NASA Photo
HOU AAN WAAK!
Is daar ’n stabiele regering wat oor ons planeet kan regeer? – Wat sê die Bybel?
Regerings regoor die wêreld is in ’n toestand van chaos. Selfs in lande waar dit lyk asof dinge stabiel is, is regerings negatief geaffekteer deur skandale, verkiesings waarvan die uitslae onseker is, politieke verdeeldhede en burgerlike onrus.
Die Bybel wys dat daar een regering is wat wel stabiel is. Jy het heel moontlik al van hierdie regering gehoor. Dit is die regering wat Jesus Christus in die modelgebed genoem het.
“Julle moet dan só bid: ‘Ons Vader in die hemel, laat u naam geheilig word. Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel.’” – Matteus 6:9, 10.
Wat sê die Bybel oor hierdie Koninkryk?
Die Koninkryk – ’n Stabiele regering
Die Koninkryk regeer uit die hemel.
Jesus het hierdie regering “die Koninkryk van die hemel” genoem (Matteus 4:17; 5:3, 10, 19, 20). Daarom het hy gesê: “My Koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie.” – Johannes 18:36.
Die Koninkryk sal menseregerings vervang.
Die Bybel sê: “Hierdie koninkryk . . . sal al daardie [menslike] koninkryke vernietig en ’n einde aan hulle maak, en dit alleen sal vir ewig bestaan.” – Daniël 2:44.
Die Koninkryk, met Jesus Christus as Koning, sal nooit vernietig word nie.
Die Bybel sê: “Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie tot ’n einde sal kom nie, en sy koninkryk sal nie vernietig word nie.” – Daniël 7:13, 14.
Die Koninkryk sal vrede en veiligheid na die aarde bring.
Die Bybel sê: “Elkeen sal dan in vrede kan woon met sy eie wingerd en sy eie vyebome sonder dat iemand hulle die skrik op die lyf jaag.” – Miga 4:4, Die Lewende Bybel.
Leer meer oor die Koninkryk
Toe Jesus op aarde was, het hy die meeste van sy tyd gebruik om “die goeie nuus van die Koninkryk [te] verkondig” (Matteus 9:35). Hy het ook voorspel:
“Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom.” – Matteus 24:14.
Vandag word die goeie nuus van die Koninkryk in meer as 240 lande verkondig. Ons nooi jou om meer te leer oor hierdie regering en hoe jy by sy heerskappy kan baat vind.
Kyk asseblief na die video Wat is God se Koninkryk?