Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 6/1 bl. 24
  • Soeke na Bybelwaarheid beloon in Israel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Soeke na Bybelwaarheid beloon in Israel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hulle het sonder ophou voortgegaan’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Wie verdien om Rabbi genoem te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Die Here se “ander skape” in Australië word ingesamel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hulle volhard in hulle goddelike opdrag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 6/1 bl. 24

Koninkryksverkondigers berig

Soeke na Bybelwaarheid beloon in Israel

SOOS op ander plekke besef al hoe meer mense in Israel dat die mens se pogings om blywende vrede te bring en ’n hoop vir die toekoms te bied vergeefs is. Die 370 Getuies van Jehovah in daardie pragtige, historiese land bring lewegewende hoop aan die wat God soek (Jesaja 55:2, 3). Die volgende berigte van die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Tel Aviv toon dat God diegene beloon wat Bybelwaarheid soek.

“Die steurnisse deur oproerige godsdiensyweraars het bedaar, en hulle vorige pogings om ons vergaderinge te ontwrig, boemerang steeds. ’n Bejaarde Russiese egpaar het byvoorbeeld met ’n Adventistegroep omgegaan, maar was ontevrede met wat hulle geleer het. Hulle het geen bewys gesien van die vervolgings wat volgens profesie die ware Christelike godsdiens sou kenmerk nie. Toe het hulle eendag ’n ou, weggegooide nuusblad in Roemeens gevind wat ’n berig bevat het oor gewelddadige gepeupelaanvalle in 1985 op die Genootskap se takkantoorgebou en die Koninkryksaal in Tel Aviv. Hulle belangstelling is gewek en hulle het na Tel Aviv gereis en vier uur lank rondgeloop tot hulle die gebou gevind het wat in die nuusblad beskryf is. Hulle was verheug om antwoorde op sommige van hulle vrae te kry en het vir die vergadering daardie aand gebly, waar hulle tot hulle vreugde Russiessprekende Getuies ontmoet het. Sedertdien word ’n gereelde Bybelstudie met hulle gehou. Hoe meer hulle leer, hoe meer is hulle oortuig dat hulle gevind het presies waarna hulle gesoek het—die waarheid!

“In ’n ander geval het ’n broer vir ’n jong gesinsman getuig wat nie saamgestem het met sommige van die punte wat hy probeer verduidelik het nie en die Koninkryksboodskap dus nie verder ondersoek het nie. ’n Paar jaar later het hierdie selfde man se dogter siek geword en is hy deur bygelowige vriende meegedeel dat die probleem waarskynlik verband gehou het met die mezoeza wat aan sy deurpos was. Hulle het hom aangeraai om dit deur die rabbi te laat nasien. Hy het besluit om dit te doen. Terselfdertyd het hy opreg tot God gebid vir leiding om die waarheid te vind.

“Op pad na die rabbi se huis het die man skielik besluit om ’n mediese voorskrif by die gesondheidskliniek te gaan afhaal. Raai wie het daar gesit toe hy daar aankom? Niemand anders as die Getuie wat ’n paar jaar tevore vir hom gepreek het nie! Die broer sê dat hy nie van plan was om daardie aand na die kliniek te gaan nie totdat hy skielik onthou het dat hy iets nodig gehad het. Die broer en die man het daardie aand ’n paar uur gesit en gesels, en daar is gereël dat ’n Bybelstudie met die jong man gehou sal word. Hy het die vergaderinge begin bywoon, bestendige vooruitgang gemaak en by die Teokratiese Bedieningskool aangesluit. Weldra het hy in die veldbediening uitgegaan, en hy is nou ’n gedoopte broer. Hy het nooit by die rabbi se huis uitgekom nie!”

Hierdie mense se soeke na Bybelwaarheid is ryklik beloon aangesien hulle ’n skat gevind het wat kosbaarder is as fyn goud.—Spreuke 3:13-18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel