Rooster vir die week van 19 Mei
WEEK WAT BEGIN MET 19 MEI
Lied 131 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst 7 ¶9-17 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Eksodus 30-33 (10 min.)
Nr. 1: Eksodus 32:1-14 (4 min. of minder)
Nr. 2: Die Tien Gebooie het saam met die Mosaïese Wet geëindig—rs bl. 360 ¶2-3 (5 min.)
Nr. 3: Abraham—Toon geloof in Jehovah se beloftes—it-1-E bl. 30 ¶1–bl. 31 ¶5, “Abraham”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
10 min: Waarom ons bedienaars van die goeie nuus is. Entoesiastiese toespraak gebaseer op die Georganiseer-boek, bladsy 77 tot bladsy 78, paragraaf 2. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor waarom hulle die bediening geniet.
10 min: Kan jy gedurende jou vakansie hulppionierdiens doen? Bespreking. Hersien kortliks paragraaf 1 op bladsy 113 van die Georganiseer-boek, en meld die vereistes vir hulppionierdiens. Nooi diegene wat gedurende hulle verlof of skoolvakansie hulppionierdiens gedoen het om kommentaar te lewer oor die seëninge wat hulle geniet het. Spoor almal aan om te oorweeg of hulle gedurende hulle volgende vakansie hulppionierdiens kan doen.
10 min: “Kweek die gewoonte aan om stiptelik te wees.” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet die gehoor genooi word om kommentaar te lewer oor wat hulle help om stiptelik te wees.
Lied 44 en gebed