierdie 30 sentimeter lange vis wat soos ’n stekelbaars lyk en deur wetenskaplikes Anableps genoem word in die waters tussen die suidelike deel van Mexiko en die noordelike deel van Suid-Amerika vind. Van sy stert tot by sy kieue lyk hy maar doodgewoon, maar van die kieue af vorentoe sien jy net oë.

Met die eerste oogopslag lyk dit asof hierdie visse vier oë het—een paar wat opkyk en een paar wat afkyk—daarom noem mense hulle vieroogvisse. Dit is egter ’n optiese illusie. Hulle het twee groot, ronde oë, maar elke oog word deur ’n strook vel horisontaal in twee verdeel. Aangesien hierdie visse naby die oppervlak van die water swem, is die boonste helftes van hulle oë soos periskope wat bokant die water uitsteek en die lug bespied, terwyl die onderste dele in die water bly en onderwater kyk. Op hierdie manier soek die vieroogvis kos onder die water en hou hy terselfdertyd die oog—of nog beter, twee oë—op honger seevoëls in die lug.

Die vis het egter ’n dikker lens nodig om onderwater te kan sien as om in die lug te kan sien. Hoe word hierdie probleem opgelos? Bifokale! Elke oog het ’n enkele, ovaalvormige lens wat aan die onderkant dikker is as aan die bokant. Enigiets wat dus onderwater gesien word, word deur die dikker onderste gedeelte van die lens gesien, terwyl die dunner, boonste gedeelte die lug dophou.

Maar die visse sal net duidelik kan sien solank hulle die lense skoon hou. Hoe maak hulle hulle lense skoon? Wanneer die lense droog word, trek die vis eenvoudig sy kop onder die water in en kom weer te voorskyn met skitterende bifokale. Daardie blink lense weerspieël ongetwyfeld die wysheid van hulle Skepper!

[Foto-erkennings op bladsy 31]

Skildery deur Charles Willson Peale/Dictionary of American Portraits/Dover

©Dr. Paul A. Zahl, The National Audubon Society Collection/PR

©William E. Townsend, Jr., The National Audubon Society Collection/PR

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel