Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 64
  • Watter leier sal jy kies? – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter leier sal jy kies? – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Menseleiers is beperk
  • ’n Leier wat deur God goedgekeur is
  • Korrupte politici – Wat God se Koninkryk sal doen
    Nog onderwerpe
  • Goeie leierskap—Waar kan ons dit vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wie is die regte leier vir vandag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Wandel met vertroue in Jehovah se leiding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 64
’n Stembrief word in ’n verkiesingstembus gesit.

Comstock Images/Stockbyte via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Watter leier sal jy kies? – Wat sê die Bybel?

Mense is besig om belangrike besluite te maak oor watter leiers hulle sal kies.

Wat sê die Bybel?

Menseleiers is beperk

Die Bybel identifiseer ’n beperking wat alle menseleiers het.

  •  “Moenie julle vertroue in magtiges stel nie. Moenie vertrou op mense, wat nie redding kan bring nie. Sy asem gaan uit, hy keer terug na die grond. Op daardie dag kom sy gedagtes tot ’n einde.” – Psalm 146:3, 4, voetnoot.

Selfs die beste leiers sal uiteindelik sterf. Wat meer is, hulle kan nie waarborg dat dié wat ná hulle kom, met hulle goeie werk sal aanhou nie. – Prediker 2:18, 19.

Die feit is, die Bybel wys dat mense nooit veronderstel was om oor hulleself te regeer nie.

  •  “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.” – Jeremia 10:23.

Is daar enige iemand wat ’n goeie leier in ons tyd kan wees?

’n Leier wat deur God goedgekeur is

Die Bybel verduidelik dat God die beste en betroubaarste leier aangestel het: Jesus Christus (Psalm 2:6). Jesus is die Koning van God se Koninkryk, ’n regering wat uit die hemel regeer. – Matteus 6:10.

Sal jy kies om Jesus as leier te aanvaar? Die Bybel wys hoekom hierdie vraag belangrik is:

  •  “Eer die seun [Jesus Christus], anders sal God kwaad word en sal julle van die weg verwyder word, want Sy woede vlam vinnig op. Gelukkig is almal wat by Hom beskerming soek.” – Psalm 2:12.

Dit is nou die tyd om jou besluit te maak. Bybelprofesieë wys dat Jesus in die jaar 1914 begin regeer het en dat God se Koninkryk binnekort alle menseregerings sal vervang. – Daniël 2:44.

Om meer uit te vind oor hoe jy Jesus as leier kan ondersteun, lees die artikel “Ondersteun God se Koninkryk nou!”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel