Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 120
  • Wat as my ouers my nie toelaat om sosiale media te gebruik nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat as my ouers my nie toelaat om sosiale media te gebruik nie?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Wat jy kan doen
  • Hoe affekteer sosiale media my?
    Jongmense vra
  • Kinders en sosiale media – Deel 1: Moet my kind sosiale media gebruik?
    Hulp vir die gesin
  • Wêreldwye bekommernis oor sosiale media en jongmense
    Nog onderwerpe
  • Senior gesondheidsamptenaar waarsku dat sosiale media ’n slegte uitwerking op jongmense kan hê – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 120
’n Gefrustreerde tienermeisie hou haar foon vas terwyl haar ma probeer om met haar te redeneer.

JONGMENSE VRA

Wat as my ouers my nie toelaat om sosiale media te gebruik nie?

Dit lyk asof al jou vriende sosiale media gebruik, en hulle praat die hele tyd daaroor. Dalk spot hulle jou selfs omdat jy nie op sosiale media is nie. Wat moet jy oor die situasie weet? En wat kan jy daaroor doen?

Wat jy moet weet

Jy is nie die enigste een nie. Baie ouers laat hulle kinders nie toe om sosiale media te gebruik nie. Dit kan wees omdat hulle besef dat die gebruik van sosiale media na dinge kan lei soos:

  • depressie en ander verstandelike gesondheidsprobleme.

  • blootstelling aan pornografie, sexting en om aanlyn geboelie te word.

  • onnodige drama tussen vriende.

Baie tieners het gekies om nie meer sosiale media te gebruik nie. Hulle het op hulle eie besef dat sosiale media hulle meer kwaad as goed gedoen het. Dink aan die volgende werklike voorbeelde:

  • Priscilla het besef dat die tyd wat sy op sosiale media spandeer het, beter gebruik kon word.

  • Jeremy het nie van die feit gehou dat hy nie kon keer dat ongepaste dinge op sy sosiale media verskyn nie.

  • Bethany het besef dat dit veroorsaak het dat sy te veel gedink het aan wat ander mense doen.

“Ek het besluit om my sosiale media-app te verwyder, en ek is bly dat ek dit gedoen het. Ek mis dit regtig nie, en ek geniet dit om meer tyd te hê om op dinge te fokus wat vir my die belangrikste is.” – Sierra.

“Ek het nie gehou van hoe verslawend sosiale media kan wees nie en hoe bekommerd ek partykeer geword het oor hoe mense gereageer het op wat ek op sosiale media sit nie. Dit was nie vir my maklik om van my rekening ontslae te raak nie, maar ek het dadelik beter gevoel toe ek dit gedoen het. Ek het meer vrede sonder dit.” – Kate.

Wat jy kan doen

Wees gehoorsaam aan jou ouers se reëls. Wys vir hulle dat jy volwasse genoeg is om hulle reëls te volg sonder om kwaad te word of om daaroor te kla.

Bybelwaarheid: “’n Dwaas beheer nie sy woede nie, maar die wyse man bly kalm.” – Spreuke 29:11.

Party sê dalk vir jou om sosiale media te gebruik sonder om vir jou ouers daarvan te vertel of om ’n geheime sosiale media-rekening op te stel. Dit sal ’n groot fout wees! Om dit weg te steek sal jou angstig en skuldig laat voel. Jy sal ook in die moeilikheid beland as hulle uitvind – en dit sal dit beslis moeilik vir hulle maak om jou te vertrou.

Bybelwaarheid: “Ons wil ons in alles eerlik gedra.” – Hebreërs 13:18.

’n Gloeilamp.

Wenk: Herinner jouself dat sosiale media nie soos kos, water en suurstof is nie. Die feit is, jy kan sonder dit lewe.

Maak dit jou besluit. Soos die jongmense wat hierbo aangehaal is, kan jy dalk ook aan baie redes dink om sosiale media te vermy. As dit vir jou duidelik is dat die gebruik van sosiale media nie vir jou goed is nie, vermy dit dan. Moenie dit doen net omdat dit jou ouers se besluit is nie, maar ook omdat dit jou eie besluit is. Op hierdie manier sal jy nie skaam voel wanneer ander jongmense jou daaroor vra nie. Hulle sal ook minder geneig wees om jou daaroor te spot.

Die meisie in die vorige prentjie praat met haar klasmaats in die skool se biblioteek.
’n Gloeilamp.

Wenk: Dalk sê iemand: “Wat? Is jy nie op sosiale media nie?” Jy kan sê: “Ek het besluit om dit nie te gebruik nie. Dit is net te veel vir my op die oomblik.” Of jy kan sê: “Ek sal dit miskien in die toekoms gebruik, maar vir nou geniet ek my vryheid!”

Die slotsom: Werk saam met jou ouers, en vind iets waaroor julle kan saamstem wanneer dit by sosiale media kom sodat jy kan voel dat die besluit joune is. Maar vir eers kan jy sonder sosiale media lewe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel