Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 9/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • ‘Hierdie Ontwaak! is spesiaal vir ons geskryf’!
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 9/22 bl. 30

Van ons lesers

Inligtingsangs Ek skryf om julle te bedank vir die reeks “Inligtingsangs—Hoe raak dit jou?” (8 Januarie 1998). Ek is baie lief vir lees, maar ek het nou eers besef dat ek angstig raak om alles so vinnig moontlik te leer. Hierdie artikels het my gehelp om ’n gebalanseerde beskouing te hê.

M. E., Italië

Ek wil julle graag gelukwens met die publisering van sulke deeglike artikels. Ek sal dit baie waardeer as ek toestemming kan kry om die inleidende artikel te gebruik in ’n nuusbrief vir ons vereniging van opvoedkunde en mediategnologie. Die sogenaamde inligtingsnelweg is propvol inligting, en dit is deur middel van sulke artikels dat ’n mens op ’n eerlike wyse ingelig kan word en opgewasse kan wees teen die inligtingseeu.

G. D., Ghana

Toestemming is verleen om die artikel te gebruik.—RED.

Vrees God? Ek moes net skryf om te sê hoe bly ek was oor die artikel “Die Bybelse beskouing: Hoe kan jy ’n God van liefde vrees?” (8 Januarie 1998). Ek wonder nou al ’n ruk lank oor hierdie einste vraag. Ek het verstaan dat iemand wat God vrees ’n heilsame vrees moet hê om hom te mishaag. Ek het nietemin gevoel dat ek ’n bietjie meer lig op hierdie onderwerp moes kry. Toe het ek dié artikel gelees. Uiteindelik, ’n baie bevredigende bespreking van wat dit beteken om God te vrees!

M. J. T., Verenigde State

Onreg reggestel Baie dankie vir die artikel “’n Onreg word deur ’n Europese hof reggestel” (8 Januarie 1998). Toe ek hoor van ons broers wat oor die kwessie van verpligte militêre diens hof toe gegaan het, het dit my herinner aan hoe ons broers die reg verkry het om Sondae die predikingswerk van deur tot deur te doen. Sulke verslae help my om nooit hierdie voorreg as vanselfsprekend te aanvaar nie.

S. V., Verenigde State

Inkas Nadat ek die artikel “Hoe die Inkas hulle Goue Ryk verloor het” (8 Januarie 1998) gelees het, moet ek my innige waardering uitspreek vir so ’n pragtig geïllustreerde, hartverskeurende verhaal. Julle pogings, as Getuies, om julle bemoedigende boodskap aan die afstammelinge van die Inkas oor te dra, sal ongetwyfeld vir hulle baie vertroosting bied. Baie dankie, Ontwaak!, dat julle die waarheid praat.

S. B., Nigerië

Ek is tien jaar oud, en ek wil dankie sê vir die artikel. Ek was verbaas oor al die paaie wat die Inkas gebou het. Ek het ook gehou van die manier waarop hulle boodskappe gestuur het.

F. C., Verenigde State

Kinders wat die huis verlaat Baie dankie vir die reeks “Wanneer kinders die huis verlaat” (22 Januarie 1998). Dit was vir my pynlik en het my lank geneem om van my eie dierbare kinders afskeid te neem. Maar julle is reg. Dit word met verloop van tyd en met begrip makliker om in ’n leë nes te woon. As ouers kan ons die huweliksband met ons maat hernieu.

A. E., Kanada

Die artikels was ’n antwoord op my gebede. Kinders wat die huis verlaat, kan ’n bron van bitterheid en konflik wees. Maar met die goeie raad in hierdie artikel kan vrede en liefde seëvier.

P. N., Frankryk

Ek het gevoel dat die artikels spesiaal vir my geskryf is. Ek het onlangs die huis verlaat om in ’n gebied te dien waar voltydse evangeliedienaars nodig is. Hierdie artikels het my gehelp om te verstaan hoe my ouers voel en om my eie skuldgevoelens te oorkom omdat ek hulle verlaat het. Daarbenewens sal ek die raad volg in die deel “’n Woordjie aan volwasse kinders—Help ouers om afskeid te neem”. Hoewel ek ver weg is, sal ek na aan my ouers kan voel. Baie dankie vir sulke artikels wat altyd op die regte tyd kom.

G. U., Italië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel