Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/88 bl. 2-4
  • Wat is jou planne vir April?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is jou planne vir April?
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan ons April 2000 ons beste maand tot nog toe maak?
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Gaan April ’n spesiale maand vir jou wees?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Sal jy in April as ’n hulppionier dien?
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Die Gedenkmaalseisoen—’n Geleentheid om meer te doen!
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 4/88 bl. 2-4

Wat is jou planne vir April?

1 April is vir talle van ons die begin van ’n tydperk van groter velddiensaktiwiteit. Die weer is nog gunstig sodat ons lang ure aan die velddiens kan bestee. April is gewoonlik ’n ideale maand om persoonlike doelwitte vir groter aktiwiteit in die bediening te stel.

2 Watter velddiensreëlings het julle gemeente vir April getref? Sal daar ekstra vergaderinge vir velddiens, waaronder aandgetuieniswerk, wees? Sal jy jou rooster kan aanpas om hierdie reëlings te benut en saam met ander in die velddiens te werk? Kan jy ander aktiwiteite wat minder belangrik is, tydelik tersydestel?

3 Behalwe om diegene te besoek wat die Gedenkmaal bygewoon het, is April ook ’n goeie tyd om weer te probeer om belangstellendes te vind wat by jou eerste besoek te besig was om met jou te praat of nie tuis was nie. Al het jy dalk ’n paar keer probeer om verder vir hulle te getuig, kan jy gerus jou velddiensaantekeninge nagaan en hierdie individue weer besoek in ’n poging om hulle belangstelling in die goeie nuus te laat herlewe. Miskien sal besoeke in die aand produktief wees.

4 Talle broers en susters het gereël om hierdie April hulppionierdiens te doen. Dit sluit sommige met gesinsverantwoordelikhede en selfs sommige met voltydse sekulêre werk in. Die vereiste van 60 uur beteken ’n gemiddelde van net 2 uur per dag vir die maand.

5 Indien omstandighede jou nie toelaat om gedurende April hulppionierdiens te doen nie, kan jy dalk jou velddiensaktiwiteit vermeerder deur tyd in die veld te bestee saam met die pioniers of saam met ander wat ook probeer om hulle bediening vir die maand te vermeerder. Jy kan daarvan verseker wees dat Jehovah jou pogings sal seën. Hy sal jou deur sy gees krag gee om jou doelwit te bereik.​—Spr. 20:18; 21:5a.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel