Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 3/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 3/8 bl. 30

Van ons lesers

Heilsame vermaak Ek studeer om een van Jehovah se Getuies te word, en ek wil julle graag bedank vir die reeks “Op soek na heilsame vermaak” (22 Mei 1997). Daar is baie min programme op die televisie waarna ’n mens kan kyk, en julle het ons almal—oud en jonk—baie goeie raad gegee. Ek hoop julle hou aan om vir ons inligting oor sulke sake te gee.

D. W., Verenigde State

Sal God my vriend bly? Ek is baie dankbaar teenoor ons goedhartige Skepper vir die uitstekende artikel “Jongmense vra . . . Sal God my vriend bly?” (22 Mei 1997). Nie te lank terug nie het ek ’n vraelys ingevul oor hoeveel vriende ek kan hê, en die uitslag het my die versekering gegee dat ek altyd deur vriende omring sou wees. Ongelukkig was dit toe heeltemal vals. Ek besef nietemin dat net Jehovah God ons beste Vriend is. Dit is waar dat alle ander dinge betekenisloos is as ons nie vriende met Jehovah God is nie.

A. T. M., Mexiko

Dankie vir die belangstelling wat julle in jongmense toon. Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Sal God my vriend bly?” ontvang net toe ek dit die nodigste gehad het. Ek was uitgesit en is onlangs herstel. By tye het ek heeltemal alleen gevoel en baie twyfelgedagtes gehad—onder andere: Luister God na my? Nadat ek Paulus se voorbeeld onder die onderhofie “’n Doring in die vlees” noukeurig ondersoek het, het ek besluit om na ’n seën van Jehovah te soek deur middel van ’n gereelde Bybelstudie en openhartige gebed. Een vraag: Sal Jehovah voortgaan om my vriend te wees?, is duidelik beantwoord.

J. C. A., Argentinië

Byeboerdery Ek skryf oor die artikel “Byeboerdery—’n ‘lekker’ storie” (22 Mei 1997), waarin julle kortliks korrekte inligting oor bye gee. Ek het gehou van die gepaste kombinasie van verduidelikings, foto’s en gedagtes—sonder enige foute. ’n Byeboer merk dikwels op wanneer daar onjuiste of slegs gedeeltelik korrekte inligting in die pers verskyn, maar daar is glad nie so iets in julle artikel nie. Ek is ’n ywerige byeboer, en ek sien dikwels dat hierdie insekte meer ‘praktiese wysheid’ as baie mense het. Ek dink dus dat ek tereg kan sê dat julle, in die wyse waarop julle hierdie onderwerp hanteer het, hulde gebring het aan die prag van die lewe, veral soos dit in sulke klein diertjies na vore kom.

P. G. M., Italië

Versorging Dankie vir die reeks “Versorging—Bied die uitdaging die hoof” (8 Februarie 1997). My ma is ’n kankerpasiënt, en dit is veeleisend om haar in die finale stadium van haar siekte te versorg. Die artikel gee ’n juiste beskrywing van die gevoelens van die versorger en toon vir ander hoe om bedagsaam te wees teenoor dié van ons wat in hierdie situasie is. Sulke artikels is seldsaam.

F. T., Taiwan

Jongmense vra . . . Ek is 12 jaar oud. Ek is op skool en hou baie daarvan om julle tydskrifte te lees. Voordat ek dit begin lees het, was dit vir my moeilik om met ouer mense te assosieer. Maar vandat ek die artikels in die Ontwaak! in die rubriek “Jongmense vra . . . ” begin lees het, vind ek dit makliker. Dankie!

N. T., Rusland

Van ons lesers Ek lees die Ontwaak! al 26 jaar gereeld en ek waardeer die tydskrif nog net soveel as ooit. Ek lees “Van ons lesers” altyd, aangesien die kommentare my dikwels beweeg om ’n artikel weer te lees. Dankie vir hierdie uitstekende tydskrifte.

M. B., Frankryk

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel