Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 1/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Wil jy graag ’n kobra ontmoet?
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Kobras in Sri Lanka hoor klank
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 1/8 bl. 30

Van ons lesers

Lees van voor tot agter Ek het nog altyd van die Ontwaak! gehou, maar ek het gewoonlik net die artikels gelees wat my aandag getrek het. Nou lees ek die tydskrif van voor tot agter en geniet ek selfs onderwerpe wat ek voorheen sou oorgeslaan het. Ek het byvoorbeeld “’n Ou Indiaanse tradisie” (8 Maart 1996) pas klaar gelees en dit werklik geniet!

E. A. S., Brasilië

Wanneer jy ander te na kom Die artikel “Die Bybelse beskouing: Wat om te doen wanneer jy ander te na kom” (8 Februarie 1996) het net op die regte tyd gekom. ’n Christensuster het skielik opgehou om met my te praat. Ek het haar gevra of ek enigiets gedoen het wat haar te na gekom het, en ek het om verskoning gevra. Maar dit het nie haar gesindheid verander nie. Dit het my diep seergemaak, en ek het begin dink dat my diens aan Jehovah onaanvaarbaar is. Hoe vertroos het ek tog nie gevoel toe ek die laaste paragraaf van die artikel lees nie! Dit het gesê dat “Jehovah jou aanbidding met genoeë sal aanvaar as jy jou bes gedoen het om vrede te maak”.

M. R., Argentinië

Kobra Die artikel “Wil jy graag ’n kobra ontmoet?” (22 Maart 1996) was baie interessant. Maar ’n byskrif by ’n foto op bladsy 16 sê: “’n Swartkobra sprei sy bak terwyl hy op ’n warm rots in die son lê en bak.” Sover ek weet, sprei die kobra net sy bak wanneer hy van gevaar bewus word of wanneer die kobra kwaad is.

R. F., Duitsland

Dit is in die artikel op bladsy 18, paragraaf 1, en op bladsy 20, paragraaf 2, verduidelik. Ons medewerker in Indië sê dat die kobra op die foto so gereageer het toe die fotograaf se assistent die slang geterg het.—RED.

Gestremde bestuurder Die artikel “Gestremd—En tog in staat om te bestuur” (8 Mei 1996) het op die regte tyd gekom. Aangesien ek gestremd is, vind ek dat my Christelike bediening baie beperk is. Ek is dit aan Jehovah te danke dat ek nou ’n aangepaste motor besit, en hierdie artikel het my aangespoor om my bediening uit te brei.

A. A. V., Brasilië

Dans Ek geniet dit om vir ontspanning op klassieke, Latynse en ligte popmusiek te dans. Ek het die artikel “Die Bybelse beskouing: Mag Christene dans?” (8 Mei 1996) werklik waardeer. Dit het my gehelp om hierdie vorm van ontspanning noukeuriger te ondersoek. Die sieldeursoekende vrae wat julle gestel het, sal my help om onberispelik en “sonder vlek van die wêreld” te bly.—Jakobus 1:27.

D. D. G., Trinidad

Ek is 15 jaar oud, en dit was vir my baie moeilik om te besluit wat behoorlik en onbehoorlik is wat dans betref. Deur die raad te gebruik wat die artikel voorsien het—tesame met die tekste wat uit die Bybel aangehaal is—kan ek nou besluit wat behoorlik is.

M. R., Verenigde State

Voorsienings vir dowes Ek is doof en blind, en ek wil julle bedank vir die artikel “Reik uit met hande wat praat” (8 April 1996). Dit het gehandel oor die “Vreugdevolle Lowers”-streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies wat in Amerikaanse Gebaretaal gehou is. Dit was vir my baie aanmoedigend om te weet dat baie blindes en dowes daar was. Ek is baie dankbaar teenoor diegene wat die byeenkomsprogram aan my oorgedra het toe ons ons streekbyeenkoms hier in Desember 1995 gehad het. Ek het nooit Braille geleer nie, en daarom het ek 121 Bybeltekste uit die hoof geleer om vir ander te kan preek. Dit is my begeerte om die vervulling van God se belofte in Jesaja 35:5, 6 te sien, wat sê dat die dowes sal hoor en die stommes sal praat. Ek wil in die komende Paradys lofliedere tot Jehovah kan sing!

A. F. A., Argentinië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel