Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 8/1 bl. 5-7
  • Die enigste hoop op regverdige heerskappy

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die enigste hoop op regverdige heerskappy
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah—’n God wat die toekoms ken
  • 6 000 jaar se mislukkings is genoeg!
  • Wie kan teen die Vors van die vorste staande bly?
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Die opkoms en ondergang van ’n ontsaglike beeld
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • ’n Verandering in wêreldheerskappy
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Hoe betroubaar is Bybelvoorspellings?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 8/1 bl. 5-7

Die enigste hoop op regverdige heerskappy

“ln die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie.”—Daniël 2:44.

DIE geskiedenis toon dat baie heersers van vervloë tye as gode beskou is. Selfs in ons eeu is Stalin en Hirohito so beskou. Nie een van hierdie sogenaamde gode kon slaag in die Bybelse toets van godskap, naamlik die vermoë om die toekoms te voorspel nie. Jehovah daag alle valse gode uit: “Laat ons die toekomende dinge hoor! Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is” (Jesaja 41:22, 23). Geen menseheersers was al ooit in staat om die toekoms te voorspel nie, nie eens die toekoms van hulle eie bewind nie. Hulle het altyd rooskleurige voorspellings gemaak oor wat hulle sal doen wanneer hulle in die saal is, maar hulle het al so dikwels bewys dat hulle valse profete is dat mense nou min waarde aan hulle voorspellings heg.

Die Eerste Wêreldoorlog is gevoer ‘om die wêreld veilig te maak vir demokrasie’. Dit het nie. Die Volkebond moes ‘die politieke beliggaming van God se koninkryk op aarde’ wees. Dit was nie. Die Tweede Wêreldoorlog moes die wêreld vrywaar van diktators. Hulle gedy steeds. Die Verenigde Volke moes nasies verenig om vreedsaam saam te werk. Hulle is in die Ooste en Weste verdeel, en nasies van die Derde Wêreld is pionne terwyl koue en warm oorloë voortwoed. Wêreldheersers verkondig hoop, maar wek in die meeste gevalle wanhoop. Hulle voorspellings oor beter tye bly onvervuld. Dieselfde situasie bestaan vandag as lank gelede: “Hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede!—terwyl daar geen vrede is nie” (Jeremia 6:14) Dit is geen wonder dat mense nie langer die beloftes van politici glo nie!

Jehovah—’n God wat die toekoms ken

Maar Jehovah God weet hoe om te regeer, en sy voorspellings oor menseregerings is nog altyd vervul. Sowat 150 jaar voordat Nebukadnesar die kusstad Tirus vernietig het, het God se profeet Jesaja die vernietiging daarvan voorspel. Sy profeet Nahum het die val van Nineve voorspel, en dit het nie alleen gebeur nie, maar presies soos Jehovah beskryf het (Jesaja 23:1-13; Nahum 1:8; 2:6, 8; 3:13). Jare voordat Juda deur Babilon verower is, het Jeremia dit voorspel, en ook die herstelling van die Jode wat op ’n sewentigjarige tydperk van verlatenheid sou volg. Maar Jesaja het dieselfde gebeure meer as ’n honderd jaar voor Jeremia voorspel en selfs die naam verstrek van die een wat Babilon omver sou werp en die Jode uit gevangenskap sou bevry.—Jeremia 29:10; 51:30, 37; Jesaja 13:17-22; 44:26-28; 45:1, 2.

Jehovah se vermoë om voorspellings oor menseregerings te maak, is selfs treffender in ’n gesig waarin hy vir Daniël die opkoms en ondergang van wêreldmoondhede toon. In Daniël hoofstuk 8 sien die profeet ’n ram met twee horings wat oppermagtig is totdat ’n bokram met ’n groot horing tussen sy oë uit die weste kom en die ram verslaan en sy twee horings breek. Maar net toe die bok sterk was, het die groot horing afgebreek en het vier kleiner horings in sy plek uitgekom (Da 8 Ve. 3-8). Ons word nie in die duister gelaat oor die betekenis hiervan nie.

“Die ram wat jy gesien het met die twee horings”, verduidelik die verslag, “is die konings van die Meders en die Perse. En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning. En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het—vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.”—Da 8 Ve. 20-22.

Etlike jare nadat Daniël gebruik is om hierdie belangrike gebeure te voorspel, het die tweeledige nasie van Medo-Persië, die ram met die twee horings, Babilon omvergewerp om die Vierde Wêreldmoondheid te word. Meer as twee eeue nadat Daniël hierdie profesie neergeskryf het, het Alexander die Grote aan die bewind gekom en Medo-Persië verslaan. Met Alexander se dood—die afbreking van die groot horing van die bokram—is die Vyfde Wêreldmoondheid, Griekeland, in vier dele verdeel. Elke deel is deur een van Alexander se vier generaals geregeer—die vier horinkies wat die groot horing vervang het, maar wat nooit sy mag verkry het nie.

Daniël hoofstuk 7 toon ook deur ’n gesig ’n reeks diere wat die opkoms en ondergang van Babilon, Medo-Persië, Griekeland en die Romeinse Ryk voorstel. In Da hoofstuk 2 toon ’n droom van Nebukadnesar die opkoms en ondergang van wêreldmoondhede tot in ons dag deur middel van ’n yslike metaalbeeld met die vorm van ’n mens, en dan toon dit die vernietiging van daardie reusebeeld:

“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots [berg, NW] geword wat die hele aarde gevul het.”—Daniël 2:34, 35.

Die klip wat ’n berg word en die aarde vul, is Christus se koninkryk wat alle menseregerings vervang, soos Daniël 2:44, 45 toon: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ’n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het.”

Die sewende hoofstuk van Daniël praat ook van ’n opeenvolging van menseheerskappye en toon ook dat die reeks regerings eindig wanneer hulle deur Christus se koninkryk vervang word: “Met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ’n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae [Jehovah God], en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.”—Daniël 7:13, 14.

6 000 jaar se mislukkings is genoeg!

Jehovah God het mense duisende jare lank geduldig toegelaat om al die regeringsvorms waaraan hulle kon dink herhaaldelik op die proef te stel. Nie een het sy onderdane permanent tot seën gestrek nie. Hulle is uitgehonger, in armoede gedompel en verdruk, hulle was die slagoffers van godsdiens-, rasse-, volks-en ekonomiese vooroordeel, hulle is swaar belas om verdorwe regerings te onderhou, en hulle is siek gemaak, vermink en gedood deur eeue se sinlose oorloë wat deur hebsugtige en magsugtige heersers gevoer is. Geen eerlike persoon kan aanvoer dat indien mense meer tyd gegun word, hulle ’n regverdige regering tot stand sal kan bring nie. Daar is al herhaaldelik getoon dat ‘dit nie aan ’n man wat loop, toebehoort om sy voetstappe te rig nie’ (Jeremia 10:23). Daar is ook herhaaldelik bewys dat geen menseheersers waarlik gode was wat die toekoms kon voorspel nie, nie eers die toekoms van die regerings waarvan hulle in beheer was nie.

In skerp teenstelling hiermee het Jehovah bewys dat hy die God is wat die toekoms ken, die toekoms van menseregerings inkluis. Hy weet ook van ’n regverdige regering onder sy aangestelde koning, Christus Jesus, en het die mensdom daarvan verwittig deur sy Woord, die Bybel. Terwyl menseheerskappy vir die mens ’n vloek is, sal Christus se koninkryk die seëninge van gesondheid, geluk en ewige lewe op ’n paradysaarde bring.—Vergelyk Lukas 23:42, 43; Openbaring 11:15.

Laat alle eerlike persone wat geregtigheid liefhet Christus Jesus nou as hulle Verlosser en Koning erken. Erken dat “die saligheid . . . in niemand anders [is] nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie”.—Handelinge 4:12; Mattheüs 12:21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel