Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 117
  • Hoe affekteer sosiale media my?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe affekteer sosiale media my?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe affekteer sosiale media my tyd?
  • Hoe affekteer sosiale media my slaap?
  • Hoe affekteer sosiale media my emosies?
  • Kinders en sosiale media – Deel 1: Moet my kind sosiale media gebruik?
    Hulp vir die gesin
  • Wat as my ouers my nie toelaat om sosiale media te gebruik nie?
    Jongmense vra
  • Wêreldwye bekommernis oor sosiale media en jongmense
    Nog onderwerpe
  • Kinders en sosiale media – Deel 2: Leer jou tiener hoe om sosiale media op ’n veilige manier te gebruik
    Hulp vir die gesin
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 117
’n Tienermeisie kyk na haar foon. Sy is omring deur verskillende “emojis”.

JONGMENSE VRA

Hoe affekteer sosiale media my?

Laat jou ouers jou toe om sosiale media te gebruik? As dit die geval is, sal hierdie artikel jou met drie belangrike dinge in jou lewe help.

Op hierdie blad

  • Hoe affekteer sosiale media my tyd?

  • Hoe affekteer sosiale media my slaap?

  • Hoe affekteer sosiale media my emosies?

  • Wat ander jongmense sê

Hoe affekteer sosiale media my tyd?

Om op sosiale media te wees, is soos om ’n energieke perd te ry – beheer dit of dit sal jou beheer.

“Wanneer ek na sosiale media begin kyk, beplan ek net om vir ’n paar minute te kyk, maar dan skielik is dit ure later! Sosiale media kan verslawend wees en ook baie tyd mors.” – Joanna.

Het jy geweet? Sosiale media is gemaak om verslawend te wees. Die ontwerpers weet dat hoe gewilder ’n webwerf is en hoe meer tyd mense daaraan spandeer, hoe meer geld adverteerders sal betaal.

Vra jou af: ‘Spandeer ek meer tyd as wat ek besef wanneer ek na sosiale media kyk? Kan ek van daardie tyd gebruik om meer dinge te doen wat die moeite werd is?’

Wat jy kan doen. Besluit vooraf hoeveel tyd jy vir sosiale media sal gebruik, en bly daarby.

Teenoorgestelde prente van ’n tienerseun in die middag. 1. Hy lê op sy bed, het oorfone aan en is verdiep in sy foon. 2. Hy geniet dit om buite saam met ’n groep vriende te speel.

Besluit vooraf hoeveel tyd jy vir sosiale media sal gebruik

“Ek stel ’n alarm op my foon wat my toelaat om sekere apps vir net ’n spesifieke hoeveelheid tyd te gebruik. Nadat ek dit ’n ruk lank gedoen het, het dit my gehelp om nie meer so baie tyd op sosiale media te mors nie.” – Tina.

Bybelwaarheid: “Maak die beste gebruik van julle tyd.” – Efesiërs 5:16.

Hoe affekteer sosiale media my slaap?

Die meeste deskundiges sê dat tieners ten minste agt ure slaap elke aand nodig het, maar baie kry minder as dit. Die gebruik van sosiale media kan hierdie probleem erger maak.

“Ek kyk na my foon voordat ek gaan slaap, en dan op die ou einde mors ek ure om na foto’s van mense op sosiale media te kyk. Dis ’n slegte gewoonte wat ek wil oorkom.” – Maria.

Het jy geweet? Wanneer ons nie genoeg slaap nie, kan ons angstig en depressief raak. Volgens ’n professor in sielkunde Jean Twenge is te min slaap een van die grootste redes hoekom mense nie goed voel en gelukkig is nie. Sy sê ook dat as jy oor ’n lang tyd nie genoeg slaap kry nie, dit vir jou baie moeilik kan wees om helder te dink en gelukkig te voel.a

Vra jou af: ‘Kry ek genoeg slaap elke aand?’ ‘Is ek op sosiale media wanneer ek moet probeer om te ontspan en gereed moet maak om te gaan slaap?’

Wat jy kan doen. Probeer om nie elektroniese toestelle in die aand in jou slaapkamer te hê nie. Wanneer dit ook al moontlik is, hou op om elektroniese toestelle te gebruik twee ure voordat jy gaan slaap. As jy ’n alarm nodig het om wakker te word in die oggend, probeer om een te gebruik wat nie op ’n foon of ’n tablet is nie.

Teenoorgestelde prente van ’n tienermeisie in die oggend. 1. Sy sit op haar bed en sukkel om op te staan. 2. Sy sit regop in die bed en strek haar arms gelukkig uit.

Hou op om sosiale media te gebruik lank voordat jy gaan slaap

“Soms gebruik ek my toestel tot laat in die aand, maar dit is ’n probleem waaraan ek probeer werk. Ek moet grootword, en dit beteken dat ek meer verantwoordelik moet wees. Ek moet vroeër bed toe gaan sodat ek uitgerus kan wees en 100 persent die volgende dag kan gee.” – Jeremy.

Bybelwaarheid: “Maak [seker] van die belangriker dinge.” – Filippense 1:10.

Hoe affekteer sosiale media my emosies?

In een studie het amper die helfte van die meisies op hoërskool wat deelgeneem het, gesê dat hulle die heeltyd hartseer of hopeloos voel. ’n Deel van die probleem is as gevolg van sosiale media. Dr. Leonard Sax sê: “Hoe meer tyd jy aan sosiale media spandeer en jouself met ander mense vergelyk, hoe meer geneig is jy om depressief te raak.”b

“Dis algemeen vir jongmense om hulleself met ander te vergelyk, en sosiale media kan dit selfs erger maak. Jy kan ure lank na die foto’s van verskillende mense kyk en jou lewe met hulle s’n vergelyk. Of jy kan kyk na die lekker dinge wat jou vriende doen en voel dat jy uitmis.” – Phoebe.

Het jy geweet? Hoewel sosiale media jou kan help om in kontak met jou vriende te bly, is dit nie dieselfde soos om regtig met hulle te praat nie. Dr. Nicholas Kardaras skryf dat wanneer ons met ander kommunikeer deur elektroniese toestelle te gebruik, dit ons nie so gelukkig maak soos wanneer ons direk met mense kommunikeer nie. Hy skryf verder dat dit nie help met hierdie behoefte wat ons het om regtig met mekaar te kommunikeer nie.c

Vra jou af: ‘Voel ek eensaam nadat ek gekyk het na wat my vriende doen?’ ‘Voel ek dat my lewe vervelig is in vergelyking met die opwindende lewe wat my vriende voorgee om te hê en in hulle foto’s op sosiale media wys?’ ‘Kry dit my onder wanneer ek iets op sosiale media sit en min of geen “likes” kry nie?’

Wat jy kan doen. Probeer ’n “sosiale media-detoks” – ’n breek van sosiale media wat ’n paar dae, ’n week of selfs ’n maand aanhou. Spandeer meer tyd met jou vriende in persoon of oor die foon. Kyk of jy minder gestres en gelukkiger begin voel gedurende jou breek van sosiale media.

Teenoorgestelde prente van ’n tienermeisie. 1. Sy kyk hartseer na foto’s van ander op haar foon. 2. Sy gesels lekker met haar vriende terwyl hulle roomys buite eet.

Kan jy meer tyd met jou vriende in persoon spandeer?

“Wanneer ek sosiale media gebruik, het ek gevind dat ek te veel fokus op wat ander mense doen. Nadat ek my rekeninge toegemaak het, het ek vryer en minder angstig gevoel en het ek skielik meer tyd gehad om ander dinge te doen.” – Briana.

Bybelwaarheid: “Laat elkeen sy eie dade ondersoek, en dan sal hy ’n rede hê om bly te wees oor wat hy self doen en nie omdat hy homself met ander vergelyk nie.” – Galasiërs 6:4.

a Uit die boek iGen.

b Uit die boek Why Gender Matters.

c Uit die boek Glow Kids.

Wat ander jongmense sê

Phoebe.

“Sosiale media het baie van my tyd gevat, en dit het my nie gelukkiger gemaak nie. Ek het besluit om op te hou om dit te gebruik. Agterna het ek besef dat ek dit nie regtig mis nie. Ek is eintlik gelukkiger, meer gefokus en meer kreatief.” – Phoebe.

Jacob.

“Ek vat van tyd tot tyd ’n breek van sosiale media deur die app tydelik van my elektroniese toestelle af te haal. Wanneer ek dit doen, help dit my om te onthou wat vir my regtig belangrik is en om tyd daaraan te spandeer. Ek kan my tyd soveel beter gebruik as om doelloos na die dinge op sosiale media op my foon te kyk.” – Jacob.

Sienna.

“Ek sal dalk my sosiale media-rekeninge in die toekoms weer gebruik. Maar vir nou het ek besluit om op te hou. Ek wil seker maak dat ek op my eie lewe fokus en my nie te veel bekommer oor ander se lewens nie. Sosiale media kan dit maklik maak om van jou doelwitte en selfs van jou regte vriende te vergeet.” – Sienna.

Hersiening: Hoe affekteer sosiale media my?

  • Affekteer dit my tyd? Besluit vooraf hoeveel tyd jy vir sosiale media sal gebruik, en bly daarby.

  • Affekteer dit my slaap? Hou op om elektroniese toestelle te gebruik twee ure voordat jy gaan slaap.

  • Affekteer dit my emosies? Vat ’n breek van sosiale media, en spandeer meer tyd met jou vriende in persoon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel