Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 6/22 bl. 31
  • Besorgdheid oor besmette bloed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Besorgdheid oor besmette bloed
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Bloedoortappings—Hoe veilig?
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Gawe van lewe of kus van die dood?
    Ontwaak!—1990
  • Studievrae vir die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 6/22 bl. 31

Besorgdheid oor besmette bloed

TOE Demetrio Pessoa, ’n biochemikus in Bolivia, ná ’n operasie komplikasies gekry het, is hy inderhaas na ’n kliniek geneem. Daar het hy ’n bloedoortapping ontvang, en sy toestand het gestabiliseer. Maar kort daarna het die biochemikus skielik koorsig geword. Nadat die dokters hom ondersoek het, het hulle vir hom die slegte nuus gegee: mnr. Pessoa het bloed ontvang wat met die parasiet Trypanosoma cruzi besmet was. As gevolg daarvan het hy ’n slagoffer van Chagas-siekte geword.

Mnr. Pessoa se geval is geen uitsondering in Bolivia nie, sê Panos, ’n nuusagentskap in Londen. ’n Uitvoerige mediese studie wat in 12 Latyns-Amerikaanse lande gedoen is, toon dat infeksies weens besmette bloed alledaagse gebeurtenisse in daardie deel van die wêreld is. In een Latyns-Amerikaanse land het 220 uit elke 10 000 pasiënte wat bloed ontvang het op die ou end ’n besmetlike siekte opgedoen. Dit beteken dat 1 uit elke 45 mense wat ’n bloedoortapping gekry het ’n slagoffer geword het!

Chagas-siekte is egter nie die enigste gevaar nie. Dieselfde studie toon dat etlike Latyns-Amerikaanse lande nie geskenkte bloed vir hepatitis C getoets het nie en dat toetse vir sifilis in party lande net af en toe gedoen is. Daarbenewens het ’n aantal lande nie voldoende toerusting gehad om vir HIV te toets nie. Tonchi Marinkovic, die Boliviaanse Minister van Gesondheid, het die volgende oor besmette bloed gesê: “Mag God ons van ’n noodsituasie bewaar, want ons sit dalk op die ou end met ’n mediese krisis van sifilis, hepatitis, Chagas-siekte of vigs.”

Hierdie regeringsamptenaar was onwetend op die regte spoor wat die beëindiging van hierdie dreigende mediese krisis betref. Die tydskrif Notícias Bolivianas het ’n paar jaar gelede in ’n artikel oor die risiko’s van bloedoortappings gesê: “Onthouding van bloed word in ooreenstemming met die Bybelse opdrag aanbeveel.” Die Bybelse opdrag waarna hierdie Boliviaanse tydskrif verwys, word in Handelinge 15:29 gevind. Dit sê: “Onthou [julle voortdurend] van afgodsofferandes en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle julle sorgvuldig van hierdie dinge bewaar, sal julle voorspoedig wees.”—Sien ook Genesis 9:4; Levitikus 3:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel