Comstock Images/Stockbyte via Getty Images
Korrupte politici – Wat God se Koninkryk sal doen
Mense is moeg vir korrupte politici; hulle wil regeringsleiers hê wat hulle kan vertrou. ’n Wêreldwye opname wat in 2023 gepubliseer is, het gesê dat regeringsleiers die groep is wat mense die minste vertrou.a
Die Bybel beskryf ’n regering wie se Leier heeltemal betroubaar en eerlik is, wat glad nie korrup is nie en nooit sal wees nie. Daardie regering is God se Koninkryk en die Leier daarvan is Jesus Christus. – Jesaja 9:7.
Jesus het deur sy dade gewys dat hy regtig vir mense omgee (Matteus 9:35, 36). As Koning van God se Koninkryk sal hy binnekort geregtigheid en vrede bring vir almal wat sy leierskap aanvaar. – Psalm 72:12-14.
a 2023 Edelman Trust Barometer Global Report.