’n Kampanje wat resultate lewer
Drie weke voor hulle streekbyeenkoms sal gemeentes weer eens deelneem aan ’n kampanje om belangstellendes in die gebied te nooi om dit by te woon. Daar is goeie rede vir hierdie jaarlikse kampanje. Diegene wat die uitnodiging aanvaar en die streekbyeenkoms bywoon, is dikwels beïndruk deur die skriftuurlike toesprake, die goed georganiseerde afdelings wat heeltemal uit vrywilligers bestaan asook die goeie gedrag en eenheid wat ons openbaar (Ps. 110:3; 133:1; Jes. 65:13, 14). Maar lewer ons kampanje werklik resultate, veral in gebiede waar belangstellendes ’n hele ent moet reis om die streekbyeenkoms by te woon?
Ná die streekbyeenkoms vir 2011 het ’n takkantoor ’n brief ontvang van ’n vrou wat ’n uitnodiging onder haar deur gevind het. Sy het gewoonlik weggekruip wanneer Jehovah se Getuies aan haar deur klop. Sy het geskryf: “Ek het ’n pragtige huis en ’n wonderlike man, en ek het gedink dat ek alles het wat my gelukkig sal maak. Maar ek was nog steeds nie gelukkig nie, en my lewe het regtig geen doel gehad nie. Ek het dus besluit om 320 kilometer te ry om Saterdag se program by te woon.” Sy het die streekbyeenkoms so geniet dat sy haar man gebel het om vir hom te sê dat sy daar gaan oornag en Sondag se program ook gaan bywoon. “Ek het na al die toesprake geluister en baie Getuies van Jehovah ontmoet, en ek wou nie hê dat dit ooit moet eindig nie.” Nadat sy teruggekeer het huis toe, het sy begin studeer, en ná vier maande het sy ’n ongedoopte verkondiger geword. “Ek is so bly dat ek daardie uitnodiging onder my deur gevind het, want nou het my lewe regtig ’n doel!”
Party wat ’n uitnodiging ontvang, sal dit bywoon. Neem dus ywerig deel aan hierdie belangrike kampanje. Bring enige uitnodigings wat jy oor het, saam met jou na die byeenkomsstad en gebruik dit om informeel te getuig.
[Venster op bladsy 5]
Hoe sal ons die uitnodiging aanbied?
Ons moet die aanbieding kort hou sodat ons ons gebied kan dek. Ons kan iets sê soos: “Hallo. Ons neem deel aan ’n wêreldwye poging om hierdie uitnodiging te versprei. Hier is jou eksemplaar. Jy sal meer besonderhede op die uitnodiging vind.” Wees geesdriftig. Wanneer ons oor die naweke aan die kampanje deelneem, moet ons ook die tydskrifte aanbied wanneer dit gepas is.