Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om jou inleiding voor te berei
Waarom dit belangrik is: As ons inleiding nie belangstelling wek nie, kan die huisbewoner die gesprek beëindig voordat ons ’n getuienis kan gee. Daarom beskou baie verkondigers hulle inleiding as die belangrikste deel van hulle aanbieding. Hoewel voorgestelde aanbiedings in Ons Koninkryksbediening en die Redenering-boek verskyn, sluit dit nie altyd ’n volledige inleiding in nie, sodat ons dit kan aanpas. Selfs al is ’n voorgestelde aanbieding volledig, kan verkondigers dit verander of hulle eie aanbieding voorberei. Dit sal dus doeltreffender wees as ons ons inleiding goed voorberei eerder as om net te sê wat by ons opkom wanneer die huisbewoner die deur oopmaak.—Spr. 15:28.
Wenk vir die maand:
Sit tyd gedurende julle gesinsaanbidding opsy om julle inleiding voor te berei en te oefen.
Vertel ander verkondigers wat jy beplan om te sê terwyl julle in die bediening saamwerk (Spr. 27:17). Verander jou inleiding as dit nie doeltreffend is nie.