Rooster vir die week van 12 Mei
WEEK WAT BEGIN MET 12 MEI
Lied 49 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 7 ¶1-8 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Eksodus 27-29 (10 min.)
Nr. 1: Eksodus 29:19-30 (4 min. of minder)
Nr. 2: Jesus het nie die Mosaïese Wet in ’n “seremoniële” deel en ’n “sede”-deel verdeel nie—rs bl. 359 ¶4–bl. 360 ¶1 (5 min.)
Nr. 3: Abraham—Gehoorsaamheid, onselfsugtigheid en moed is eienskappe wat Jehovah behaag—it-1-E bl. 29 ¶4-7, “Abraham”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
15 min: Al die nasies sal daarheen stroom (Jes. 2:2). Voer ’n onderhoud met twee verkondigers, een wat al baie jare in die waarheid is en een wat redelik nuut in die waarheid is. Wat het hulle in die waarheid laat belangstel? Watter uitdagings moes hulle die hoof bied? Wat het hulle beïndruk toe hulle die eerste keer ’n gemeentelike vergadering bygewoon het? Wat onthou hulle omtrent die eerste keer toe hulle aan die bediening deelgeneem het? Hoe het ander in die gemeente hulle gehelp om geestelike vordering te maak?
15 min: “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om jou inleiding voor te berei.” Bespreking. Reël ’n kort demonstrasie wat uit twee dele bestaan, een met ’n inleiding wat nie goed voorberei is nie en dan een met ’n goed voorbereide inleiding. Bespreek gepaste punte uit die Bedieningskool-boek bladsye 215-219 na gelang van die tyd.
Lied 117 en gebed