Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 3 APRIL
12 min: Plaaslike aankondigings. Som informasie op in “Wat is jou planne vir April” Daar is nog tyd om ’n aansoekvorm in te gee vir hulppionierdiens gedurende April. Moedig aandgetuieniswerk aan. Stel voor dat ’n spesiale poging aangewend word om mense op Saterdag, 9 April, na die spesiale toespraak “Waarom volgens Bybelstandaarde lewe?” uit te nooi. Vra gehoor, as die tyd toelaat, om kommentare oor wat nulle beplan om te sê wanneer hulle vriende, bure en familielede na die toespraak uitnooi. Stel voor dat T-13, Waarom jy die Bybel kan vertrou gebruik word.
18 min: “Moenie die doel van ons veldbediening uit die oog verloor nie.” Vraag-en-antwoordbespreking. Reël twee of drie kort demonstrasies waarvan informasie op bladsye 12-15 van Redenering-boek onder “Laaste dae”, “Wanneer baie mense sê: ‘Ek het my eie geloof’” en “Wanneer baie mense sê: ‘Ek is besig’” gebruik word. Spoor gemeente aan om intekening entoesiasties aan te bied.
15 min: “Help ander om geestelike dinge te waardeer.” Vrae en antwoorde. Laat ’n ervare verkondiger na paragraaf 7 demonstreer hoe ’n Bybelstudent uitgenooi kan word om aan die veldbediening deel te neem.
Lied 126 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 10 APRIL
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings in Ons Koninkryksbediening. Rekeningverslag. Sluit Genootskap se erkenning van bydraes in en prys broers vir materiële ondersteuning van gemeente. Demonstreer twee aanbiedings van 30 tot 60 sekondes met jongste tydskrifte.
15 min: Waarom Christene eerlik moet wees. Toespraak gebaseer op inleidende artikels in Die Wagtoring van 15 Februarie 1988. 20 min: “Sit tyd opsy vir teokratiese voorsienings.” Vrae en antwoorde. Lok kommentare van gehoor uit oor hoe nuwe belangstellendes aangemoedig kan word om deeglik vir hulle weeklikse Bybelstudie voor te berei. Sluit kommentare in oor teksverwysings.
Lied 177 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 17 APRIL
12 min: Plaaslike aankondigings en Vraebus. Laat goed voorbereide verkondiger intekeningaanbod demonstreer en dit inskakel by slotkommentaar in die ‘Onderwerp vir gesprekke’ oor Jesaja 48:17, 18.
18 min: Hoe kan ons ons pioniers help? Toespraak gebaseer op sleutelgedagtes uit byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986, paragrawe 12-20, en artikel in Die Wagtoring van 15 Mei 1982 (w82 3/1) oor “Jehovah onderskraag sy leer voltydse knegte”. Pioniers het ons ondersteuning nodig en waardeer dit. Beklemtoon wat plaaslike gemeente kan doen om hulle te bemoedig en te help.
15 min: Diensopsiener voer onderhoud met broers wat toegewys is om na lektuur en tydskrif afdelings om te sien (omAF bl. 124). Laat hulle kortliks die funksies van hulle afdelings hersien. Verduidelik hoe samewerking van almal in die gemeente belangrik is. Spoor gemeente aan om bestellings vir spesiale items deur die gemeente te plaas, pleks van direk van Genootskap te bestel en persoonlike tydskrifbestelling gereeld af te haal en daarvoor te betaal, om kennisgewing van enige veranderings in tydskrifbestelling vroegtydig te gee, en so meer. Spreek ook waardering uit vir die werk wat bedieningsknegte ten behoewe van die gemeente doen en vir die samewerking van die verkondigers in hierdie noodsaaklike dinge.
Lied 223 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 24 APRIL
12 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Demonstreer kortliks hoe jongste tydskrifte hierdie week aangebied gaan word. Beklemtoon een artikel in elke nommer wat plaaslik moontlik die meeste byval gaan vind. Spoor gemeente aan om op eerste Sondag van Mei velddiens te doen.
18 min: “Bied die goeie nuus aan—Deur traktate by elke geleentheid te gebruik.” Vraag-en-antwoordbespreking. Sluit kort demonstrasies in oor die gebruik van traktate in informele getuieniswerk by die skool en by die werk.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak oor “Wanneer waarskuwings veronagsaam en God beproef word” in Die Wagtoring van 15 Desember 1987, bladsye 21-25.
Lied 55 en slotgebed.