Kom luister na die openbare toespraak:
Geregtigheid vir almal deur God se aangestelde regter
Soos die eertydse Grieke wie se regters beslissende hofsake op hierdie Areopagus, of heuwel van Mars, verhoor het, probeer regerings reeds lank om ‘Geregtigheid vir almal’ te bewerkstellig. By hierdie geregshof het ’n man meer as 1 900 jaar gelede getoon hoe ware geregtigheid vir almal verwesenlik sal word. Sy uiteensetting sal noukeurig ondersoek word in die hooftoespraak van hierdie somer se “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies.
Jy sal by enige van veertien sulke byeenkomste wat hierdie somer in Suider-Afrika gehou gaan word na hierdie toespraak kan luister. Nuttige Bybelbesprekings oor praktiese lewensaangeleenthede en twee leersame Bybeldramas maak ook deel van die byeenkomsprogram uit.
Vind by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies uit waar die byeenkoms naaste aan jou gehou gaan word, of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif. Die toespraak sal Sondag om 2:00 nm. gehou word.