Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 9/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 9/8 bl. 30

Van ons lesers

Morsekode byna in onbruik? Die brokkie “Morsekode byna in onbruik ná 150 jaar”, wat in “Ons beskou die wêreld” verskyn het, kan die verkeerde indruk gee (8 Augustus 1997). Morsekode word nog steeds gebruik in radionavigasiebakens vir vliegtuie en in kortgolfuitsendings op radio.

H. K., Nederland

Dankie dat jy ons hierop gewys het. Soos ons leser tereg sê, verwys die “onbruik” van Morsekode waaroor ons berig het spesifiek na skeepvaartbedrywighede.—RED.

Tuberkulose Ek het die reeks “Tuberkulose—Saai opnuut verwoesting” (22 Desember 1997) waardeer. Ek het in 1988 TB gekry en gesond geword. Julle is reg wanneer julle sê dat pasiënte hulle medisyne “op gereelde grondslag” moet neem.

Y. L., Frankryk

My skoonma, wat nie in godsdiens belangstel nie, het die artikel op my tafel gesien en dit gelees. Sy het gevra of sy dit huis toe kan neem. Ek kon ook twee ander nommers van die Ontwaak! vir haar gee. Dankie vir al die harde werk wat julle doen om elke tydskrif te druk.

L. N., Verenigde State

Ek het 11 jaar gelede TB gekry. Die inligting in die artikel is baie akkuraat. Toe ek dit gelees het, het dit soms gevoel of ek my eie ondervinding herleef. Ek dank Jehovah vir die gawe van lewe en die raad wat ons gereeld in die Ontwaak! ontvang om ons gesondheid te beskerm.

G. B., Italië

Ek het hierdie siekte gekry en was ses maande lank onder behandeling. Julle artikel het my gehelp om meer oor hierdie dodelike siekte te leer. Nog belangriker is die feit dat dit my geloof versterk het in die Koninkryk van God wat ’n wêreldwye oplossing vir hierdie probleem gaan bring.

P. P., Indonesië

Lewensverhaal Die artikel “Die klant is altyd reg” het my diep getref (22 Desember 1997). Wei Tung Chin het ses kinders; ek het ook. Trane het oor my wange gestroom terwyl ek haar verhaal gelees het. Ek weet sy is trots op haar kinders en hulle gesinne. Vier van my kinders het nog nie die Christelike geloof as hulle lewenswyse aangeneem nie. Miskien sal ek eendag dieselfde soort vreugde as sy ervaar.

E. H., Verenigde State

Ek vind altyd die lewensverhale in die Ontwaak! so aanmoedigend. Die verhaal van Wei Tung Chin het my diep geraak. Hoe gelukkig kan ons tog wees dat sulke kosbare individue ’n deel is van die volk wat Jehovah insamel.

I. T., Duitsland

Verkeerde byskrif! Ek wil julle bedank vir die interessante artikel “Die skoonheid van die Alpynse Nasionale Parke” (22 November 1997). Aangesien ek lief is vir berge en fotografie, het ek die vreugde ervaar om al die diere wat in hierdie artikel beskryf is te sien en af te neem. Maar ek dink dat daar ’n fout in die byskrif by die foto bo-aan bladsy 15 is. Ek dink dat die diere op die foto nie gemse is nie, maar Europese steenbokooie.

M. D. M., Italië

Ons wil graag vir ons leser dankie sê dat hy hierdie fout raakgesien het.—RED.

Moskou Dankie vir die artikel “Moskou—Sy 850ste herdenking” (22 Desember 1997). Die gasvryheid en vriendelikheid van die Russe is oorweldigend. Ek het dit self in 1989 ondervind toe 3000 Russe na Pole gekom het vir ’n Christelike byeenkoms. Die laaste bladsy van daardie nommer, met ’n Russiese suster wat die predikingswerk in die Russiese platteland doen, was ook treffend. Mag Jehovah toesien dat nog baie Russiessprekende mense sy aanbidders word!

I. L., Duitsland

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel