Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/13 bl. 3-4
  • Luister en leer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Luister en leer
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy gereed vir ’n geestelike feesmaal?
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • ‘Luister en neem meer onderrigting in’
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • ’n Geleentheid om geestelik gevoed te word en bly te wees
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • “Handhawers van onkreukbaarheid” —Byeenkoms vir 1985
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 4/13 bl. 3-4

Luister en leer

1. Waarom is groter inspanning dalk nodig om by die streekbyeenkoms te luister en te leer?

1 Die streekbyeenkomste vir 2013 sal binnekort begin. Baie werk is gedoen om ’n program voor te berei wat in die huidige behoeftes van die wêreldveld voorsien. Het jy reëlings getref om al drie dae van die byeenkoms by te woon? Daar is baie dinge wat ons aandag by groot byeenkomste kan aflei, en daarom is groter inspanning dalk nodig om aandagtig na die program te luister. Omdat die sessies langer is as gemeentelike vergaderinge, moet ons langer konsentreer. Die ryery na en van die byeenkoms sowel as ander faktore kan ook daartoe bydra dat ons moeg is. Wat sal ons help om wakker te bly sodat ons kan luister en leer?—Deut. 31:12.

2. Hoe kan ons ons hart voorberei vir die streekbyeenkomsprogram?

2 Voordat die streekbyeenkoms begin: Die wêreldwye streekbyeenkomsprogram (plaaslike programtye word hieronder aangedui), insluitende die temas van die toesprake en een of twee sleuteltekste vir elke toespraak, kan op ons amptelike webwerf, www.jw.org/af, gevind word. As ons toegang tot die Internet het, kan ons voor die tyd na hierdie inligting kyk, en dit sal ons help om ons hart voor te berei vir wat aangebied sal word (Esra 7:10). Kan julle gedurende julle aand vir Gesinsaanbidding tyd inruim om afwagting vir die komende program te wek?

3. Wat sal ons help om aandagtig te luister?

3 Gedurende die program: Indien moontlik, gaan voor die begin van elke sessie na die toilet. Skakel jou selfoon gedurende die program af sodat jou aandag nie deur oproepe of SMS’e afgelei word nie of sodat jy nie in die versoeking kom om SMS’e te stuur nie. As jou foon aangeskakel moet bly, moet jy dit so stel dat dit nie ander se aandag sal aflei wanneer iemand jou bel nie. As jy ’n elektroniese tablet gedurende die program gebruik, moet jy dit op so ’n wyse doen dat dit ander nie steur nie. Moenie gedurende die program eet of drink nie (Pred. 3:1). Hou jou oë op die spreker. Volg in jou Bybel wanneer ’n teks gelees word. Maak kort aantekeninge.

4. Hoe kan ouers hulle kinders help om te luister en leer?

4 Ons wil ook hê dat ons kinders moet luister en leer. Spreuke 29:15 sê: “’n Seun wat aan homself oorgelaat word, sal sy moeder in die skande steek.” Daarom is dit goed dat gesinne bymekaar sit sodat ouers kan seker maak dat hulle kinders aandag skenk aan die program en nie gesels, SMS of rondloop nie. Selfs al is hulle te jonk om alles te verstaan wat bespreek word, kan kinders geleer word om wakker te bly en stil te sit.

5. Waarom is dit nuttig om die program te hersien, en hoe kan ons dit doen?

5 Ná afloop van die program elke dag: Moenie laat uitbly nie. Gaan vroeg genoeg bed toe sodat jy genoeg rus kry. As jy hersien wat jy gehoor het, sal dit jou help om dit langer te onthou. Dit sal dus nuttig wees om elke aand ’n paar minute opsy te sit om die program as ’n gesin te bespreek. As jy saam met vriende na ’n restaurant toe gaan, kan jy gerus jou aantekeninge saamneem en een of twee gedagtes bespreek wat jy baie geniet het. Ná die byeenkoms kan julle gerus gedurende julle aand vir Gesinsaanbidding tyd daaraan wy om te bespreek hoe julle as ’n gesin die inligting kan toepas. Julle kan ook elke week tyd maak om ’n deel van enige nuwe vrystellings te bespreek.

6. Is dit genoeg om die byeenkoms net by te woon? Verduidelik.

6 ’n Feesmaal is van weinig nut tensy die kos geëet en verteer word nie. Ons kan dieselfde sê van die geestelike feesmaal wat by die streekbyeenkoms aangebied gaan word. Mag ons ten volle baat vind deur elke sessie by te woon, aandagtig te luister en toe te pas wat ons leer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel