Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w25 Mei bl. 26-31
  • Jehovah se naam – Wat dit vir ons moet beteken

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah se naam – Wat dit vir ons moet beteken
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “’N VOLK VIR SY NAAM”
  • “JULLE [IS] MY GETUIES”
  • WAT JEHOVAH SE NAAM VIR ONS BETEKEN
  • Jehovah se naam – Wat dit vir Jesus beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • “Loof die naam van Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • “Kies . . . self wie julle gaan dien”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Jehovah verheerlik sy naam
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
w25 Mei bl. 26-31

STUDIEARTIKEL 23

LIED 2 Jehovah is u naam

Jehovah se naam – Wat dit vir ons moet beteken

“‘Julle is my getuies,’ sê Jehovah.” – JES. 43:10.

FOKUS

Om te wys wat ons rol is wanneer dit kom by die heiliging en regverdiging van Jehovah se naam.

1-2. Hoe weet ons dat Jehovah se naam vir Jesus belangrik is?

JEHOVAH se naam is die heel belangrikste vir Jesus. Niemand anders het meer gedoen om Jehovah se naam bekend te maak nie. Soos die vorige artikel gewys het, was Jesus gewillig om te sterf vir Jehovah se naam en alles wat dit verteenwoordig (Mark. 14:36; Heb. 10:​7-9). En ná sy Duisendjarige Heerskappy sal Jesus gewillig wees om alle gesag op te gee vir die heiliging van Jehovah se naam (1 Kor. 15:​26-28). Jesus se liefde vir God se naam openbaar ook baie oor sy verhouding met sy Vader. Dit bewys sonder enige twyfel dat Jesus die Persoon liefhet wat verteenwoordig word deur daardie naam.

2 Jesus het aarde toe gekom in sy Vader se naam (Joh. 5:43; 12:13). Hy het sy Vader se naam bekend gemaak aan sy volgelinge (Joh. 17:​6, 26). Hy het mense in Jehovah se naam geleer en wonderwerke in daardie naam verrig (Joh. 10:25). Om die waarheid te sê, Jesus het Jehovah gevra om oor sy dissipels te waak “ter wille van [Sy] naam” (Joh. 17:11). So, as Jesus so sterk gevoel het oor Jehovah se naam, hoe kan iemand sê dat hy ’n ware volgeling van Christus is en nie die naam van sy Vader ken of gebruik nie?

3. Wat sal ons in hierdie artikel bespreek?

3 Omdat ons ware Christene is, volg ons Jesus na deur te wys dat ons Jehovah se naam liefhet en respekteer (1 Pet. 2:21). In hierdie artikel sal ons sien hoe Jehovah se naam dié identifiseer wat die “goeie nuus van die Koninkryk” verkondig (Matt. 24:14). Ons sal ook bespreek wat Jehovah se naam vir ons persoonlik moet beteken.

“’N VOLK VIR SY NAAM”

4. (a) Watter opdrag het Jesus vir sy dissipels gegee voordat hy teruggegaan het hemel toe? (b) Watter vraag ontstaan as gevolg van daardie opdrag?

4 Net voordat Jesus teruggegaan het hemel toe, het hy vir sy dissipels gesê: “Julle sal krag ontvang wanneer die heilige gees op julle kom, en julle sal getuies van my wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria en tot in die mees afgeleë deel van die aarde” (Hand. 1:8). So die dissipels sou die goeie nuus oral verkondig, nie net in Israel nie. Uiteindelik sou mense van al die nasies ’n geleentheid hê om volgelinge van Jesus te word (Matt. 28:​19, 20). Maar Jesus het gesê: “Julle sal getuies van my wees.” Sou hierdie nuwe dissipels Jehovah se naam moes ken of sou hulle net getuies van Jesus wees? Die gebeure wat in Handelinge hoofstuk 15 beskryf word, help ons om daardie vraag te beantwoord.

5. Hoe het die apostels en ouermanne in Jerusalem gewys dat alle mense Jehovah se naam moet ken? (Sien ook prent.)

5 In 49 HJ het die apostels en ouermanne in Jerusalem bymekaargekom om te bespreek wat onbesnede nie-Jode moes doen om aanvaar te word as Christene. Teen die einde van die bespreking het, Jakobus, Jesus se halfbroer, hierdie stelling gemaak: “[Petrus] het verduidelik hoe God vir die eerste keer aan die nasies gedink het sodat hy uit hulle ’n volk vir sy naam kan neem.” Na wie se naam het Jakobus verwys? Hy het die profeet Amos aangehaal en gesê: “Sodat die oorblywende mense Jehovah opreg kan dien saam met mense van al die nasies, mense wat my naam dra. So sê Jehovah” (Hand. 15:​14-18). Hierdie nuwe dissipels sou nie net oor Jehovah leer nie, maar hulle sou ook ‘sy naam dra’. Dit beteken dat hulle God se naam aan ander bekend sou maak en dat hulle ook daaraan geïdentifiseer sou word.

Jakobus praat met van die apostels en ouermanne in Jerusalem. Twee van die broers het boekrolle oop terwyl hulle luister.

By ’n vergadering van die eerste-eeuse bestuursliggaam het daardie getroue manne duidelik verstaan dat Christene ’n volk vir God se naam moet wees (Sien paragraaf 5)


6-7. (a) Hoekom het Jesus aarde toe gekom? (b) Watter ander belangriker rede was daarby betrokke?

6 Jesus se naam beteken “Jehovah is redding”, en Jehovah het Jesus gebruik om alle mense te red wat geloof in hom en sy Seun het. Jesus het aarde toe gekom om homself op te offer vir mense (Matt. 20:28). Deur die losprys te betaal, het hy dit moontlik gemaak vir mense om gered te word en om die ewige lewe te kry. – Joh. 3:16.

7 Maar hoekom moes mense in die eerste plek gered word? As gevolg van wat in die tuin van Eden gebeur het. Soos in die vorige artikel genoem is, het die mens se oorspronklike ouers, Adam en Eva, teen Jehovah in opstand gekom en sodoende die geleentheid verloor om vir ewig te lewe (Gen. 3:​6, 24). Maar iets wat selfs belangriker is as die redding van sondige mense, was daarby betrokke. Jehovah se naam is belaster (Gen. 3:​4, 5). So die redding van Adam en Eva se nakomelinge het verband gehou met ’n groter kwessie – die heiliging van Jehovah se naam. Omdat Jesus Jehovah verteenwoordig het en Sy naam gedra het, het hy ’n belangrike rol gespeel in die heiliging van Jehovah se naam.

Hoe kan iemand sê dat hy ’n ware volgeling van Christus is en nie die naam van sy Vader ken of gebruik nie?

8. Wat sou alle volgelinge van Jesus moes erken?

8 Almal wat geloof in Jesus sou beoefen, Jode sowel as nie-Jode, sou die Bron van hulle redding moes erken, naamlik Jesus se Vader, Jehovah God (Joh. 17:3). En hulle sou, soos Jesus, Jehovah se naam dra. Hulle sou ook moes besef hoe belangrik dit is om daardie naam te heilig. Hulle redding het daarvan afgehang (Hand. 2:​21, 22). So alle getroue volgelinge van Jesus moes oor Jehovah sowel as Jesus leer. Dit is geen wonder dat Jesus sy gebed wat in Johannes 17 opgeteken is, met hierdie woorde afgesluit het nie: “Ek het u naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee u my liefgehad het, in hulle kan wees en ek in eenheid met hulle.” – Joh. 17:26.

“JULLE [IS] MY GETUIES”

9. Hoe kan ons wys dat Jehovah se naam vir ons belangrik is?

9 So alle ware volgelinge van Jesus moet belangstel in die heiliging van Jehovah se naam (Matt. 6:​9, 10). Hulle moet Jehovah se naam as die belangrikste naam beskou. Dit behels dat hulle iets moet doen. Maar hoe kan ons ’n deel daaraan hê om Jehovah se naam te heilig, of om dit te reinig van die laster wat Satan daaroor gebring het?

10. Waarvan lees ons in hoofstuk 42 tot 44 van die boek Jesaja? (Jesaja 43:9; 44:​7-9) (Sien ook prent.)

10 Die belangrikheid van ons rol daarin om Jehovah se naam te heilig, word beklemtoon in hoofstuk 42 tot 44 van die boek Jesaja. In daardie hoofstukke vra Jehovah die mense wat hom nie aanbid nie, om te bewys dat hulle gode werklik bestaan. Soos in ’n hofsaak vra hy of daar enige getuies is wat dit kan bewys. Maar daar is niemand nie! – Lees Jesaja 43:9; 44:​7-9.

Collage: Engele vlieg bo die aarde terwyl broers en susters regoor die wêreld ’n aandeel daaraan het om Jehovah se naam te heilig. 1. ’n Paartjie doen trolliegetuieniswerk. 2. ’n Jong suster gee vir haar skoolmaat ’n jw.org-kontakkaartjie. 3. ’n Broer getuig vir ’n man terwyl hulle openbare vervoer gebruik. 4.’n Broer is geboei en word weggelei deur gemaskerde beamptes. 5. ’n Suster in ’n hospitaalbed sê vir ’n dokter wat haar standpunt oor bloed is.

Soos in ’n hofsaak is ons getuies vir Jehovah (Sien paragraaf 10-11)


11. Wat sê Jehovah vir sy volk in Jesaja 43:​10-12?

11 Lees Jesaja 43:​10-12. Jehovah sê die volgende oor sy volk: “Julle [is] my getuies, . . . en ek is God.” Jehovah vra hulle om hierdie vraag te beantwoord: “Is daar enige ander God as ek?” (Jes. 44:8). Ons het die voorreg om daardie vraag te beantwoord. Deur ons woorde en dade getuig ons dat Jehovah die enigste ware God is. Sy naam is belangriker as alle ander name. Ons bewys deur ons lewensweg dat ons Jehovah werklik liefhet en dat ons lojaal is aan hom – maak nie saak watter druk Satan op ons plaas nie. Op hierdie manier het ons ’n geleentheid om te help om Sy naam te heilig.

12. Hoe is die profesie in Jesaja 40:​3, 5 vervul?

12 Wanneer ons Jehovah se naam, of reputasie, ondersteun, volg ons Jesus Christus na. Jesaja het ook voorspel dat ’n voorloper “die weg van Jehovah gereed” sou maak (Jes. 40:3). Hoe is dit vervul? Johannes die Doper het die weg vir Jesus voorberei, wat in die naam van Jehovah gekom het en in die naam van Jehovah gepraat het (Matt. 3:3; Mark. 1:​2-4; Luk. 3:​3-6). Dieselfde profesie het gesê: “Die heerlikheid van Jehovah sal geopenbaar word” (Jes. 40:5). Hoe was dit die geval? Toe Jesus aarde toe gekom het, het hy Jehovah so volmaak verteenwoordig dat dit was asof Jehovah self aarde toe gekom het. – Joh. 12:45.

13. Hoe kan ons Jesus navolg?

13 Soos Jesus is ons getuies van Jehovah. Ons dra Jehovah se naam en vertel almal wat ons ontmoet van sy wonderlike dade. Maar om dit effektief te doen, moet ons ook Jesus se belangrike rol in die heiliging van Jehovah se naam bekend maak (Hand. 1:8). Jesus is die vernaamste Getuie van Jehovah, en ons volg sy voorbeeld (Op. 1:5). Maar wat moet Jehovah se naam vir ons elkeen beteken?

WAT JEHOVAH SE NAAM VIR ONS BETEKEN

14. Soos beskryf word in Psalm 105:​3, hoe voel ons oor Jehovah se naam?

14 Ons is trots op Jehovah se naam. (Lees Psalm 105:3.) Dit maak Jehovah baie bly wanneer ons oor sy naam spog (Jer. 9:​23, 24; 1 Kor. 1:31; 2 Kor. 10:17). Om “oor Jehovah [te] spog”, beteken om trots te wees op die feit dat Jehovah ons God is. Ons beskou dit as ’n voorreg om sy naam te eer en sy reputasie te ondersteun. Ons moet nooit skaam wees om vir ons werksmaats, klasmaats, bure en ander te vertel dat ons Jehovah se Getuies is nie! Die Duiwel wil hê dat ons moet ophou om met ander oor Jehovah se naam te praat (Jer. 11:21; Op. 12:17). Om die waarheid te sê, Satan en sy valse profete wil hê dat mense die naam van Jehovah moet vergeet (Jer. 23:​26, 27). Maar omdat ons Jehovah se naam liefhet, wil ons hom “die hele dag” lank loof. – Ps. 5:11; 89:16.

15. Wat beteken dit om Jehovah se naam aan te roep?

15 Ons hou aan om Jehovah se naam aan te roep. (Joël 2:32; Rom. 10:​13, 14). Om Jehovah se naam aan te roep, behels meer as om net God se persoonlike naam te ken en te gebruik. Ons leer God ken as ’n Persoon, om vertroue in hom te hê en om op hom staat te maak vir hulp en leiding (Ps. 20:7; 99:6; 116:4; 145:18). Ons verkondig ook sy naam en eienskappe aan ander en spoor hulle aan om berou te toon en op te tree sodat hulle Jehovah se goedkeuring kan verkry. – Jes. 12:4; Hand. 2:​21, 38.

16. Hoe kan ons bewys dat Satan ’n leuenaar is?

16 Ons is gewillig om te ly vir Jehovah se naam (Jak. 5:​10, 11). As ons lojaal bly aan Jehovah wanneer ons deur moeilike tye gaan, bewys ons dat Satan ’n leuenaar is. In Job se dag het Satan hierdie aantyging gemaak oor dié wat Jehovah dien: “’n Mens sal alles gee wat hy het in ruil vir sy lewe” (Job 2:4). Satan het geïmpliseer dat mense Jehovah sal dien net wanneer dit met hulle goed gaan en dat hulle Jehovah sal verlaat wanneer hulle deur moeilike tye gaan. Getroue Job het bewys dat daardie aantyging vals is. Net so het ons die voorreg om te bewys dat ons nooit ons rug op Jehovah sal draai nie, maak nie saak wat Satan op ons pad bring nie. Ons kan vas oortuig wees dat Jehovah oor ons sal waak ter wille van sy naam. – Joh. 17:11.

17. Op watter ander manier kan ons Jehovah se naam verheerlik volgens 1 Petrus 2:12?

17 Ons toon respek vir Jehovah se naam. (Spr. 30:9; Jer. 7:​8-11). Omdat ons Jehovah verteenwoordig en sy naam dra, kan ons of sy naam loof of oneer daarop bring. (Lees 1 Petrus 2:12.) Daarom wil ons alles doen wat ons kan om Jehovah te loof deur middel van ons spraak en gedrag. Op hierdie manier sal ons sy naam verheerlik tot die beste van ons onvolmaakte vermoë.

18. Wat is nog ’n manier hoe ons kan bewys dat Jehovah se naam vir ons belangrik is? (Sien ook voetnoot.)

18 Jehovah se naam is vir ons belangriker as ons eie reputasie (Ps. 138:2). Hoekom is dit so belangrik? Omdat ons liefde vir Jehovah se naam ’n slegte uitwerking kan hê op wat ander van ons dink.a Jesus was bereid om ’n skandelike dood as ’n veroordeelde misdadiger te sterf om Jehovah se naam te verheerlik. ‘Die skande het nie vir hom saak gemaak nie,’ in die sin dat hy nie te bekommerd was oor wat ander van hom gedink het nie (Heb. 12:​2-4). Hy het daarop gefokus om God se wil te doen. – Matt. 26:39.

19. Hoe voel jy oor Jehovah se naam, en hoekom?

19 Ons is trots op Jehovah se naam en voel geëerd om Jehovah se Getuies genoem te word. Omdat Jehovah se naam so belangrik vir ons is, sal ons aanhou om hom te loof selfs as ander op ons neerkyk. Jehovah se naam is vir ons selfs belangriker as ons eie reputasie. So laat ons vasbeslote wees om aan te hou om Jehovah se naam te loof, maak nie saak wat Satan dalk op ons pad bring nie. Op hierdie manier sal ons bewys dat Jehovah se naam vir ons die heel belangrikste is, net soos dit vir Jesus Christus is.

HOE SAL JY ANTWOORD?

  • Wat wys dat Jehovah se naam belangrik is vir Jesus se volgelinge?

  • Waarvan moet ons vandag getuies wees?

  • Hoe kan ons bewys dat Jehovah se naam vir ons belangrik is?

LIED 10 Loof Jehovah, ons God!

a Selfs die getroue man Job het te veel begin dink aan hoe mense hom beskou het toe die drie manne gesê het dat hy iets verkeerds moes gedoen het. Aan die begin, toe Job sy kinders en al sy besittings verloor het, “het hy nie gesondig of God van iets verkeerds beskuldig nie” (Job 1:22; 2:10). Maar toe Job daarvan beskuldig is dat hy iets verkeerds gedoen het, het hy dinge gesê wat “wilde praatjies” was. Die verdediging van sy eie reputasie was vir hom belangriker as die heiliging van God se naam, of reputasie. – Job 6:3; 13:​4, 5; 32:2; 34:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel