HOU AAN WAAK!
Hoe om gelukkig te wees in onsekere tye – Wat sê die Bybel?
In hierdie onsekere tye het ons min beheer oor wat met ons gebeur. Maar ons geluk hang dikwels meer af van ons gesindheid as ons omstandighede. Die Bybel sê dat “gelukkige mense altyd die lewe geniet” maak nie saak watter probleme hulle het nie (Spreuke 15:15, Good News Translation). Wat kan ons doen om gelukkiger te wees? Kyk na hoe die Bybel se raad jou kan help.
Hoe om angstigheid te hanteer
Die Bybel sê: “Angstigheid in ’n mens se hart maak hom terneergedruk, maar ’n goeie woord maak sy hart bly.” – Spreuke 12:25.
Die Bybel kan jou help om minder angstig te voel. Om uit te vind hoe, lees die artikel “Wat die Bybel oor angstigheid sê”.
Hoe om teen eensaamheid te veg
Die Bybel sê: “’n Ware vriend betoon altyd liefde en is ’n broer gedurende moeilike tye.” – Spreuke 17:17.
Die Bybel bevat raad wat jou kan help om teen eensaamheid te veg deur jou vriendskappe te versterk. Lees die artikel “Veg teen eensaamheid met vriendskap – Hoe die Bybel kan help”.
Hoe om liefde vir God en vir jou naaste te ontwikkel
Die Bybel sê: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. . . . Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” – Matteus 22:37-39.a
Gebed kan ons help om nader aan God te voel. Om meer uit te vind, lees die artikel “Hoor God ons gebede?”
Ons wys liefde vir ander wanneer ons hulle op die manier behandel wat Jesus gesê het ons moet. Vind meer uit in die artikel “Wat is die Goue Reël?”
Leer gerus meer oor hoe die Bybel jou kan help om gelukkig te wees in hierdie onsekere tye. Om dit te doen, nooi ons jou om ons gratis Bybelstudieprogram te probeer.
a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.