’N WYSE SPREUK
“Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word” (Spr. 18:2). Hierdie spreekwoord bevat ’n goeie les. ’n Dwaas slaan nie verstandigheid hoog aan nie. In sy egotisme wil hy nie groot insig hê om te weet wat waar is en nie waar is nie. Maar daar is een gebied waarop hy wel uitblink. Dit is om sy menings vrypostig en dikwels te lug, met die misplaaste vertroue dat hulle reg is. So openbaar hy wat hy waarlik is. Sy spraaksaamheid maak ander dus net bewus van watter soort indiwidu die dwaas is.—Vergelyk Spreuke 10:19.