Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 2/22 bl. 3
  • Toe daar geen misdaad was nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toe daar geen misdaad was nie
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar het misdaad ontstaan?
  • Waarom soveel misdaad?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Die verlore stryd teen misdaad
    Ontwaak!—1998
  • Die einde van misdaad is nou naby!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Die stryd om ’n einde te maak aan misdaad
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 2/22 bl. 3

Toe daar geen misdaad was nie

KAN jy jou ’n wêreld sonder misdaad voorstel? Waarskynlik nie as jy nuusberigte gelees het soos dié een wat in die Duitse dagblad Süddeutsche Zeitung verskyn het: “Misdaaddeskundiges sê dat misdaad ’n nuwe dimensie aangeneem het. Hulle maak die een onheilspellende voorspelling na die ander, en die beeld wat hulle skep, is apokalipties.”

Volgens ’n opname wat in 1995 onder duisende Europeërs gedoen is, is byna almal bekommerd dat hulle ’n slagoffer van misdaad gaan wees. In Duitsland, Nederland, Pole, Rusland en die Verenigde Koninkryk is misdaad boaan die lys van dinge wat mense die meeste vrees. Vrees vir misdaad word in Denemarke, Finland en Switserland as die tweede grootste vrees aangegee en as die derde grootste in Frankryk, Griekeland en Italië. Van die 12 lande waar die opname gedoen is, het net Spanje nie misdaad onder die vernaamste drie redes vir vrees aangegee nie.

Die misdaadsyfer in Oos-Europa het in die afgelope sewe jaar drasties gestyg. In ’n hele paar van hierdie lande was die styging tussen 50 en 100 persent, terwyl dit in die ander lande selfs van 193 tot 401 persent wissel!

En tog was daar eens ’n misdaadvrye wêreld. Wanneer was dit, en hoe is daardie wêreld verwoes?

Waar het misdaad ontstaan?

Misdaad, wat as “’n growwe oortreding van die wet” gedefinieer word, het sy oorsprong in die geesteryk gehad. Die eerste mense, Adam en Eva, is nie met misdadige neigings geskep nie, en hulle was ook nie ten volle daarvoor verantwoordelik dat misdaad in die mensegemeenskap ingebring is nie. ’n Volmaakte geesseun van God het toegelaat dat verkeerde gedagtes in sy hart posvat, wat, toe dit gekoester is, misdaad gebaar het. Hý was daarvoor verantwoordelik dat die oorspronklike misdaadvrye wêreld verderf is. Deur God se wet te oortree, het hy homself ’n misdadiger gemaak, en hy word in die Bybel as Satan die Duiwel geïdentifiseer.—Jakobus 1:13-15; Openbaring 12:9.

Nadat Satan hom op ’n weg van teenstand teen God in die onsigbare hemel begewe het, was hy vasbeslote om sy misdadige weë onder die mense op aarde te versprei. Die Bybelverslag van hoe die Duiwel dit gedoen het, is kort en eenvoudig maar feitelik (Genesis, hoofstukke 2-4). Adam en Eva, wat deur hierdie listige, bomenslike misdadiger mislei is, het geweier om by God se standaarde te bly. Hulle het misdadigers geword deur aan God ongehoorsaam te wees. Later het hulle ongetwyfeld in afgryse teruggedeins toe hulle eersgebore seun, Kain, so ver gegaan het as om sy broer Abel van sy kosbaarste besitting, die lewe self, te beroof!

Van die eerste vier mense wat die aarde bewoon het, het drie dus misdadigers geword. Adam, Eva en Kain het sodoende hulle kans verbeur om in ’n misdaadvrye wêreld te lewe. Waarom kan ons, ná al hierdie tyd, seker wees dat so ’n wêreld nou op hande is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel