Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 7/15 bl. 28-30
  • Toon jy besorgdheid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon jy besorgdheid?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • JESUS STEL DIE VOORBEELD
  • WIE TOON VANDAG BESORGDHEID?
  • HOE IS DIT MOONTLIK?
  • Is jy ’n lojale verkondiger van God se koningskap?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Hulle het ‘hulle gewillig aangebied’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Hoe Jehovah sy werk seën
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Hoe word dit alles gefinansier?
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 7/15 bl. 28-30

Toon jy besorgdheid?

‘BESORGDHEID waaroor?’ vra jy moontlik. Die psalmis Dawid antwoord:

“o My God, o Koning, ek wil U verhoog . . . Elke dag wil ek U loof . . . Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.”—Ps. 145:1, 2, 5.

Die dinge wat in verband staan met Jehovah se wonderbare daad toe hy ’n Messiaanse koninkryk tot stand gebring het om die hele mensdom te seën, sal voorwaar Jehovah se “majesteit” ‘verheerlik’. Hierdie sake is belangriker as dié van ’n persoonlike aard. Skenk ons die nodige aandag daaraan?

Die jaarteks van Jehovah se Getuies vir 1981 is gepas: “U lojale dienaars sal u seën. Oor die heerlikheid van u koningskap sal hulle praat.”—Ps. 145:10, 11, NW.

Lojaliteit aan God se koningskap is ’n aanduiding van hoe besorg ons is oor die Koninkrykswerk wat nou op aarde gedoen word.

JESUS STEL DIE VOORBEELD

Watter wonderlike voorbeeld van lojaliteit aan God se koningskap het ons in Jehovah se eersgebore Seun! Hy het nog altyd ’n intense belangstelling in en besorgdheid oor God se wonderbare dade getoon. Daar word gesê dat hy ’n “kunstenaar” tydens sy voormenslike bestaan was, en sy “verlustiginge was met die mensekinders” (Spr. 8:30, 31). Toe Jehovah se Seun na die aarde toe gekom het, het hy dieselfde besorgdheid getoon om saam met sy Vader te werk, en dieselfde ‘verlustiging met die mensekinders’. Nadat hy ’n kreupel man op ’n Sabbatdag genees het, het Jesus gesê: “My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.”—John 5:17.

Jesus het nag en dag onvermoeid omgesien na al die sake wat betrekking het op die koninkryk van God. Dit het vir alle opregte toeskouers getoon dat hy die Seun van God is. Toe die tyd nader kom vir Jesus om sy lewe af te lê, het hy die tevredenheid gesmaak om te kon sê: “Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring” (Joh. 17:4). Ja, Jesus Christus het die grootste besorgdheid oor sy Vader se Koninkryksbelange getoon en was ’n lojale ondersteuner en verkondiger van die Koninkryk.

Terwyl Jesus by sy dissipels was, het hy hulle geleer om dieselfde besorgdheid vir mense te hê as wat hy gehad het, dieselfde begeerte om ter bevordering van die Koninkryk te arbei (Matt. 9:37, 38; 10:1-15). Hoe het daardie vroeë Christene hulle besorgdheid getoon? Elkeen het sy lojaliteit aan die Koninkryk getoon deur ’n verkondiger van die “goeie nuus” te wees. Baie het voltydse verkondigers geword. Hulle kon na afgeleë sendingvelde gestuur word. Benewens hulle persoonlike predikingswerk het party van die apostels en “ouderlinge” in Jerusalem gewillig die verantwoordelikheid aanvaar om toesig te hou oor die hele predikingsveld (Hand. hfst. 15). Ander “ouderlinge” het die werk aanvaar om toesig te hou oor die plaaslike gemeentes (Hand. 14:23). Daarbenewens het daardie vroeë Christene met graagte bygedra tot spesiale bystandsfondse om hulle behoeftige broers elders te help.—Rom. 15:26.

Ja, manne en vroue, oud en jonk, het “medewerkers van God”, “medearbeiders van die waarheid”, “medewerkers vir die koninkryk van God” geword. (1 Kor. 3:9; 3 Joh. 8; Kol. 4:11). Hulle het alle kommunikasiemiddele wat in daardie dae bekend was, gebruik om die uithoeke van hulle gebiede te bereik. Hulle het hulself en hul middele gewillig bestee om hierdie doelwit te bereik (2 Kor. 12:15). God het hulle geseën oor hulle lojale besorgdheid oor die werk van die Koninkryk.

WIE TOON VANDAG BESORGDHEID?

Watter puik voorbeeld het Jesus en hierdie vroeë Christene vir ons gestel om in hierdie 20ste eeu te volg! As gevolg van die immertoenemende bevolking op hierdie aarde, is die oes vandag baie groter as wat dit in die eerste eeu was. Vergeleke met die ontsaglike veld waar daar gepreek kan word, is die “arbeiders” steeds “min”. Dit is dus weer nodig om ‘die Here van die oes te bid dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur’.—Matt. 9:37, 38.

Wie is vandag die lojale persone wat gewillig aan hierdie dringende oproep tot aksie gehoor gee? Jehovah se Getuies toon besorgdheid oor hierdie sake wat in verband staan met Jehovah se wonderlike Messiaanse koninkryk. Hulle bewys dit deur hulle wêreldwye verkondiging van die “evangelie van die koninkryk” (Matt. 24:14). Net soos in die eerste eeu vind ons nou dat manne en vroue, oud en jonk, “medewerkers vir die koninkryk van God” word. Hulle groot begeerte voor die einde van hierdie stelsel kom, is om te kan sê soos hulle Heer gesê het: ‘Die werk wat U ons gegee het om te doen, het ons volbring.’

Hierdie wêreldwye predikingswerk word nou al meer as 70 jaar lank bestuur vanaf die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York. Daar en by 97 takke dwarsoor die wêreld is daar 5 039 vrywilligerwerkers wat besorgdheid oor Koninkryksbelange toon. Hoe? Deur al hulle tyd te wy aan die voorbereiding, druk en versending van miljoene der miljoene Bybels, boeke, boekies en tydskrifte. Hierdie publikasies word deur meer as 2 1/4 miljoen Getuies tydens hulle predikings- en onderrigtingswerk gebruik. Elk van die meer as 5 000 vrywilligerwerkers ontvang ’n klein toelae vir klere en persoonlike uitgawes asook genoeg kos en huisvesting.

As gevolg van die vinnige uitbreiding van die Koninkrykswerk in baie lande was dit nodig om baie van die drukkerye te vergroot. Party is reeds vergroot; ander word nog gebou. ’n Groot deel van die bouwerk is deur vrywilligers gedoen, en dit het die boukoste laag gehou.

In die laaste jare was daar geweldige vooruitgang op die gebied van drukmetodes, en hierdie nuwe prosesse word by baie van die takke asook by die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies toegepas. Nog ’n voordeel van hierdie uitbreiding en bouwerk is dat daar sodoende beter toesig gehou kan word oor die predikingswerk van die 43 181 gemeentes van Jehovah se Getuies. Dit word gedoen sodat die gedrukte boodskap op die doeltreffendste en aantreklikste manier aangebied kan word, en ook sodat hierdie allerbelangrikste werk volbring kan word voordat die “groot verdrukking” uitbreek.—Matt. 24:21.

HOE IS DIT MOONTLIK?

Party van ons lesers wonder dalk hoe dit moontlik is om so uit te brei in die lig van toenemende boukoste, asook stygende reis en lewenskoste. Dit is slegs moontlik omdat daar derduisende Getuies is, asook baie ander wat in hulle vorm van aanbidding belangstel, wat gedurende die afgelope jaar besorgdheid getoon het. Hoe? Deur vrywillige bydraes aan die Wagtoringgenootskap te stuur en geld aan hulle te leen.

Ons wil nou vir al sulke gewillige helpers sê: Baie dankie vir julle liefdevolle besorgdheid oor hierdie sake wat in verband staan met die werk van Jehovah se koninkryk.

Julle vrygewigheid het dit moontlik gemaak om vinnig te vorder met die talle bouprojekte en die aankoop en installering van nuwe druktoerusting. Dit het ook gehelp om meer as R16-miljoen beskikbaar te stel om die derduisende voltydse bedienaars te help onderhou. Dit sluit reisende opsieners, sendelinge en spesiale pioniers in. Deur so mildelik op hierdie wyse by te dra, asook deur self ’n aandeel te hê in die verkondiging van die “evangelie”, ‘vereer julle Jehovah beslis uit julle goed’.—Spr. 3:9.

Ons is seker dat Jehovah die harte van sy lojale aanbidders sal beweeg om net soveel besorgdheid gedurende die komende jaar te betoon. Enige bydraes tot Jehovah se werk moet aan die plaaslike takkantoor van die Wagtoringgenootskap in julle land gestuur word. Persone in Suid-Afrika kan bydraes en lenings stuur aan Privaatsak 2, Elandsfontein, 1406. Elke bydrae wat ontvang word, sal deur die Genootskap erken word.

Diegene wat Jehovah loof en diepe besorgdheid betoon oor sake wat in verband staan met sy “wonderbare dade” ervaar groot genot en tevredenheid. Betoon jy sulke besorgdheid? Ons hoop so, want dan sal jy baie bevredigende geestelike seëninge uit Jehovah se oop hand ontvang.—Ps. 145:15, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel