Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 6/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Dis goed om soms alleen te wees
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 6/22 bl. 30

Van ons lesers

Orkaan Pauline Dit maak my altyd bly wanneer ek daaraan herinner word dat ek aan ’n organisasie behoort wat werklik vir mense omgee. Dankie vir die uitstekende artikel “Die twee kante van ’n ramp” (8 Oktober 1998). Hoe bevredigend is dit tog om te weet dat ander erken dat Jehovah se Getuies “georganiseerd en eerlik” is!

D. F. S., Brasilië

Om alleen te wees Dit was asof die artikel “Die Bybelse beskouing: Dis goed om soms alleen te wees” (8 Oktober 1998) spesiaal vir my bedoel was. Dit is vir my nodig om soms alleen te wees sodat ek geestelik en emosioneel gesond kan bly. Maar ek sal hierdie stelling onthou: Om alleen te wees, is “’n aangename plek om te besoek, maar ’n gevaarlike plek om in te bly”.

L. G., Verenigde State

Die Vatikaan en die Slagting Deur die jare heen het Getuies na my huis toe gekom, en ek het hulle besoeke geniet. Maar ek het julle artikel “Die Katolieke Kerk en die Slagting” (22 Oktober 1998) aanstootlik gevind. Pous Pius XII was ’n heilige man wat alles in sy vermoë gedoen het om die Jode te help, en duisende is deur sy pogings gered!

J. P., Verenigde State

Dit was nie ons bedoeling om Katolieke lesers aanstoot te gee nie, maar om ’n akkurate verslag te gee oor die geskil oor die Vatikaanse dokument “We Remember: A Reflection on the Shoah”. Stellings wat in die artikel gemaak word, is die menings van gerespekteerde geskiedkundiges, skrywers en regsgeleerdes—van wie sommige self Rooms-Katolieke is. Enige rol wat die Vatikaan dalk gespeel het om lewens te red, is natuurlik prysenswaardig. Maar dit is ’n feit dat die Pous hom nie openlik teen die Nazi-bewind uitgespreek het nie. As hy dit gedoen het, kon dit heel waarskynlik miljoene lewens gered het.—RED.

Liefde vir mekaar Die reeks “Sal alle mense mekaar ooit liefhê?” (22 Oktober 1998) was uitstekend! Dit het my gehelp om ’n sterk drang te onderdruk wat ek soms het om ’n wrok of haat te koester. Baie dankie! Ek hoop dat die aanmoediging wat ek uit julle publikasies ontvang my sal help om ’n kneg van Jehovah God te word.

G. C., Italië

Moedige sendelinge Nadat ek die artikel “Ons lewe nie langer vir onsself nie” (22 Oktober 1998) gelees het, moes ek julle net bedank vir sulke geloofversterkende inligting. Hier in Brittanje kom ons voor heelwat onverskilligheid te staan. Maar dit is niks in vergelyking met wat Jack en Linda Johansson deurgemaak het nie. Die artikel het regtig my hart geraak en het my dankbaar gemaak vir wat ek het.

L. J., Engeland

Ek en my vrou is nou al ’n hele paar jaar lank voltydse evangeliedienaars, en ons weet dat dit ’n groot uitdaging kan wees om by ’n nuwe toewysing aan te pas. Die Johanssons het eerlik gesê hoe hulle gevoel het toe hulle hulle toewysings moes verlaat. Hulle verhaal het ons laat besef dat ons gevoelens nie uniek is nie en dat ons moet voortgaan om op Jehovah te vertrou.

S. E. C., Brasilië

Kry die waarheid lief Ek is 12 jaar oud, en ek het die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek die waarheid liefkry?” (22 Oktober 1998) baie geniet. Noudat die skole weer begin het, is dit ’n bietjie moeiliker om vir Christelike vergaderinge voor te berei. Maar ek moet die tyd uitkoop. Ek dink dat hierdie artikel baie jongmense sal help om Jehovah lief te kry en stewig in die waarheid geanker te word.

C. S., Portugal

’n Jaar gelede het ek my dieselfde vrae oor die waarheid afgevra. Ek was nie seker of ek regtig lief was vir die waarheid en of ek net ter wille van my gesin daarin was nie. Toe het ek gedoen wat julle aanbeveel het—ek het my daarvan vergewis deur Bybelnavorsing te doen. Ek is nou bly dat ek kan sê dat ek die waarheid liefhet. Ek sien daarna uit om ’n voltydse evangeliedienaar te wees!

H. N., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel