Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 10/1 bl. 21-25
  • ‘Volke sal toestroom’ na lewegewende aanbidding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Volke sal toestroom’ na lewegewende aanbidding
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ARMAGEDDONOORLEWENDES SIT WARE AANBIDDING VOORT
  • WAT NOU TE MIDDE VAN ’N VERDORWE WÊRELD VEREIS WORD
  • “Die hele Israel” is gered om die hele mensdom te seën
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Die aanbidding van enige ware God word reeds verhef
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wees soos manne wat Armageddon onbevrees tegemoetgaan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 10/1 bl. 21-25

‘VOLKE SAL TOESTROOM’ NA LEWEGEWENDE AANBIDDING

1, 2. (a) Wat was die toestand van die tempel in Jerusalem toe Johannes die gesig gehad het wat hy in Openbaring 7:9-17 beskryf het? (b) Wanneer en waar is die “groot menigte” geïdentifiseer, en wat was die reaksie van die byeenkomsgangers?

TOE die laaste boek van die Bybel, Openbaring, omstreeks 96 G.J. deur die gekerstende Joodse apostel Johannes geskryf is, was die Joodse tempel te Jerusalem reeds deur Romeinse soldate onder generaal Titus vernietig. Die apostel Johannes beskryf nietemin in Openbaring 7:9-17 ’n tallose “menigte” uit alle volke, nasies, stamme en tale wat vir God op sy troon heilige diens in die voorhof van sy tempel verrig. Dit is duidelik die geestelike tempel van Jehovah God wat daar bedoel word.

2 In 1935 was Jehovah se Getuies en mense van welbehae baie verheug toe daardie tallose internasionale “menigte” geïdentifiseer is as die “skape” in Jesus se gelykenis van die skape en die bokke (Matt. 25:31-46). Ja, daar is getoon dat hulle dieselfde is as die “ander skape” wat in Jesus se gelykenis van die Goeie Herder gemeld is. (Joh. 10:16; kyk die boek Die harp van God, wat in 1921 in Engels uitgegee is, bladsy 338, paragraaf 577; ook die Watch Tower van 15 Oktober 1923, bladsy 310, onder die tussenhofie “Twee klasse”.) Die identifisering van diegene wat die “groot menigte” van Openbaring 7:9-17 uitmaak, het plaasgevind by die byeenkoms van 30 Mei-3 Junie 1935 te Washington, D.C., V.S.A., deur middel van ’n nuwe verduideliking van Jesus se gelykenis van die skape en die bokke. Die dag (Saterdag) na die bespreking is 840 van die byeenkomsgangers gedoop op grond van hulle nuwe begrip van sake volgens die verduideliking van Jesus se gelykenis.

3. Wanneer het Miga 4:2 in vervulling begin gaan, en na watter Jerusalem het diegene wat aan die vervulling deelgeneem het, hulle gewend?

3 Die toegewyde, gedoopte “ander skape” het saam met die geestelike broers van die Koning Jesus Christus ’n aandeel in die verkondiging van “hierdie evangelie van die koninkryk . . . in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies” (Matt. 24:14). Dit is hoe Miga 4:2 in vervulling begin gaan het: “En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons op trek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.” Dit is nie na aardse Jerusalem, wat destyds deur Britse troepe beset is nie, maar na die Nuwe Jerusalem op die hemelse berg Sion dat die “ander skape” van die “groot menigte” hulle gewend het vir “wet” wat op die Bybel gebaseer is en vir die “woord van die HERE” deur sy gesalfde getuies, die geestelike Israeliete.

4. Onder wie het Miga 4:3, 4 toe in vervulling begin gaan?

4 Dit is nie onder die wêreldlike nasies wat wapens vir die Tweede Wereldoorlog opgehoop het nie, maar onder die sagmoedige lede van die internasionale “groot menigte” dat die woorde van Miga 4:3, 4 in vervulling begin gaan het: “En Hy [Jehovah] sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leerskare het dit gespreek.”

5. Waarvoor het hulle hulle standpunt gedurende die Tweede Wêreldoorlog ingeneem, en hoe woon hulle figuurlik gesproke?

5 Selfs nadat die Tweede Wêreldoorlog op 1 September 1939 uitgebreek het, het die Getuies hulle neutraliteit teenoor alle nasies wat aan die gewelddadige stryd deelgeneem het op onverskrokke wyse openlik bekendgemaak en verkondig sonder om toe te laat dat enigiemand van hierdie wêreld hulle verskrik. (Kyk The Watchtower van 1 November 1939 met die hoofartikel “Neutraliteit”.) Hulle handhaaf sedertdien hierdie neutrale standpunt. In baie gevalle het dit beteken dat hulle in konsentrasiekampe of tronke gestop is of selfs doodgemaak is weens hulle gebrek aan patriotisme. Hulle weier om ’n deel van hierdie wêreld te word, net soos Jesus Christus geweier het. Daar word dus tereg verwag dat die Getuies die vrede in hulle gemeentes moet bewaar en soos broers moet saamwoon (Ps. 133). Hulle sit, figuurlik gesproke, elkeen veilig “onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom”, net soos die Israeliete gedurende die 40-jarige vrederyk van koning Salomo, die seun van Dawid (1 Kon. 4:25). Gedurende hierdie “voleinding van die wêreld” verkondig hulle vreedsaam “hierdie evangelie van die koninkryk . . . in die hele wêreld”.—Matt. 24:3, 14.

ARMAGEDDONOORLEWENDES SIT WARE AANBIDDING VOORT

6, 7. Wat het die Watch Tower van 15 Desember 1928 gesê oor hoe Miga 5:5-8 vervul sou word?

6 Die Getuies is dus onder alle volke ’n verkwikkende element. Dit is presies wat in Miga 5:5-8 voorspel is: “So sal Hy [Jehovah] ons dan van Assur [die Assiriese wereldmoondheid] bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree. Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie. En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red. Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.”

7 Met verwysing hierna het die artikel “Die heerser uit Betlehem” in die Watch Tower van 15 Desember 1928 gesê:

Dit kan beskou word as ’n aanduiding dat lede van die oorblyfsel op aarde sal wees selfs nadat Armageddon geveg is en dan nog werk sal hê wat hulle in die naam van die Here en tot sy lof en eer moet verrig. Nadat die mense die groot en verskriklike moeilikheid oorleef het, sal hulle hulle nie langer na mense wend vir hulp of op die mensekind staatmaak vir bystand en troos nie, maar hulle tot die Here wend en met graagte sy Woord hoor. Party skepsele sal die voorreg hê om die boodskap van vrede as die Here se agente en boodskappers na die mense te dra.

Volgens hierdie profesie sal die oorblyfsel van die Here in die krag van Jehovah seëvier. ’n Leeu is ’n koning onder die diere van die woud, en geeneen kan voor hom standhou nie. Die troppe skape is magteloos teen ’n sterk, jong leeu onder hulle. Dit is hoe die getroue oorblyfsel van God deur die profeet beskryf word. Hulle sal sterk en kragtig in die naam van die Here optree tussen die nasies onder baie volke om diegene te help wat hulp wil hê en om die aandag te vestig op God se metode om diegene wat weerstand bied te vernietig.—Bladsy 376, paragrawe 35, 36.

8. Wat het die Watch Tower van 15 Maart 1929 verder oor hierdie saak gesê?

8 Tydens ’n verdere bespreking van hierdie saak het die Watch Tower van 15 Maart 1929, bladsy 88, paragraaf 41, die volgende gesê:

Selfs die groot menigteklas moet na die fonteine van lewende water gelei word (Openb. 7:17). Die Here kan die oorblyfsel gebruik om hulle daarmee te help. Daar sal baie ander wees wat deur Armageddon nederig gestem is, en hulle sal bereid wees om te luister. Na Armageddon kan party lede van die oorblyfsel deur die Here gebruik word om vir diegene wat gehelp moet word te getuig en hulle by te staan, en hulle kan dit doen voordat hulle na die howe van ewige heerlikheid oorblyfsel nou is om die blye tyding as God se behoorlik aangestelde getuies te verkondig.

9. Maar moes die oorblyfsel wag totdat Jehovah die oorwinning by Armageddon behaal het voordat hulle “soos dou” en soos ’n “jong leeu” onder die mense van die nasies kon wees?

9 Maar dit was nie vir die oorblyfsel van geestelike Israeliete nodig om tot na die “oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” te Armageddon te wag om soos verkwikkende “dou” te wees vir die mense wat “die God van Jakob” by sy geestelike tempel wil aanbid nie (Openb. 16:14, 16). Nee, dit was nie vir die oorblyfsel nodig om te wag totdat Jehovah die oorwinning by die klimaks van daardie finale oorlog behaal voordat hulle soos ’n “jong leeu” onder die nasies kon wees nie. Net soos die profeet Jesaja, toe dié sy gesig van Jehovah by Sy tempel gehad het, het hulle geantwoord op Jehovah se vraag: “Wie sal vir ons gaan?” Onmiddellik nadat die Eerste Wêreldoorlog in 1918 geëindig het, het hulle gesê: “Hier is ek, stuur my” (Jes. 6:8). In gehoorsaamheid aan die goddelike bevel, “Gaan”, het hulle na die mense van alle nasies gegaan.

10. Tydens die verkondiging van watter boodskap van Jehovah was die oorblyfsel soos ’n leeu onder die nasies?

10 Hulle het dus die boodskap oor die opgerigte koninkryk wat die “skape” klas gaan seën en die “bokke”-klas gaan vernietig, verkondig (Matt. 25:31-46). Terwyl hulle die “dag van die wraak van onse God” verkondig het, was hulle soos ’n leeu wat moed betref, en het hulle die teenstanders van God se opgerigte koninkryk daarvan verwittig dat hulle tydens Armageddon deur Jehovah se Stryder-Koning, Jesus Christus, “die Leeu wat uit die stam van Juda is”, vernietig gaan word.—Jes. 61:1-3; Openb. 5:5.

11. Waarom het die “hand” van die gesalfde oorblyfsel bokant hulle vyande verhewe gebly, en wat was die gevolg hiervan waar dit kom by takke van die Genootskap en die aantal versamelde “skape”?

11 Aldus was hulle “hand” om die Woord van God toe te pas seëvierend “verhewe” bo al die teenstanders wat probeer om die Koninkryksboodskap te onderdruk. Daardie teenstanders is verwittig van hulle komende nederlaag en vernietiging by Armageddon, wanneer hulle vir ewig “uitgeroei” sal word (Miga 5:8). Daardie gesalfde aankondigers van God se koninkryk was andersyds soos verkwikkende “dou” vir die “skape” wat soos verskrompelde, verdorde “plante” gevoel het. Omdat Jehovah hulle hand onderskraag het, het dit al hierdie jare sedert die publisering van die gemelde artikels in die Watch Tower van 1928 en 1929 hoog bokant hulle vyande gebly. As bewys hiervan het die buitelandse takke van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap toegeneem tot 97, en hulle is almal tot die diens van die gesalfde “oorblyfsel”. Daarbenewens het die “groot menigte” “ander skape” van die Goeie Herder, Jesus Christus, tot nou toe steeds vermeerder. Openbaring 7:9-17 sê nie hoeveel van hulle daar uiteindelik sal wees nie.

12. Totdat wat losgelaat word, sal die werk van die gesalfde oorblyfsel en hulle metgeselle, die “skape”, voortduur, en waarom?

12 Die werk van die gesalfde oorblyfsel en hulle metgeselle, die “skape”, moet voortduur totdat die “vier engele” op die vier hoeke van die aarde beveel word om die vier winde wat die “groot verdrukking” gaan veroorsaak, los te laat. Gedurende daardie verdrukking sal diegene wat voortgaan om die Koninkryksboodskap te verwerp “uitgeroei”, vernietig, word. Teen daardie tyd sal die finale aantal wat nodig is om die 144 000 mede-erfgename van Jesus Christus voltallig te maak reeds op hulle voorhoofde “verseël” wees (Openb. 7:1-8, 14). Hulle metgeselle, die “skape”, wat uit alle nasies gekom het om na die geestelike huis van Jehovah te kom en wat hulself toegewy het om ‘in sy paaie te wandel’, sal gedurende die “groot verdrukking” bewaar word (Miga 4:1-4). Hulle sal dus op aarde behoue bly tot in die duisendjarige bewind van Jesus Christus en sy verheerlikte mede-erfgename.

13. Hoeveel van die gesalfde oorblyfsel sal Armageddon oorlewe, en soos wat sal hulle steeds onder hulle medeoorlewendes wees?

13 Ons weet nie hoeveel van die gesalfde oorblyfsel van Christus se mede-erfgename saam met hulle “die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God”, te Armageddon sal oorlewe of hoe lank hulle daarna nog hier sal wees nie. Maar hoe lank dit ook al is, hulle sal voortgaan om soos verkwikkende “dou” vir die “groot menigte” “ander skape” te wees. Die “ander skape” sal geen probleme vir die oorblyfsel skep nie, daar hulle reeds “een kudde” met die oorblyfsel vorm wat in “hierdie stal” is waarin die Goeie Herder die “klein kuddetjie” gebring het (Joh. 10:16; Luk. 12:32). Dit is dus nie onder die oorlewende “groot menigte” dat die oorblyfsel soos ’n verskeurende leeu onder weerlose skape moet optree nie.

14. Soos watter dier wat vertrap, sal die hemelse Sion by daardie geleentheid wees, en hoe hard of sterk sal die “horing” teenoor die nasies wees?

14 Die oorblyfsel sal nie saam veg tydens die “oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” te Armageddon nie. Net soos die Israeliete in die dae van koning Josafat sal hulle net stilstaan en die redding van Jehovah deur middel van “die Leeu wat uit die stam van Juda is”, Jesus Christus, aanskou (2 Kron. 20:17). By daardie geleentheid sal Jehovah God, die Almagtige, die “horing” van hemelse Sion soos yster maak, en net soos ’n bul sal hy God se vyande vertrap asof hulle op ’n dorsvloer is. Hy “sal baie volke fyn trap”, hulle vernietig (Miga 4:13). Wat ook al na hulle vernietiging oorbly, sal deur die Armageddonoorlewendes gebruik kan word.

WAT NOU TE MIDDE VAN ’N VERDORWE WÊRELD VEREIS WORD

15. Mag ’n mens in die valse Christendom bly as jy wil voldoen aan God se vereiste in Miga 6:8? Waarom sê jy so?

15 Dit is van die valse Christendom, die hedendaagse teenbeeld van ontroue Israel, dat Miga 7:2, 6 sê: “Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; . . . die man se vyande is sy huisgenote!” Wat moet selfs naamchristene wat deel van die hedendaagse valse Christendom is, doen om aan die gevolge van hierdie verdorwe toestand te ontkom? Moet hulle materiële offers bring terwyl hulle ’n deel van die verdorwe godsdiensorganisasie bly? Nee! Hulle moet eerder optree in ooreenstemming met wat in Miga 6:8 gesê word: “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” Om aan hierdie goddelike vereiste te voldoen, sal ’n persoon selfs uit die valse Christendom moet kom, aangesien haar aansprake dat sy Christelik is, vals is. Haar godsdienstige en morele verdorwenheid bewys dit. Iemand wat in haar bly en haar probeer hervorm, sal nooit slaag nie. Sy is tot ondergang gedoem deur die God wat sy sê sy dien.

16, 17. (a) By watter stroom mense moet ’n indiwidu vandag aansluit, en watter keuse oor godheid moet hy doen? (b) Watter God loof ’n indiwidu wanneer hy die lied van Moses en van die Lam sing?

16 Die valse Christendom se huis van aanbidding sal uitgeroei word net soos Jerusalem se tempel van Miga se dag in 607 v.G.J. vernietig is. Om ‘ootmoedig met jou God te wandel’, moet ’n indiwidu in die valse Christendom, net soos ’n indiwidu in die hele wêreldryk van valse godsdiens, aansluit by die mense van alle nasionaliteite wat nou na “die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob” toestroom. Die indiwidu moet Jehovah se leer vanuit die hemelse Sion aanvaar en wandel in die weg wat Hy nou aanwys. Dit beteken nie dat hy ’n Joodse bekeerling of proseliet moet word nie. Dit beteken dat hy ’n dissipel van die eniggebore Seun van Jehovah en die soort getuie wat hy was, moet word. Wat? ’n Toegewyde, gedoopte getuie van Jehovah word? Ja! Dit beteken dat ’n mens die keuse moet doen wat in Miga 4:5 beskryf word: “Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van [Jehovah] onse God vir ewig en altoos.” ’n Mens moet saamsing aan “die lied . . . van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam”, wat lui:

17 “Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.”—Openb. 15:3, 4.

18. Waarom is Miga se slotvraag en antwoord oor Jehovah gepas?

18 Jehovah sal lojaal al sy beloftes aan ons hou, soos die een wat gemaak is aan die aartsvader Abraham en aan sy klein seun, Jakob, of Israel, deur al die geslagte en nasies van die aarde deur middel van sy Seun, Jesus Christus, te seën. Sodoende sal Jehovah self as die teenbeeldige Abraham, as die Grotere Abraham, optree. In die lig van sy onwrikbare lojaliteit teenoor ons tot op hede kan ons Miga se slotwoorde ons eie maak en sê:

Wie is ’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtigheid vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met ’n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.”—Miga 7:18-20.

19. Wie is die weergalose God, en wie se aanbidding sal ons reg deur die “einde van die dae” verhef?

19 Daar is geen God soos die Soewereine Heer Jehovah, die God en Vader van onse Here Jesus Christus, nie. Laat ons nou, “aan die einde van die dae”, en vir ewig sy reine aanbidding verhef.

[Prent op bladsy 24]

‘Volke sal toestroom’ na lewegewende aanbidding

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel