Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/88 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1988
Ons Koninkryksbediening—1988
km 4/88 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring-intekening vir een jaar teen ’n bydrae van R9,00. Intekeninge vir ses maande is R4,50. Junie en Julie: Oorlewing tot in ’n nuwe aarde teen ’n bydrae van R2,00.

• Ouere manne moet seker maak dat hulle die Genootskap daarvan in kennis stel wanneer ’n gewone pionier afgehaal word of sy naam van die lys geskrap moet word deur die vorm S-206 te gebruik. Enige iemand wat sy pionierdiens moet staak, moet ses maande wag voordat hy of sy weer kan aansoek doen. ’n Nuwe aansoekvorm moet ingegee word voordat heraanstelling gedoen kan word.

• Soos by ons onlangse “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms aangekondig, is 16 nuwe sketse vir openbare toesprake opgestel. Die toesprake moet so gou moontlik nadat hulle ontvang is aan bekwame sprekers toegewys word en reëlings moet getref word dat hulle in die gemeente gehou word.

• LET WEL: Die Genootskap het sy bankrekening by die Isando-tak van Die Standard Bank gesluit. Verander asseblief so gou moontlik alle aftrekorders van die Isando-tak na die Krugersdorp-tak, rekeningnommer 02-143-510-3, indien jy dit nie reeds gedoen het nie.

• Gemeentes kan dadelik bestellings vir die 1987-bundels van The Watchtower en Awake! plaas. Dit sal beskikbaar wees in Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees en Spaans. Bundels kos R10,00 elk. Daar is geen pioniertarief nie. MOENIE GELD SAAM MET BESTELLINGS STUUR as julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het nie. Die gemeente se lektuurrekening sal met die bedrag gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en besendings gestuur word, sal dit as “Will send later” op julle gemeente se fakture verskyn. Gemeentes met ’n nadelige saldo moet geld saam met hulle bestellings stuur. Hou asseblief in gedagte dat dit ’n beheerde item is.

• “GODDELIKE GEREGTIGHEID”-STREEKBYEENKOMSTE: Bykomende byeenkomste word voorlopig beplan sodat meer broers en belangstellendes dit kan bywoon en as gevolg van beperkte fasiliteite aan die Rand. Datums, byeenkomsstede en tale is soos volg:

17-20 November: St. Helena (Engels). Enige ouere manne of bedieningsknegte wat dit kan bywoon, moet ’n brief aan die Genootskap skryf en die plaaslike Dienskomitee moet die brief teken. Die retoertarief is ongeveer R2 200 per persoon, die vertrekdatum is 17 Oktober en die datum van aankoms in Kaapstad is om en by 6 Desember 1988.

8-11 Desember: Windhoek (Afrikaans/Engels, Kwanyama)

15-18 Desember: Bloemfontein (Afrikaans/Engels, Suid-Sotho); Kanyamazane (Zulu); Mafikeng (Tswana);Mdantsane (Xhosa); Seshego (Sepedi)

22-25 Desember: Gaborone (Tswana); Kanyamazane (Tsonga); Manzini

(Zulu); Maseru (Suid-Sotho); Umtata(Xhosa)

29 Desember 1988-1 Januarie 1989: Kaapstad (Afrikaans, Engels, Xhosa); Durban (Engels, Zulu); Johannesburg (Afrikaans, Engels, ’n bietjie Grieks, Portugees, Suid-Sotho, Zulu)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel